Hamer spyker

kinderspeletjie

Hamer spyker is 'n kinderspeletjie.

Reëls wysig

Twee groter kinders vat 'n kind tussen hulle vas, elkeen 'n been en 'n hand sodat dié tussen hulle hang.Hy word dan heen en weer geswaai terwyl hulle hierdie versie opsê:

Hammer, spykerHammer, spyker Slaan die spyker op sy kop!

Met die laaste woord word 'n kind wat gebukkend staan voor hierdie petalje op die boude getref sodat hy vorentoe skiet. Dus boud op boud.

Kleintyd het dit die spelers se waagmoed getoets, want jy weet nooit hoe hard daardie hou gaan wees nie.