Groep van Sewe

Die Groep van Sewe (kort G7) is 'n informele forum van die Westerse wêreld se leidende nywerheidslande wat in 1975 in die lewe geroep is. Die G7 se staats- en regeringshoofde kom gereeld vir spitsberade byeen om ekonomiese en ander kwessies te bespreek. Die G7 bestaan tans uit Duitsland, Frankryk, Italië, Japan, Kanada, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State. Die Russiese Federasie, wat in 1998 tot die forum toegetree het wat vervolgens as Groep van Agt bekendgestaan het, is ná die anneksasie van die Krim-skiereiland op 25 Maart 2014 uitgesluit. Die forum het sodoende na sy oorspronklike formaat teruggekeer.[1][2]

Die lidlande van die Groep van Sewe (G7) en hulle verteenwoordigers tydens spitsberade.
Groep van Sewe
Groep van Sewe
Duitsland – Bondskanselier Olaf Scholz
Frankryk – President Emmanuel Macron
Italië – Eerste Minister Mario Draghi
Japan – Eerste Minister Fumio Kishida
Kanada – Eerste Minister Justin Trudeau
Verenigde Koninkryk – Eerste Minister Boris Johnson
Verenigde State – President Joe Biden
Staats- en regeringsleiers tydens die 43ste G7-spitsberaad in Taormina, Italië: Donald Tusk, Justin Trudeau, Angela Merkel, Donald Trump, Paolo Gentiloni, Emmanuel Macron, Shinzō Abe, Theresa May, Jean-Claude Juncker (van links na regs)

Die Europese Gemeenskap (sedert 1993 die Europese Unie) neem sedert 1977 aan die spitsberade deel en word deur die Europese Kommissie en die land, wat op dié tydstip die roterende presidentskap van die Europese Unie beklee, verteenwoordig.

Die forum het hom aanvanklik op die koördinasie van die lidlande se ekonomiese beleid toegespits, maar het later ook begin om internasionale vraagstukke soos die stryd teen armoede in die ontwikkelende lande, werkloosheid, die stryd teen misdaad en terrorisme en die proliferasie van massavernietigingswapens te behandel.

Die eerste internasionale ekonomiese spitsberaad van die (destyds ses) leidende nywerheidslande het in 1975 as G6-spitsberaad op inisiatief van die Franse regering in die kasteel van Rambouillet (Frankryk) plaasgevind.

Lys van die Groep van Sewe-spitsberade wysig

Gasheerplekke van G7-berade in Noord-Amerika
Gasheerplekke van G7-berade in Japan
NommerJaarPlekLand
11975RambouilletVlag van Frankryk Frankryk
21976San JuanVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
31977LondenVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
41978BonnVlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland
51979TokioVlag van Japan Japan
61980VenesiëVlag van Italië Italië
71981OttawaVlag van Kanada Kanada
81982VersaillesVlag van Frankryk Frankryk
91983WilliamsburgVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
101984LondenVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
111985BonnVlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland
121986TokioVlag van Japan Japan
131987VenesiëVlag van Italië Italië
141988TorontoVlag van Kanada Kanada
151989ParysVlag van Frankryk Frankryk
161990HoustonVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
171991LondenVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
181992MünchenVlag van Duitsland Duitsland
191993TokioVlag van Japan Japan
201994NapelsVlag van Italië Italië
211995HalifaxVlag van Kanada Kanada
221996LyonVlag van Frankryk Frankryk
231997DenverVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
241998BirminghamVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
251999KeulenVlag van Duitsland Duitsland
262000OkinawaVlag van Japan Japan
272001GenuaVlag van Italië Italië
282002KananaskisVlag van Kanada Kanada
292003Évian-les-BainsVlag van Frankryk Frankryk
302004Sea IslandVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
312005GleneaglesVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
322006Sint PetersburgVlag van Rusland Rusland
332007HeiligendammVlag van Duitsland Duitsland
342008TōyakoVlag van Japan Japan
352009L’AquilaVlag van Italië Italië
362010HuntsvilleVlag van Kanada Kanada
372011DeauvilleVlag van Frankryk Frankryk
382012Camp DavidVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
392013Lough Erne, FermanaghVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
402014BrusselVlag van België België
412015Krün, BeiereVlag van Duitsland Duitsland
422016Shima, Mie-prefektuurVlag van Japan Japan
432017Taormina, SisiliëVlag van Italië Italië
442018La Malbaie, QuebecVlag van Kanada Kanada
452019Biarritz, Nieu-AkwitaniëVlag van Frankryk Frankryk
462020gekanselleer (Covid-19-pandemie)Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
472021Carbis Bay, St Ives, CornwallVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
482022N.v.t.Vlag van Duitsland Duitsland
492023N.v.t.Vlag van Japan Japan
502024N.v.t.Vlag van Italië Italië

Leiers van die G7 wysig

Hoofonderwerpe wysig

Die G7-spitsberade word veral gekenmerk deur die geleidelike uitbreiding van hulle agenda's. Terwyl hulle in die 1970's nog deur ekonomiese vraagstukke oorheers is, het ook die internasionale politiek in die 1980's meer aandag gekry. In die negentigerjare het dit saam met kwelvrae soos die bestryding van terrorisme tot die hoofonderwerp van die spitsberade ontwikkel.

Verwysings wysig

  1. (en) "U.S., other powers kick Russia out of G8". CNN. 25 Maart 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2020. Besoek op 30 November 2018.
  2. (en) "Russia just quit the G8 for good". The Independent. 13 Januarie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 September 2019. Besoek op 30 November 2018.

Eksterne skakels wysig