Heidelberg, Duitsland

Heidelberg is 'n stad in Baden-Württemberg, Duitsland. Teen 2010 was die inwonertal ongeveer 147 000 in die stad se 109 km².

Heidelberg

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Duitsland Duitsland
 Deelstaat Baden-Württemberg
 Koördinate49°25′N 8°43′O / 49.417°N 8.717°O / 49.417; 8.717
 Stigting1196 (eerste verwysing)
 Stadstatus1196
 Oppervlakte: 
 - Totaal108,83 vk km
 Hoogte bo seevlak114 m
 Bevolking: 
 - Totaal (31 Desember 2010)147 312[1]
 - Bevolkingsdigtheid1 354/vk km
 TydsoneUTC +1 (MET)
 - SomertydUTC +2
 BurgemeesterEckart Würzner
 Amptelike Webwerfwww.heidelberg.de Geargiveer 11 Januarie 2012 op Wayback Machine

Heidelberg is langs die Neckarrivier geleë waar dit in die Rynvallei invloei en by die Ryn aansluit in Mannheim.

Geografie wysig

Heidelberg is op die linkeroewer van die Neckarrivier geleë, begrens deur die berg Königstuhl (568 m) en Gaisberg (375 m). Aan die regteroewer is die Heiligenberg (445 m). Die Neckar sluit ongeveer 22 km wes aan by die Ryn.

Geskiedenis wysig

Heidelberg is reeds in 1196 die eerste keer beskryf, maar die omgewing was reeds wesenlik langer bewoon: In 1907 is 'n gedeelte van 'n skedel gevind, in Mauer in die omgewing van Heidelberg, van die sogenaamde Homo heidelbergensis wat ongeveer 500 000 jaar oud geskat word. Op die Heiligenberg, wat noord van die Neckar by die stadsdeel Neuenheim geleë is, is tekens van bewoners uit die vroeë steentydperk, die Kelte en die Romeine, gevind.

Sien ook wysig

Verwysings wysig

  1. "Bevölkerungsentwicklung in den Gemeinden Baden-Württembergs 2010" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 1 Mei 2013. Besoek op 26 April 2012.

Eksterne skakels wysig