Gemenebes van Engeland

Die Gemenebes van Engeland (Engels: Commonwealth of England) was die republiekeinse periode wat van 1649 tot 1653 eers in Engeland met Wallis en later in Skotland en Ierland bestaan het. Tussen 1653 en 1659 het dit bekend gestaan as die Gemenebes van Engeland, Skotland en Ierland (Commonwealth of England, Scotland and Ireland).[1] Ná die Engelse Burgeroorlog (1642-1648) en die teregstelling van koning Karel I op 30 Januarie 1649 is die republiek op 19 Mei 1649 gestig. Die gemenebes het nie 'n staatshoof gehad nie; die laerhuis was die enigste parlement van Engeland. Die regering van 1653 tot 1659 is 'n protektoraat genoem en is persoonlik en direk deur Oliver Cromwell, en ná sy afsterwe deur sy seun Richard Cromwell, beheer. Die term Gemenebes word gebruik om die regering tussen 1649 en 1660 te beskryf, toe Engeland de facto en waarskynlik ook de jure 'n republiek was.

Commonwealth of England
Gemenebes van Engeland


1649-1653
1653-1659 Protektoraat
1659-1660



VlagWapenskild
VlagWapen
Leuse: Pax quæritur bello
(Latyns vir: "Vrede word gesoek deur oorlog")
Ligging of Engeland
Ligging of Engeland
HoofstadLonden
51°30′N 0°07′W / 51.500°N 0.117°W / 51.500; -0.117Koördinate: 51°30′N 0°07′W / 51.500°N 0.117°W / 51.500; -0.117
Taal/TaleEngels, Iers-Gaelies, Skots, Skots-Gaelies, Wallies, Kornies, Yola, Norn
RegeringRepubliek
Lord Protector
 - 1653–1658Oliver Cromwell
 - 1659-1660Richard Cromwell
WetgewerParlement
Historiese tydperkNuwe Tyd
 - Stigting19 Mei 1649
 - Verklaring van Breda4 April 1660
GeldeenheidPond sterling

Verwysings wysig

  1. "Scotland and the Commonwealth: 1651–1660" (in Engels). Archontology.org. 14 Maart 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Februarie 2010. Besoek op 20 April 2010.