Glenn Ford

Gwyllyn Samuel Newton "Glenn" Ford (1 Mei 1916 - 30 Augustus 2006) was ’n Kanadese akteur.

Glenn Ford
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Ford in 1955.

GeboortenaamGwyllyn Samuel Newton Ford
Geboorte(1916-05-01)1 Mei 1916
Sainte-Christine-d'Auvergne, Quebec, Kanada
Sterfte30 Augustus 2006 (op 90)
Beverly Hills, Kalifornië, V.S.A.
RolprenteGilda
Interrupted Melody
3:10 to Yuma
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Loopbaan wysig

Hy was die seun van ’n Kanadese spoorwegamptenaar. Toe hy agt jaar oud was, het sy gesin na Kalifornië verhuis.

Verhoog en rolprente wysig

Op 19 het hy sy debuut op die verhoog gemaak. Sy eerste rolprentrol was vir 20th Century Fox, maar daarna het hy ’n kontrak geteken met Columbia, waarvoor hy in 18 jaar in sowat 50 prente gespeel het. Sy eerste groot rol was in Heaven with a Barbed Wire Fence.

Sy mees noemenswaardige rol was in 1946, saam met Rita Hayworth in Gilda. Verskeie flieks met Ford in was hierna egter minder suksesvol. Sy beste rolle was in die flieks van die Oostenrykse regisseur Fritz Lang: The Big Heat en Human Wishes. Nog groot en duur prente, hoewel nie almal kommersiële suksesse nie, was Framed, Experiment in Terror en Four Horsemen of the Apocalypse.

Ford het nooit ’n Oscar gewen nie, en in die 1960's het sy ster stadigaan verdof. In 1978 het hy ’n byspelerrol gehad in Superman as Jonathan Kent, Clark se aangenome pa.

Van sy ander prente sluit in Texas (1941), The Desperadoes (1943), The Man from Colorado (1948), Lust for Gold (1949), The Redhead and the Cowboy (1951), The Man from the Alamo (1953), The Violent Men (1955), Jubal (1956), The Fastest Gun Alive (1956), 3:10 to Yuma (1957), Cowboy (1958), The Sheepman (1958), Cimarrón (1960), A Time for Killing (1967), The Last Challenge (1967), Day of the Evil Gun (1968) en Heaven with a Gun (1969).

Televisie wysig

In 1971 was Ford in die televisiereeks Sam Cade. Hy was ook te sien in verskeie prente wat vir TV gemaak is, soos The Brotherhood of the Bell (1970), The Greatest Gift (1974), The Disappearance of Flight 412 (1974), The 3,000 Mile Chase (1977) en The Sacketts (1979). Sy laaste rol was in die drama Final Verdict (1991).

Eksterne skakels wysig