Habakuk is die 35ste boek in die kanon van Hebreeuse Geskrifte wat as die Ou Testament in die Bybel opgeneem is. Hierdie boek is die agste van die sogenaamde twaalf Klein Profete. In die boek word die klagtes van profeet oor heersende onreg en oor God se skynbare belangeloosheid in die optrede van die vyand afgewissel deur God se antwoorde daarop: Wie nie reg gesind is nie, sal sy verdiende loon kry, maar wie reg doen, sal lewe omdat hy getrou bly. Die boek sluit af met 'n lofpsalm oor die grootheid van God.

Bron wysig

Eksterne skakels wysig