Helmut Schmidt

Duitse politikus

Helmut Heinrich Waldemar Schmidt (* 23 Desember 1918 in Hamburg; † 10 November 2015 in Hamburg) was 'n Duitse staatsman en politikus van die Sosiaaldemokratiese Party van Duitsland (SPD) wat tussen 1974 en 1982 as regeringsleier van 'n sosiaaldemokraties-liberale koalisieregering en vyfde bondskanselier (eerste minister) van die Federale Republiek van Duitsland (Wes-Duitsland) gedien het.

Helmut Schmidt
Helmut Schmidt
Helmut Schmidt in 1977

Bondskanselier van Duitsland
Ampstermyn
16 Mei 1974 – 1 Oktober 1982
ViseHans-Dietrich Genscher
Egon Franke
PresidentGustav Heinemann
Walter Scheel
Karl Carstens
Voorafgegaan deurWilly Brandt
Opgevolg deurHelmut Kohl

Minister van Finansies
Ampstermyn
7 Julie 1972 – 16 Mei 1974
Eerste ministerWilly Brandt
Voorafgegaan deurKarl Schiller
Opgevolg deurHans Apel

Minister van Ekonomie
Ampstermyn
7 Julie 1972 – 15 Desember 1972
Eerste ministerWilly Brandt
Voorafgegaan deurKarl Schiller
Opgevolg deurHans Friderichs

Minister van Verdediging
Ampstermyn
22 Oktober 1969 – 7 Julie 1972
Eerste ministerWilly Brandt
Voorafgegaan deurGerhard Schröder
Opgevolg deurGeorg Leber

Persoonlike besonderhede
Gebore(1918-12-23)23 Desember 1918
Hamburg, Duitsland
Sterf10 November 2015 (op 96)
Hamburg, Duitsland
Politieke partySosiaal-Demokratiese Party
Eggenoot/-noteHannelore Loki Schmidt (1942–2010)
Kind(ers)2
Alma materUniversiteit van Hamburg
ReligieLutheranisme
Handtekening

Vanaf 1961 het Schmidt as senator van Hamburg se polisiediens gefungeer en in die volgende jaar, toe die hawestad deur 'n vernietigende stormvloed getref is, groot gewildheid as krisisbestuurder verwerf. Tussen 1967 en 1969 was hy voorsitter van die Sosiaaldemokratiese Party se lede in die federale parlement, die Bundestag, het vanaf 1969 tot 1972 as minister vir verdediging gedien en in 1972 gelyktydig ses maande lank ook die amp van federale minister vir ekonomie en finansies beklee. Vervolgens het hy die laasgenoemde amp tot en met 1974 beklee.

Vanaf 1983 tot en met sy afsterwe was hy mede-uitgewer van die gesiene weekblad Die Zeit.