Geloftedag

was 'n openbare vakansiedag in Suid-Afrika wat jaarliks op 16 Desember gedenk is

Geloftedag was 'n openbare vakansiedag in Suid-Afrika wat jaarliks op 16 Desember gedenk is. Hoewel dit nou amptelik Versoeningsdag heet, vier party Afrikaners dit steeds as Geloftedag, in die gees van die Gelofte wat in 1838 onder leiding van Sarel Cilliers afgelê is.

Uitbeelding van Cilliers se voordrag van die Gelofte in die rolprent Bou van ’n Nasie.
Plakket by die Bloedriviermonument met Die Gelofte daarop. Die bewoording volg G.B.A. Gerdener se voorstel.[1]

Geloftedag

wysig

Op 16 Desember 1838 is 470 Voortrekkers deur ten minste 10 000 Zoeloes, georganiseer in verskeie 'impi's', by Bloedrivier aangeval. Op die voorafgaande paar dae het die Voortrekkers daagliks 'n gelofte afgelê dat indien God hulle sou help, hulle en hulle nageslag daardie dag soos 'n Sabbatdag sal herdenk, en die eer van die oorwinning aan God gegee sal word. In die daaropvolgende oorwinning is slegs enkele Voortrekkers lig beseer, waaronder hul leier, Andries Pretorius. Die slag staan bekend as die Slag van Bloedrivier.

'n Sonstraal val elke jaar op 16 Desember op die granietsenotaaf in die Voortrekkermonument in Pretoria. In 2019 het 'n rekordgetal Afrikaners geloftedagvieringe by die Voortrekkermonument in Pretoria bygewoon.[2]

Oorgang na Versoeningsdag

wysig

In 1994 het die eerste ANC-regering die dag met Versoeningsdag vervang om versoening oor kultuur- en kleurgrense te bevorder. Party Afrikaners vier egter steeds Geloftedag in die gees van die Gelofte. Daarteenoor onthou sommige swart mense die dag eerder as die dag waarop uMkhonto we Sizwe in 1961 hul eerste aanvalle uitgevoer het.

Sien ook

wysig

Bibliografie

wysig
  • Swart, Marius J.: Geloftedag. Kaapstad: H.A.U.M., s.j.
  • van Jaarsveld, F.A.: Prof. Van Jaarsveld stel standpunt oor 16 Des. Die Burger, 3 Julie 1979.

Eksterne Skakels

wysig

Verwysings

wysig
  1. Gerdener, G.B.A. (1924). Sarel Cilliers, die vader van Dingaansdag: Lewensskets van die kerkvader van die Voortrekkers. Kaapstad: Samuel Griffiths.
  2. https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/fotos-rekordgetal-suid-afrikaners-kom-byeen-vir-geloftedag/ URL opgespoor en besoek op 17 Desember 2019