Die hamsa of gamsa (Arabies: خمسة‎, khamsah, chamsah; Hebreeus: חַמְסָה; Berbers: ⵜⴰⴼⵓⵙⵜ, tafoest) is 'n amulet in die vorm van 'n handpalm. Dit is gewild deur die Midde-Ooste en Noord-Afrika, en word dikwels as juwele en muurversierings gebruik.[1][2]

'n Tunisiese hamsa wat van 'n motor se truspieëltjie hang.
'n Hamsa van metaal.

Die uitbeelding van die oop regterhand is 'n beeld wat telkemale deur die geskiedenis erken en gebruik is as 'n teken van beskerming. Daar word deur sommiges (hoofsaaklik Moslems, Jode en Katolieke) geglo die hamsa bied verdediging teen die bose oog. Daar is al vermoed die oorsprong van die hamsa lê in Antieke Egipte of Kartago (hedendaagse Tunisië) en dat dit moontlik met die godin Tanit verband gehou het.

Etimologie wysig

Hamsa is 'n Arabiese woord wat "vyf" beteken, asook "die vyf vingers van die hand".[3][4] Die hamsa is ook bekend as die Hand van Fatima (genoem na die dogter van die profeet Mohammed)[5] of die Hand van Maria.

Verwysings wysig

  1. Bernasek et al., 2008, p. 12.
  2. Sonbol, 2005, pp. 355–359.
  3. Zenner, 1988, p. 284.
  4. Drazin, 2009, p. 268.
  5. González-Wippler, Migene (1991). The Complete Book of Amulets & Talismans. St. Paul, MN: Llewellyn Publications. p. 173. ISBN 978-0-87542-287-9.

Bibliografie wysig

  • Bernasek, Lisa; Peabody Museum of Archaeology and Ethnology; Burger, Hillel S. (2008). Artistry of the everyday: beauty and craftsmanship in Berber art (Illustrated uitg.). Peabody Museum Press, Harvard University. ISBN 9780873654050.
  • Drazin, Israel (2009). Maimonides and the Biblical Prophets. Gefen Publishing House Ltd. ISBN 9789652294302.
  • Sonbol, Amira El Azhary (2005). Beyond the exotic: women's histories in Islamic societies. Syracuse University Press. ISBN 9780815630555.
  • Zenner, Walter P. (1988). Persistence and flexibility: anthropological perspectives on the American Jewish experience (Illustrated uitg.). SUNY Press. ISBN 9780887067488.

Skakels wysig