Heksadesimale stelsel

Die heksadesimale stelsel is 'n posisionele nommeringstelsel wat 16 as basis (pleks van 10 soos in die meer bekende desimale stelsel) gebruik. Daar word 16 simbole ( 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 A B C D E F) gebruik om getalle te skryf. 1C in heksadesimaal is dan 1 x 16 + 12 = 28 in desimaal.

Voorbeelde van heksadesimale waardes met die ooreenstemmende binêre, oktale en desimale waardes:

HeksBinêrOktaalDesimaal
0000
1111
21022
31133
410044
510155
611066
711177
81000108
91001119
A10101210
B10111311
C11001412
D11011513
E11101614
F11111715
101 00002016
111 00012117
2410 01004436
5E101 111013694
1001 0000 0000400256
3E811 1110 100017501000
10001 0000 0000 0000100004096
FACE1111 1010 1100 111017532664206

Omskakeling van desimale getalle na heksadesimale getalle wysig

Om 'n desimale getal om te skakel na 'n heksadesimale getal, kan dit soos volg gedoen word:

Desimaal/16 (16=grondtal)Res
12345677160
77164824
482302
30114 = "E"
101
000

Die heksadesimale getal is die getal in die laaste kolom geskryf van onder na bo. Met ander woorde:

12345610 = 1E24016

Omskakeling van Excel kolomnommers na letters wysig

Kolomnommers in Excel word op soortgelyke wyse omgeskakel na die kolomletters. In hierdie geval word 'n grondtal van 26 gebruik en die volgende reeks karakters: "0ABCDE...XYZ"Wanneer die res 0 is stem dit ooreen met "0" in die reeks. In so 'n geval moet "Z" gebruik word en die deel antwoord moet een minder gemaak word. Hier volg 'n voorbeeld:

Desimaal/26 (26=grondtal)Res
26001000 = "Z"
100-1=99321 = "U"
303 = "C"
000

Dus, in Excel is kolom nommer 2600 dieselfde as kolom CUZ.

Kyk ook wysig