Hernubare energie
energie wat vanuit hernubare bronne opgewek word
Die term hernubare energie (ook hernieubare energie) (wat dikwels ook volhoubare, herwinbare of duursame energie genoem word) verwys na natuurlike en (byna) onuitputlike energiebronne soos son- en geotermiese krag, getye- en windkrag wat vir tegniese kragopwekking gebruik kan word en fossielbrandstowwe soos steen- en bruinkool, aardgas en ru-olie in toenemende mate begin vervang.

