Genderdisforie

Genderdisforie, voorheen genoem genderidentiteitsteuring, is die amptelike diagnose vir mense wat aansienlike disforie (’n diepe ontevredenheid) ervaar met hul geslag by geboorte en/of die rolle wat met dié geslag verbind word. Daar is getuienis dat sulke mense nie net so voel om psigologiese en gedragsredes nie, maar ook biologiese redes wat verband hou met hul genetika, die samestelling van hul brein of ’n voorgeboortelike blootstelling aan hormone.[1]

Gender-identiteitsteuring
Klassifikasie en eksterne bronne
ICD-10F64.9, F64.8
ICD-9302.85
MedlinePlus  001527
MeSHD005783
Mediese waarskuwing
wysig

Na raming kom genderdisforie voor onder van 0,05% van mense in Nederland en België[2] tot 0,5% in Massachusetts[3] en 1,2% in Nieu-Seeland.[4] Onder mense wat as volwassenes so begin voel, is die kans om manlik by geboorte te wees sowat drie keer groter as om vroulik te wees, maar onder mense wat in hul kindertyd so begin voel, is die verhouding omtrent 1:1.[5]

Genderdisforie word as ’n mediese toestand geklassifiseer in die ICD-10[6] en DSM-5.[7] Dit is ook bekend as gender-niekonformiteit. Baie transgender mense en navorsers is teen die klassifikasie omdat dit ’n siekte maak van genderverskille en die idee van net twee geslagte afdwing,[8] en dit kan daartoe lei dat ’n stigma kleef aan transgender individue.[7] Die amptelike klassifikasie van genderdisforie as ’n steuring in die DSM-5 kan help om van die kwessies op te los, omdat dit net ’n steuring maak van die diepe disforie wat ervaar word as gevolg van die genderidentiteitskwessies.[7]

Behandeling

wysig

Die huidige mediese benadering tot die behandeling van mense met genderdisforie is om hulle te ondersteun in die fisieke verandering van hul liggaam sodat dit beter pas by hul genderidentiteit,[9] wat die beeld skep dat hulle ’n mediese probleem het wat deur verskeie vorme van mediese ingryping gekorrigeer kan word.[9][10] Sulke behandelings is ook omstrede, want dit is gewoonlik onomkeerbaar.[9]

Geslagsdisforie is die nood wat 'n persoon ervaar as gevolg van 'n wanverhouding tussen hul geslagsidentiteit (hul persoonlike gevoel van hul eie geslag) en hul geslag wat by geboorte toegeken word. Die mens is 'n ingewikkelde en komplekse spesie; fisies, emosioneel en spriritueel. Hierdie artikel handel oor die volgende aspekte in die menslike liggaam: verskeie hormone wat 'n rol speel in die moontlike diagnose van geslagsdisforie; die plek in die liggaam waar die hormone vrygestel word; die uitwerking van die hormone wat in wanbalans is; hoe hierdie hormone wat in wanbalans is, verhoog/verlaag kan word; die begrip van geslagsdisforie(GD) en vereistes om daarmee gediagnoseer te word; die verbindtenis tussen wanbalans van hormone en GD; die komplikasies van ‘n verkeerde diagnose; die fisiese, emosionele en sosiale uitwerking van ‘n GD diagnose; die voordeel van vroeë identifikasie van hormone wat in wanbalans is op die samelewing.

Hormone wat 'n rol speel

wysig

Die hormone hier ter sprake is testosteroon, estrogeen en androgeen. Testosteroon is ‘n steroïedhormoon wat die ontwikkeling van sekondêre manlike geslagseienskappe stimuleer. Die hormoon word hoofsaaklik in die testis, eierstokke en byniere geproduseer. Estrogeen is ‘n groep steroïedhormone wat die ontwikkeling en instandhouding van vroulike eienskappe in die liggaam aanspoor. Die hormoon word hoofsaaklik in die eierstokke van vroue geproduseer, maar word wel ook in die byniere en vetselle geproduseer. Androgeen is ‘n manlike geslagshormoon, soortgelyk aan testosteroon. Hierdie hormoon word hoofsaaklik deur die testis in die man en die eierstokke in die vrou geproduseer, alhoewel die byniere ook die hormoon vrystel.

Hipotalamus: area waar hormoonvrystelling beheer en stimuleer word.

Plek van hormoonvrystelling

wysig

Hormone is chemiese boodskappers wat verskillende funksies in die liggaam beheer en koördineer. Verskeie kliere, organe en weefsel produseer en stel hormone vry. Tydens hormoonwerking kan ‘n klein hoeveelheid hormone ‘n groot funksie verrig. As gevolg hiervan, kan ‘n klein verandering in hormoonvlakke ‘n groot uitwerking op die liggaam hê en kan lei tot kondisies wat mediese sorg vereis. Die hormoon testosteroon, hoofsaaklik geïdentifiseer as die manlike geslagshormoon, word deur die Leydig-selle in die testis in mans geproduseer en in die eierstokke in vrouens. Tydens puberteit sal die hipotalamus (die area van die brein wat hormoonvrystelling beheer en stimuleer) die hormoon se produsering en vrystelling reguleer en beheer. Voor puberteit is testosteroonvlakke laer, wat ‘n aanduiding is van die lae vrystelling/afskeiding van die gonadotropien-vrystellende hormoon (GnRH) en gonadotropiene. Hierdie hormoon veroorsaak dat die pituïtêre klier in die brein die hormone produseer en vrystel. Die hormoon wat deur die pituïtêre klier vrygestel word staan bekend as die luteïniserende hormoon (LH) en die follikelstimulerende hormoon (FSH). Hierdie hormone veroorsaak dat testosteroon in mans geproduseer word en estrogeen en progesteroon in vroue geproduseer word. Veranderinge in neuronale insette aan die hipotalamus en breinaktiwiteit gedurende puberteit veroorsaak ‘n drastiese verhoging in GnRH vrystelling. Soos later bespreek, stel testosteroon die manlike eienskappe in werking en bevorder die sekondêre sekseienskappe van mans. Die hormoon estrogeen [11], hoofsaaklik geïdentifiseer as die vroulike geslagshormoon, word hoofsaaklik deur die granulosa selle in die eierstokke, bynier en liggaamsvet geproduseer en vrygestel. Sodra estrogeen vrygestel is, beweeg dit deur die liggaam en bind aan ‘n proteien, naamlik estrogeenreseptors, wat die prosesse aan die gang sit. Nes met testosteroon, word estrogeenvrystelling deur GnRH gestimuleer en beheer. Die hormoon androgeen [12], hoofsaaklik geïdentifiseer as ‘n manlike geslagshormoon, word grootliks in die testis produseer en tot ‘n mindere mate in die byniere. Androgeen word deur Leydig-selle vrygestel. Die vrystelling van androgeen word deur die hipotalamus-pituitere-gonadale-bynier asse gestimuleer en reguleer. Die hipotalamus speel ‘n groot rol in die beheer van basiese funksies soos bloeddruk, immuunrespons en liggaamstemperatuur. Soos later bespreek, het ‘n wanbalans van androgeen uiterse effekte op die liggaam en die werking daarvan.

Effek van hormoonwanbalans op fisiese voorkoms

wysig

Testosteroon

wysig

Testosteroon [13], wat grootliks ‘n rol in die manlike liggaam speel, kan effekte op die vroulike liggaam hé as die vlakke daarvan in wanbalans is. Die volgende is veranderinge wat in die vroulike liggaam kan verksyn indien die testosteroonvlakke te hoog is: verhoogde spiermassa, verdieping van stem en vergroting van larinks, ‘n toename in gesigshare, ’n afname in borsgrootte (werk in teenstelling met estrogeen), vergrootte geslagsorgane (klitoris raak meer sigbaar en opvallend). Soos later bespreek, speel fisiese voorkoms ‘n groot rol op die selfbeeld en ervaring/gevoel van GD.

Estrogeen

wysig

Estrogeen, wat grootliks ‘n rol in die vroulike liggaam speel, kan effekte op die manlike liggaam hé as die vlakke daarvan in wanbalans is. Die volgende is veranderinge wat in die manlike liggaam kan verskyn indien die estrogeenvlakke te hoog is: ‘n toename in borsgrootte (werk in teenstelling met testosteroon),erektiel disfunksie, ‘n toename in liggaamsmassa, osteoporose, ‘n afname in spiermassa. Die volgende is veranderinge wat in die vroulike liggaam kan verskyn indien die estrogeenvlakke te laag is: vaginale droogheid, ongereelde menstruasiesiklusse, pynlike omgang, gereelde vaginale/blaas infeksies.

Androgeen

wysig

Androgeen, wat grootliks ‘n rol in die manlike liggaam speel, kan effekte op die vroulike liggaam hê as die vlakke daarvan in wanbalans is. Die volgende is veranderinge wat in die vroulike liggaam kan verskyn indien die androgeenvlakke te hoog is: verdieping van stem; ‘n afname van borsgrootte; toename van gesigs-, abdominale- en geslagshare (hirsutisme); tekort/ontbreek aan menstruelesiklus; insulienweerstandigheid.

Bynier: klier wat bo-op die nier voorkom waarin androgeen produseer word.

Androgeen-onsensiwiteitsindroom

wysig

Androgeen is ‘n manlike geslagshormoon wat hoofsaaklik deur die testis en bynier geproduseer en vrygestel word. Androgeen-onsensitiwiteitsindroom [14] is ‘n kondisie wat die onvermoë om aan androgene te reageer, insluit; hoofsaaklik te danke aan androgeenreseptorsdisfunksie. Individue wat androgeen-onsensitiwiteitsindroom(AIS) het, is dikwels mans wat nie eskterne manlike geslagsdele ontwikkel nie, omdat hul liggame nie op die manlike geslagshormone (androgeen) kan reageer nie. AIS kan tydens puberteit probleme veroorsaak, asook met onvrugbaarheid. AIS verskyn wanneer ‘n individu wat geneties manlik is, maar terselfdetyd onsensitief vir androgeen is. Dit beteken dat die individu manlike geslagschromosome het (een X chromosoon en een Y chromosoon), maar moontlik vroulike geslagsorgane besit. AIS beinvloed manlike fetusse wat in die baarmoeder ontwikkel, sowel as die seksuele ontwikkeling tydens puberteit. Daar is drie verskillende tipes/vlakke van androgeen-onsensitiwiteitsindroom, naamlik: volledige androgeen-onsensitiwiteitsindroom(CAIS), gedeeltelike androgeen-onsensitiwiteitsindroom (PAIS), ligte androgeen-onsensitiwiteitsindroom (MAIS).

Androgeen-onsensitiwiteitsindroom: verskillende fisiese veranderinge wat deur androgeen-reseptors beïnvloed word.

Volledige androgeen-onsensitiwiteitsindroom (CAIS)

wysig

CAIS is die verskynsel waar ‘n individu se eksterne geslagsorgane as vroulik voorkom, maar die individu het geen vroulike geslagsorgane (eiestokke, fallopiusbuise of baarmoeder) nie. Individue met CAIS word dikwels as dogters grootgemaak.

Gedeeltelike androgeen-onsensitiwiteitsindroom (PAIS)

wysig

PAIS is die verskynsel waar ‘n individu se eksterne geslagsorgane gedeeltelik (nie ten volle) as manlik of vroulik ontwikkel, maar is nie noodwendig duidelik die een of die ander nie. Individue met PAIS word dikwels as seuns grootgemaak, maar nie altyd nie.

Ligte androgeen-onsensitiwiteitsindroom (MAIS)

wysig

MAIS is die verskynsel waar ‘n individu se geslagsorgane as manlik voorkom, maar die individu is gewoonlik onvrugbaar. Die individue wat kwesbaar is vir AIS is mans wat ‘n abnormale geen, naamlik die androgeenreseptor geen, van hul ma’s erf en het ‘n ¼ kans om AIS te ontwikkel.

Vrouens kan ook die geen erf, maar dit sal nie tot AIS ontwikkel nie. Die mees algemene simptoom van AIS reg oor alle tipes/vlakke is onvrugbaarheid. Ander simptome van CAIS sluit in: 'n abnormale lang vrou tydens puberteit; die onvermoë om ‘n menstruasiesiklus te hê; min of geen geslags- en onderarmhare tydens puberteit; nou of vlak vagina; onaangeraakte testikels (testikels wat steeds in die abdominale holte voorkom). Ander simptome van PAIS sluit in: bifid skrotum (skrotum wat in twee gedeel is); vergrote klitoris; vergrote borsweefsel in mans; die opening van die uretra kom aan die onderkant van die penis voor in plaas van die voorkant; labiahegging (die vel rondom die vagina sluit); abnormale klein penis. Ander simptome van MAIS sluit in: vergrote borsweefsel in mans; abnormale klein penis; skaarsheid van liggaamshare. Die diagnosering van AIS word deur ‘n mediese kenner gemaak. PAIS kan dikwels by geboorte raakgesien en gediagnoseer word, maar CAIS of MAIS word dikwels eers tydens puberteit opgemerk en gediagnoseer.

Hoe om hormone te normaliseer/balanseer

wysig
Mondelingse voorbehoedmiddels verlaag die testosteroonvlakke in die liggaam.

Balansering van testosteroon

wysig

Testosteroon, die manlike geslagshormoon, kan in die vroulike  liggaam verlaag word deur die volgende oplossings te oorweeg [15]: neem mondelingse voorbehoedmiddels om testosteroonvlakke te verlaag (die voorbehoedmiddel bevat dikwels estrogeen wat in teenstelling werk met testosteroon); gewigsverlies, tesame met gereelde oefening, kan testosteroonvlakke verlaag. Anti-androgene kan ook gebruik word om testosteroonvlakke te verlaag indien mondelingse voorbehoedmiddels nie effektief werk nie. Die toename van soja-inname verlaag testosteroonvlakke. Soja bevat ‘n chemikalieë, naamlik fito-oestrogeen, wat die werking van die vroulike hormone naboots en die testosteroonvlakke na normaal laat terugkeer indien dit verhoog was. Indien testosteroonvlakke te laag is in die manlike liggaam, kan die volgende oplossings gevolg word om dit te verhoog[16]: vermy die ontwikkeling van diabetes, kry genoegsame oefening in, vermy tabak- en alkoholprodukte, vermy onnodige stres, neem meer soja en vesel in.

Soja produkte boots vroulike hormone na en verhoog estrogeenvlakke.

Balansering van estrogeen

wysig

Estrogeen, die vroulike geslagshormoon, kan in die manlike liggaam verlaag word deur die volgende oplossings te oorweeg [17]: verlaagde inname van sojaprodukte sal die inname van fito-oestrogeen, wat die vroulike hormoon naboots, verlaag en die werking daarvan beperk. Hoë estrogeen kan ‘n effek/gevolg van hoë stresvlakke wees. Die hormoon kortisol word tydens stresvolle situasies vrygestel. In die manlike liggaam onderdruk kortisol die testosteroonvlakke. Soos die testosteroonvlakke verlaag sal die estrogeenvlakke weer verhoog. Die handhawing en bestuur van stres kan estrogeenvlakke verlaag.

Balansering van androgeen

wysig

Androgeen, die manlike geslagshormoon, kan in die vroulike liggaam verlaag word deur die volgende oplossings te oorweeg: deeglike monitoring kan die verhoogde androgeenvlakke opspoor en verdere prosedures kan gevolg word; gewigsverlies, soortgelyk aan dié van verhoogde testosteroonvlakke, kan die hormoonvlakke stabiliseer. Medikasie, soos hormonale voorbehoedmiddels, kan androgeenvlakke verlaag in die vroulike liggaam. Anti-androgene kan ook deur ‘n mediese dokter voorgeskryf word om die androgeenvlakke te verlaag. Anti-androgene verhoed dat androgene bind aan die androgeenreseptorproteïen. Alhoewel androgene hoofsaaklik ‘n manlike geslagshormoon is, kan die verlaagde vlakke daarvan in die manlike liggaam ook komplikasies behels. Verlaagde androgeenvlakke kan deur die volgende oplossings verhoog word: vermy alkoholmisbruik. Die misbruik van alkohol kan die testosteroon- en androgeenvlakke verlaag. Deur alkohol te vermy, sal die androgeenvlakke nie onnodig daal nie. Testosteroonvervangingterapie, ‘n inspuiting wat die testosteroonvlakke normaliseer, kan gebruik word. Vermy die gebruik van tabakprodukte, want dit verlaag testosteroon- en androgeenvlakke.

Die begrip van Geslagsdisforie (GD)

wysig

Geslagsdisforie [18], ook voorheen bekend as geslagsidentiteitversteuring [19], is die nood (distress) wat ‘n persoon ervaar as gevolg van ‘n wanverhouding tussen hul geslagsidentiteit (hul persoonlike gevoel van hul eie geslag) en hul geslag wat by geboorte toegeken word. Geslagsdisforie hou soms ‘n verband met transgeslag of “transgender”, ‘n term wat verduidelik kan word as die ‘toegekende geslag by geboorte wat nie ooreenstem met die geslagsidentiteit, persoonlike psigologiese ervaring van geslag, nie’. Geslagsdisforie word gereeld al tydens kinderjare ervaar, maar sommige individue mag dit eers tydens of na puberteit begin ervaar.

Vereistes om met geslagsdisforie gediagnoseer te word

wysig

Daar is twee afdelings waar tussen onderskei word om met geslagsdisforie gediagnoseer word: afdeling vir kinders en afdeling vir volwassenes. Die “Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders, Fifth Edition, Text Revision (DSM-5-TR)” word gebruik om die simptomes volledig uiteen te sit.

Diagnosering van geslagsdisforie in kinders
wysig

Die DSM-5-TR definieer geslagsdisforie in kinders as ‘n merkbare inkongruensie tussen ‘n mens se ervare/uitgedrukte geslag en toegekende geslag, wat ten minste 6 maande duur, soos gemanifesteer deur ten minste 6 van die volgende:

  1. ‘n Sterk begeerte om as die teenoorgestelde geslag geïdentifiseer te word, of die aandringing dat ‘n persoon wel as die teenoorgestelde geslag identifiseer.
  2. In seuns (toegekende geslag), ‘n sterk begeerte/keuse om vroulike kleredrag te dra en geweldige weerstand teenoor manlike kleredrag; of in dogters (toegekende geslag), ‘n sterk begeerte/keuse om slegs manlike klere te dra en geweldige weerstand teenoor vroulike kleredrag.
  3. ‘n Sterk begeerte om teenoorgestelde geslagte in rolspel of fantasiewêrelde te verteenwoordig en vertolk.
  4. ‘n Sterk begeerde vir speelgoed, speletjies en aktiwiteite wat stereotipies vir die teenoorgestelde geslag bedoel is.
  5. ‘n Sterk begeerte om slegs met  maats van die teenoorgestelde geslag te meng.
  6. In seuns (toegekende geslag), ‘n sterk afkeur/verwerping van tipiese manlike speelgoed, speletjies en aktiwiteite en ‘n sterk vermyding van rof- en fisiesespel; in dogters (toegekende geslag), ‘n sterk afkeur/verwerping van tipiese vroulike speelgoed, speletjies en aktiwiteite.
  7. ‘n Sterk afkeur van die toegekende seksuele anatomie.
  8. ‘n Sterk begeerte/behoefte vir die fisiese sekseienskappe wat met die ervare geslag (dikwels die teenoorgestelde geslag) ooreenstem.
Diagnosering van geslagsdisforie in volwassenes
wysig

Die DSM-5-TR definieer geslagsdisforie in volwassenes en adolessente as ‘n merkbare inkongruensie tussen ‘n mens se ervare/uitgedrukte geslag en toegekende geslag, wat ten minste 6 maande duur, soos gemanifesteer deur ten minste 6 van die volgende:

  1. ‘n Merkbare inkongruensie tussen ‘n persoon se ervare/uitgedrukte geslag en primêre/sekondêre sekseienskappe (of in jong adolosente, die verwagte/geantisipeerde sekondêre sekseienskappe).
  2. ‘n Sterk begeerte om ontslae te wees van ‘n mens se primêre/sekondêre sekseienskappe, as gevolg van ‘n merkbare inkongruensie tussen die ervare/uitgedrukte geslag (of in jong adolossente, ‘n begeerte om die ontwikkeling van verwagte/geantisipeerde sekondêre sekseienskappe, te voorkom)
  3. ‘n Sterk begeerte om die primêre/sekondêre sekseienskappe van die teenoorgestelde geslag te besit.
  4. ‘n Sterk begeerte om as die teenoorgestelde geslag geïdentifiseer te word (of ‘n alternatiewe geslag wat verskil van ‘n mens se toegekende geslag).
  5. ‘n Sterk begeerte om as die teenoorgestelde geslag behandel te word (of ‘n alternatiewe geslag  wat verskil van ‘n mens se toegekende geslag).
  6. ‘n Sterk oortuiging dat ‘n mens die tipiese gevoelens en reaksies/uitdrukkings as die teenoorgestelde geslag besit (of ‘n alternatiewe geslag wat verskil van ‘n mens se toegekende geslag).

Om aan die kriteria van die diagnose te voldoen, moet die toestand ook met klinies beduidende nood of waardedaling in sosiale, beroeps- of ander belangrike areas van funksionering geassosieer word.

Die verbintenis tussen hormone wat in wanbalans is en GD

wysig

Daar is verskeie aspekte wat ‘n rol kan speel in die ervaring van geslagsdisforie. Geleerdes is van mening dat aspekte soos hormone in die baarmoeder, gene, kulturele- en gemeenskapfaktore ‘n rol kan speel in die ervaring van geslagsdisforie. Die wanbalans van hormone veroorsaak verskeie fisiese veranderinge, wat die selfbeeld en siening van ‘n individu kan beïnvloed en uiteindelik kan lei tot geslagsdisforie. Fisiese verandering wat deur hormone in wanbalans veroorsaak word, is: verhoogde spiermassa, verdieping van stem, toename in liggaamshare, afname in borsgrootte (veral in biologiese vroue), vergrootte geslagsorgane (veral in biologiese vroue), toename in borsgroote (veral in biologiese mans), erektiel disfunkie, toename in liggaamsmassa, osteoporose, afname in spiermassa (veral in biologiese mans), ongereelde menstruasiesiklusse. Al die bogenoemde is fisese veranderinge, maar die fisiese en emosionele welstand werk baie na aan mekaar. Die vereiste om met GD gediagnoseer te word, is in die bogenoemde punte genoem, maar verskeie van daardie voorwaardes kan direk aan die fisiese veranderinge as gevolg van hormone in wanbalans, gekoppel word. Voorbeelde volg: ‘n sterk behoefte om as die teenoorgestelde geslag geïndentifiseer te word, of aan te dring dat ‘n persoon wel as die teenoorgestelde geslag identifiseer (fisiese veranderinge soos vergrootte borste, ‘n dieper stem, toename in borsgrootte en toename in liggaamshare kan die selfbeeld geweldig beïnvloed en assosiasie met die teenoorgestelde geslag tot gevolg hé); ‘n sterk behoefte vir die fisiese sekseienskappe wat met die teenoorgestelde geslag ooreenstem. Dit kan voorkom in ‘n biologiese man wat vroulike kenmerke ervaar, of anders om, wat vervolgens kan lei tot die direkte assosiasie en begeerte van die eienskappe van die teenoorgestelde geslag; ’n sterk begeerte om ontslae te wees van ‘n mens se primêre/sekondêre sekseienskappe, as govolg van ‘n merkbare inkongruensie tussen die ervare/uitgedrukte geslag (die teenoorgestelde geslag se sekseienskappe verskyn as gevolg van ‘n wanbalans in hormone, en veroorsaak dus ‘n wroeging tussen die biologiese geslag en die eienskappe van die teenoorgestelde geslag wat ervaar word); ‘n sterk begeerte om die primêre/sekondêre sekseienskappe van die teenoorgestelde geslag te besit (indien eienskappe soos vergrootte borste, vergrootte geslagsorgane en toename in liggaamsmassa voorkom, kan die individu ‘n verwarring van geslagte ervaar en smag na meer van die eienskappe van die teenoorgestelde geslag). Hierdie veranderinge in verskeie kenmerke wat ‘n biologiese vrou uniek maak asook wat ‘n biologiese man uniek maak, kan selfbeeld en selfvertroue geweldig affekteer. ‘n Individu wat kwesbaar en onseker van hulself is, is dikwels meer geneig om te sukkel met die indentiteit van hulself. Individue met so denkwyse ervaar dikwels psigologiese uitdagings, wat kan bydra tot die algemene afkeur van hul biologiese geslag (toegeken by geboorte). Deur ‘n vroeë genoeg diagnose en behandeling van hormone in wanbalans te identifiseer, kan die fisiese, emosionele en sosiale verandering van GD moontlik voorkom word.

Komplikasies met 'n verkeerde diagnose

wysig

Nes enige verkeerde diagnose, sal die verkeerde behandeling toegedien word en die skade wat voorkom wou word, gaan inderwaarheid erger word as wat dit oorspronklik was. Nie net sal ‘n verkeerde diagnose fisiese nadele vir ‘n pasiënt hé nie, maar ook emosionele ervaringe, finansiële druk en die uitstel van die korrekte behandeling. Enige diagnose rakende geestesgesondheid en emosionele welstand is ‘n delikate proses. Geslagsdisforie, voorheen bekens as geslagsidentiteitsversteuring, is ‘n relatiewe nuwe konsep in die mediese wêreld, in vergelyking met ander geestestoestande soos angs en depressie. Dit is van uiterse belang om basiese kennis van die begrip te hé en goed ingelig te wees in terme van hoe om ‘n ondersoek te lei. Daar is verskeie aspekte wat in gedagte gehou moet word voor n individu met GD gediagnoseer kan word, byvoorbeeld: sosiale werk, onderrig, berading en terapie, hormoonbehandeling. Die verkeerdelike diagnose van GD kan lei tot diskrimenasie, depressie en in uiterste gevalle, selfmoord. GD word dikwels met die verandering van geslag (transgender) geassosieer, maar dit is belangrik om te weet dat almal wat geslagsdisforie ervaar, nie noodwendig as transgeslag identifiseer nie. Individue wat GD ervaar, ontvang dikwels behandeling wat verband hou met die oorgangsproses van transgeslag, wat dikwels finansiële kwessies insluit. Die verkeerdelike diagnosering van GD kan ‘n geweldige krises in die individu se identiteit van hulself veroorsaak. Indien ‘n individu met GD gediagnoseer word, word hulle met ‘n geestesversteuring gediagnoseer en daar sal baie onsekerheid en vrees volg. Indien die persoon dan verkeerdelik gediagnoseer word, sal hul emosionele skade verkry wat vermy kon word en die kwaliteit van hul leefstyl sal vir ‘n lang tyd beïnvloed word.

Die fisiese, emosionele en sosiale uitwerking van 'n GD-diagnose

wysig

Indien ‘n individu met GD gediagnoseer word, hetsy dit korrek of verkeerd is, sal hul waarskynlik die stap neem om ‘n verandering van geslag te ondergaan. Hierdie proses word die oorgangsproses [20] genoem. Individue wat met hierdie proses voortgaan sal fisiese, emosionele en sosiale veranderinge ondergaan. Die fisiese verandering spesifiek, verskil en word gespesifiseer grootliks van persoon tot persoon, maar meeste individue verander en verbeter die eienskappe wat hul alreeds toon van die teenoorgestelde geslag. Fisiese veranderinge kan gemaak word deur die volgende: vroulike hormoonterapie wat borsweefsel vergoot, spiermassa verlaag, liggaams- en gesigshare verminder, gladder en sagter vel tot gevolg het. Manlike hormoonterapie wat manlike eienskappe beklemtoon en verbeter soos gesigshare, verhoging in spiermassa en ‘n laer, dieper stem tot gevolg het. Geslagsbevestigingchirurgie, wat borsinplantings insluit, die verbetering of vermindering van fisiese eienskappe wat met die biologiese geslag geassosieer word, insluit asook die verandering van biologiese geslagsorgane. Puberteitblokkeerders kan gebruik word om die ontwikkeling van sekondêre sekseienskappe tydens puberteit te voorkom. Hierdie medikasie word hoofsaaklik in kinders gebruik voordat hulle die puberteit stadium bereik. Stemterapie kan gebruik word om spraak- en kommunikasievaardighede te ontwikkel en verbeter, wat die gekose geslag beter uitdruk. Laser haarverwydering word gebruik om van ‘n oormaat gesigs- of liggaamshare ontslae te raak, en hierdie prosedure word dikwels deur biologiese mans wat as vrouens wil identifiseer, gedoen. Emosionele verandering wat volg na die oorgangsproses: baie mense sal vrees, depressie, hartseer, self-isolering, angs, opgewondenheid en selftwyfel ervaar gedurende en na die oorgangsproses. Lae selfbeeld, die neem van onnodige risiko’s en afskeep van sorg kan volg tydens en na die oorgangsproses. Die verandering van geslag kan ook beteken dat emosies meer/minder intens ervaar word, afhangend van persoon tot persoon. ‘n Persoon wat emosies meer intens as voorheen ervaar sal waarskynlik meer gereeld huil en meer empatie vir die mense om hul hé. Die sosiale verandering wat volg na die oorgangsproses: die wettige naam, voornaamwoorde (hoe die persoon verkies om aangespreek te word, dit wil sê: hy/hom of sy/haar), voorkoms, kleredrag en uitdrukking van emosies en gevoel sal verander namate die verandering van ‘n persoon se geslag. Individue wat van geslag verander sal dikwels aan boelie onderwerp word. Hulle word dikwels uitgesluit, hulle behoort dikwels aan die minderheidsgroepe en is aan die risiko van geweld, moord, verkragtig en mishandeling onderwerp. Individue wat as transgeslag identifiseer word dikwels gesien as mense met geestesversteurings en word deur die regs- en gesondheidstelsel mishandel en afgeskeep [21]. Sulke individue word dikwels teen hul wil gedwing om vir psigiatriese ondersoeke te gaan, om ongewenste operasies te ondergaan en om gesteriliseer te word. Die persoon sal blootgestel word aan diskriminasie, haatspraak, terugslag, veroordeling en geweld wat eindelik kan lei tot angsversteurings, depressie en ander geestesversteurings. Hierdie gevolge word nie deur die verandering van geslag beinvloed nie, maar is eerder die uitwerking van hoe die samelewing so ‘n individu hanteer. Dit is dus van kardinale belang dat ‘n individu met fyn detail en sorg gediagnoseer word, om moontlik die bogenoemde skade te vermy.

Behandeling van geslagsdisforie

wysig

Indien ‘n individu na deeglike ondersoek deur toetse en studies gegaan het, en korrek met geslagsdisforie diagnoseer word, moet daar vir die individu ‘n weg vorentoe wees. Baie, maar nie alle, individue wat met GD gediagnoseer word, identifiseer hulself ook as transgeslag. Hierdie individue sal moontlik met die oorgangsproses begin om van die biologiese geslag na die teenoorgestelde geslag (of die geslag waarmee hulle hulself identifiseer) te verander. Daar is wel behandeling en oplossings vir die individue wat nie as transgeslag identifiseer nie of die gevoel van geslagsdisforie wil verminder. Individue, dikwels jong kinders en adolossente, word aangemoedig om hul geslagsidentiteit te aanvaar deur van die oorgangsproses gebruik te maak, maar daardie individue (onder andere kinders), word nie genoegsaam ingelig oor die fisiese, emosionele en sosiale veranderinge wat hul sal ondergaan indien hulle hierdie lewensveranderende keuse maak nie [22]. Jong kinders word onvanpastelik toegelaat om onomkeerbare lewensveranderende besluite te neem, in gevalle waar ouers soms nie toestemming gee of betrokke genoeg is nie. Hierdie ondeurdagtige en haastige besluite kan lei tot verskwate beensterkte en breinvolwassenheid, asook die verlies aan vrugbaarheid en die vermoë om in seksuele verhoudings betrokke te raak. Dit is uiters gevaarlik en vernietigend om kinders, wie se brein, intellegensie en volwassenheid steeds ontwikkel, toe te laat om sulke lewensveranderende keuses op so jong ouderdom te laat maak. Die tekort aan wetenskapike navorsing is ‘n kwessie wat dit moeilik maak om verseker n bewysbaseerde besluit te maak. Alhoewel geslagsbevestigingsorg ‘n werklike kwessie is, en die individue wat daaraan behoort en deelneem steeds waardig is, moet daar onderskeid getref word tussen propaganda en die positiewe promosie en blootstelling daarvan. Kinders wat glo dat hul aan geslagsidentiteitsversteuring lei, moet met sorg behandel word om nie uitgebyt te word en onderwerp te word aan ideologieë nie.

Individue (hoofsaaklik kinders) wat wel geslagsdisforie ondervind, kan na: ‘n kliniese sielkundige, ‘n kindersielkundige, ‘n kinder en adolossente psigiater, ‘n gesinsterapeut of ‘n maatskaplike werker gaan. Na ‘n deeglike ondersoek kan die individu gaan vir: gesinsterapie, individuele kinderberading, ouer-ondersteuningsterapie, groepwerk vir jong mense en hul ouers, gereelde ondersoeke om die ontwikkeling van geslagsidentiteit te monitor, verwysing na ‘n geestesgesondheidkliniek vir ander ernstige emosionele kwessies.  

Individue (hoofsaaklik volwassenes) wat wel geslagsdisforie ondervind, kan die volgende oorweeg: sielkundige ondersteuning (berading), kruisgeslagshormoonterapie, spraak- en taalterapie.

Voordeel van vroeë identifikasie van hormone in wanbalans op die samlewing

wysig

Soos reeds genoem, behels GD en die opeenvolgende stappe daarvan baie fisiese, emosionele en sosiale verandering [23]. Nie net verander ‘n individu se fisiese voorkoms nie, maar ook die manier waarop hulle emosies ervaar, asook die behandeling wat hulle van hul familie, vriende en die samelewing sal ervaar. Hierdie stremming op die emosionele welstand kan kwessies soos angs, eetversteurings en depressie kommerwekende realiteite maak. Indien die wanbalans van hormone op ‘n vroeë ouderdom geïntifiseer word (terwyl die individu steeds ‘n kind is) kan daar stappe geneem word om die gevoel van geslagsdisforie te verbeter/verminder/verwyder. Die hormone kan balanseer word deur van hormoonaanvullings gebruik te maak, indien die sekere hormoon te laag is. Die hormone kan ook verlaag word deur medikasie te gebruik wat die hormoonwerking verminder/stop van die hormone wat in oormaat voorkom, soos wat anti-androgene die werking van androgene belemmer en beheer. Deur deeglike monitoring, kan hormone fyn dopgehou word en die wanbalans daarvan sal vroeg genoeg geïdentifiseer en reggestel kan word. Die verwoestende uitwerking van die behandeling wat die individu ervaar vanaf die samelewing sal so verhoed kan word. Dit sal ook voorkom dat die individu/individu se ouers ‘n enorme hoeveelheid geld aan die oorgangsproses sal bestee en sal die individu se gemoedstoestand help deur die moontlikheid van angs, depressie en eetversteurings te verminder. Hierdie waaksaamheid sal vervolgens talle tienerselfmoorde kan voorkom.

Slot

wysig

Geslagsdisforie is ‘n ernstige ervaring wat baie kinders en volwassenes daagliks ondergaan. Geslagsdisforie kan gedefinieer word as ‘n merkbare inkongruensie tussen ‘n individu se ervare of uitgedrukte geslag en die geslag waarmee hul gebore is. Alhoewel daar vereistes is om met GD gediagnoseer te word, is mediese kenners nie presies seker wat GD veroorsaak nie. Die hormone wat in wanbalans verkeer, kan tot fisiese veranderinge in die liggaam lei, wat ‘n geweldige emosionele impak op ‘n individu kan hê en wat uiteindelik kan lei tot ‘n verswakte selfbeeld. Hierdie sterk ontevredenheid met hul liggame, kan met die vereistes vir ‘n GD diagnose ooreenstem. Hormone wat in wanbalans is, is dus ‘n relevante oorsaak vir individue wat hierdie spesifieke inkongruensie ervaar. Alhoewel mediese kenners nie juis sekerheid het oor die oorsaak van GD nie, is daar wel oplossings en behandelings waarvan individue gebruik kan maak om hul simptome te verminder, verwyder of verbeter. Daar is verskeie fisiese, emosionele, geestes en sosiale kwessies wat hand aan hand loop met GD en die behandeling moet volgens die individu gespesifiseer word.

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. Heylens, G; De Cuypere, G; Zucker, K; Schelfaut, C; Elaut, E; Vanden Bossche, H; De Baere, E; T'Sjoen, G (2012). "Gender Identity Disorder in Twins: A Review of the Case Report Literature". The Journal of Sexual Medicine. 8 (3): 751–757. doi:10.1111/j.1743-6109.2011.02567.x.
  2. Olyslager, Femke; Conway, Lynn (2008). "Transseksualiteit komt vaker voor dan u denkt. Een nieuwe kijk op de prevalentie van transseksualiteit in Nederland en België". Tijdschrift voor Genderstudies (in Nederlands). Amsterdam: Amsterdam University Press. 11 (2): 39–51.
  3. Conron, KJ; Scott, G; Stowell, GS; Landers, S (Januarie 2012), "Transgender Health in Massachusetts: Results from a Household Probability Sample of Adults", American Journal of Public Health (American Public Health Association) 102 (1): 118–222, doi:10.2105/AJPH.2011.300315, ISSN 1541-0048, OCLC 01642844, http://ajph.aphapublications.org/doi/pdf/10.2105/AJPH.2011.300315, besoek op 28 Augustus 2013 
  4. Clark, Terryann C.; Lucassen, Mathijs F.G.; Bullen, at; Denny, Simon J.; Fleming, Theresa M.; Robinson, Elizabeth M.; Rossen, Fiona V. (15 Januarie 2014). "The Health and Well-Being of Transgender High School Students: Results From the New Zealand Adolescent Health Survey (Youth'12)". Journal of Adolescent Health. Society for Adolescent Health and Medicine. 54 (1). doi:10.1016/j.jadohealth.2013.11.008. Besoek op 19 Januarie 2014.[dooie skakel]
  5. Landen, M; Walinder, J; Lundstrom, B (1996). "Prevalence, incidence and sex ratio of transsexualism". Acta Psychiatrica Scandinavica. 93 (4): 221–223. doi:10.1111/j.1600-0447.1996.tb10638.x. PMID 8712018.
  6. "Gender identity disorder in adolescence and adulthood" (in Engels). ICD10Data.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2019. Besoek op 3 Julie 2011.
  7. 7,0 7,1 7,2 Fraser, L; Karasic, D; Meyer, W; Wylie, K (2010). "Recommendations for Revision of the DSM Diagnosis of Gender Identity Disorder in Adults". International Journal of Transgenderism. 12 (2): 80–85. doi:10.1080/15532739.2010.509202.
  8. Newman, L (1 Julie 2002). "Sex, Gender and Culture: Issues in the Definition, Assessment and Treatment of Gender Identity Disorder". Clinical Child Psychology and Psychiatry. 7 (3): 352–359. doi:10.1177/1359104502007003004.
  9. 9,0 9,1 9,2 "HBIGDA Standards Of Care For Gender Identity Disorders, Sixth Version" (PDF). Standards Of Care For Gender Identity Disorders (in Engels). Harry Benjamin International Gender Dysphoria Association. Februarie 2001. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 4 Maart 2016.
  10. Buehler, Stephanie (2013). What Every Mental Health Professional Needs to Know About Sex. Springer Publishing Company. ISBN 0-8261-7121-4.
  11. https://www.sciencedirect.com/topics/biochemistry-genetics-and-molecular-biology/estrogen-release
  12. https://www.sciencedirect.com/topics/medicine-and-dentistry/androgen-release#:~:text=An%20estimated%2090%25%20of%20androgens,reductase%20(5
  13. https://www.yourhormones.info/hormones/testosterone/#
  14. https://my.clevelandclinic.org/health/diseases/22199-androgen-insensitivity-syndrome
  15. https://healthmatch.io/pcos/how-to-lower-testosterone-pcos
  16. https://www.va.gov/WHOLEHEALTHLIBRARY/docs/Improving-Low-Testosterone-Naturally.pdf
  17. https://www.medicalnewstoday.com/articles/323224
  18. https://www.psychiatry.org/patients-families/gender-dysphoria/what-is-gender-dysphoria
  19. https://www.mountsinai.org/health-library/diseases-conditions/gender-dysphoria#:~:text=The%20emotional%20pain%20and%20distress,in%20many%20cases%2C%20even%20suicidal
  20. https://my.clevelandclinic.org/health/procedures/gender-affirmation-surgery
  21. https://www.ohchr.org/en/special-procedures/ie-sexual-orientation-and-gender-identity/struggle-trans-and-gender-diverse-persons
  22. https://www.bmj.com/company/newsroom/gender-dysphoria-in-young-people-is-rising-and-so-is-professional-disagreement/
  23. https://www.ohchr.org/en/special-procedures/ie-sexual-orientation-and-gender-identity/struggle-trans-and-gender-diverse-persons