Fernando Alonso
Fernando Alonso Díaz (gebore op 29 Julie 1981 in Oviedo) is 'n Spaanse Formule Eenrenjaer en 'n tweemalige wêreldrenkampioen. As 24-jarige wen hy sy eerste F1-titel in 2005 en word so die jongste persoon om 'n Grand Prix-seisoen te wen. Die rekord is in 2008 deur Lewis Hamilton en weer in 2010 deur Sebastian Vettel verbeter.
Fernando Alonso | |
---|---|
Alonso in 2016 | |
Geboortedatum | 29 Julie 1981 |
Geboorteplek | Oviedo, Asturias, Spanje |
Volle naam | Fernando Alonso Díaz |
Nasionaliteit | Spanjaard |
Aktiewe jare | 2001, 2003–2018, 2021-tans |
Ou span(ne) | Minardi, Renault Sport, Ferrari, McLaren-Renault, Alpine |
Span in 2024 | Aston Martin F1 |
Span in 2025 | Aston Martin F1 |
Motornommer | 14 |
Inskrywings | 404 (401 begin) |
Kampioenskappe | 2 (2005, 2006) |
Oorwinnings | 32 |
Podiums | 106 |
Loopbaanpunte | 2337 |
Voorste wegspronge | 22 |
Vinnigste rondtes | 26 |
Eerste F1-wedren | 2001 Australiese Grand Prix |
Eerste wen | 2003 Hongaarse Grand Prix |
Laaste wen | 2013 Spaanse Grand Prix |
Laaste inskrywing | 2024 Aboe Dhabi Grand Prix |
Laaste seisoen | 2024 |
Verlede jaar plek | 9de (70 punte) |
Vroeë loopbaan
wysigAlonso het vir verbasing gesorg oor die spoed waarmee hy daarin geslaag het om sy pad na die hoogste vlak van motorsport te vind. Alonso het reeds op driejarige ouderdom met knortjorre rondgerits. Hy het daarna in 1994–1997 knortjorwedrenne gewen in Spanje, en is in 1996 as die wêreldknortjorkampioen gekroon.
In 1999 het hy na enkelsitplekkers oorgeskakel en die Spaanse kampioen geword met ses oorwinnings in die Euro Ope MoviStar met Nissan.
Formule Eenloopbaan
wysigHy het die wêreld van Formule Een in 2001 betree by die Minardispan, en verskuif na Renault as toetsbestuurder die volgende jaar.
Renault (2002–2006)
wysigAlonso is in die 2003-seisoen bevorder tot 'n gereelde renjaer in die Franse span, ten koste van Jenson Button.Op 22 Maart 2003 stel hy die vinnigste tyd op tydens die kwalifisering vir die Maleisiese Grand Prix. Hy is ook die jongste jaer in Formule 1-geskiedenis wat paaltjieposisie behaal het. Hy voltooi die wedren self in die derde plek, sy eerste podium. ’n Paar weke later behaal hy ’n tweede plek voor sy tuisskare in die 2003 Spaanse Grand Prix na Michael Schumacher. In Augustus wen hy die Hongaarse Grand Prix. Hy was toe die jongste jaer ooit om 'n Formule 1 Grand Prix te gewen. Hy eindig die seisoen in die sesde plek met 55 punte. In totaal staan hy vier keer op die podium.
Die 2005-seisoen begin goed vir Alonso. Hy eindig derde in Australië en wen die daaropvolgende drie GP's: Maleisiese Grand Prix, Bahreinse Grand Prix en San Marino Grand Prix. Veral in laasgenoemde beïndruk hy deur ’n sterk Michael Schumacher in die slotrondtes agter hom te hou. Hy slaag weer nie daarin om sy tuis-Grand Prix te wen nie en in Monaco eindig hy slegs vierde. By die Europese Grand Prix by die Nürburgring slaag hy egter daarin om ’n oorwinning te behaal ná ’n sterk herstel in die slotrondes nadat die voorloper Kimi Räikkönen in die laaste rondte op ’n skouspelagtige wyse van die baan gegaan het. Tydens die daaropvolgende Kanadese Grand Prix maak hy een van sy seldsame bestuursfoute. Hy tref die muur en moet tou opgooi. Sy groot mededinger in die stryd om die wêreldkampioenskap, Räikkönen, wen ook die wedren. Tog is hy steeds 22 punte voor Räikkönen in die wêreldkampioenskap-ranglys. Op 25 September 2005 het hy derde in die Brasiliaanse Grand Prix geëindig, genoeg om 'n onoorbrugbare gaping met Räikkönen in die Wêreldbeker te verklein. Op die ouderdom van 24 jaar en 58 dae word hy die jongste wêreldkampioen in Formule 1-geskiedenis, 'n rekord wat voorheen deur Emerson Fittipaldi gehou is.
McLaren (2007)
wysigTydens die 2007-seisoen het Alonso vir die McLarenspan gejaag, maar is later terug na Renault vir twee seisoene in 2008–2009.
Ferrari (2010–2014)
wysigSedert die 2010-seisoen is Alonso in die Ferrarispan opgeneem, om die Italiaanse span verder te versterk. Die salaris wat hy by Ferrari verdien het in die 2010-seisoen word geskat op 30 miljoen euro, en sedert die onttrekking van Kimi Räikkönen aan die einde van 2009, word Alonso die hoogsbesoldigde F1-bestuurder vir die 2010-seisoen.
Op Sondag, 14 Maart 2010, het Fernando Alonso die openingsren van die Formule 1-seisoen in Bahrein gewen. Alonso spring uit die derde plek op die rooster weg, met die wegspring is hy reeds verby spanmaat Felipe Massa (wat tweede eindig) en tydens die wedren steek hy ook vir Sebastian Vettel verby, wat met tegniese probleme sukkel. Ongelukkig vir Alonso presteer Vettel so goed in die laaste wedren dat hy Alonso aan die einde van die kampioenskap verbysteek en kampioen word.
Op Sondag 10 Julie 2011, het Fernando Alonso Ferrari se enigste oorwinning by die Silverstone-baan verseker. Die seisoen is nie wat Alonso verwag het dit sou wees nie. Hy het die 2011-seisoen in die vierde plek afgesluit, 135 punte agter die wêreldkampioen Sebastian Vettel.
Die 2012-seisoen het beter verloop as die jaar tevore. Alonso was weer Ferrari se beste jaer en het daardie jaar drie oorwinnings behaal. Hy was lank die kampioenskapvoorloper en het op pad gelyk na ’n derde wêreldtitel, maar dit het weer na Vettel gegaan. Die laaste ren het alles bepaal, Vettel het sesde geëindig in daardie ren. Alonso, wat tweede in die wedren geëindig het, het die wêreldtitel met 3 punte verloor.
In 2014 het Alonso die voormalige wêreldkampioen Kimi Räikkönen as spanmaat gekry. Raikkonen is ingebring as 'n plaasvervanger vir Felipe Massa wat na Williams vertrek het. Dit was 'n moeilike seisoen vir Ferrari, waarin hy nie 'n enkele ren kon wen nie en Alonso net twee keer op die podium geëindig het. Aan die einde van die jaar is bevestig dat Alonso die span na vyf jaar sou verlaat.[1]
Fernando Alonso is die enigste jaer wat Michael Schumacher kon troef op sy hoogtepunt as sesmalige wêreldkampioen.
Terugkeer na McLaren
wysigOp 11 Desember 2014 is aangekondig dat Alonso in 2015 na McLaren sou terugkeer, met Jenson Button as spanmaat.[2] McLaren het teruggekeer na die enjinverskaffer Honda, met wie hy in die laat 1980's en vroeë 1990's groot sukses behaal het. Weens 'n ongeluk tydens voorseisoense toetse was Alonso egter gedwing om die seisoen se opening in Australië mis te loop en is vervang deur Kevin Magnussen. Hy het van die tweede wedren in Maleisië teruggekeer. Die McLaren-Honda-kombinasie was nie sterk genoeg hierdie seisoen nie: beide Alonso en Button moes dikwels uittree weens enjinprobleme en die motor was nie vinnig genoeg om gereeld onder die top-10 te eindig nie. Alonso het in die sewentiende plek in die kampioenskap geëindig, met 'n vyfde plek by die Hongaarse Grand Prix as die hoogtepunt.
In 2016 het die McLaren ietwat verbeter, maar die span het steeds nie genoeg spoed gehad om met die top mee te ding nie. Ten spyte hiervan het Alonso daarin geslaag om gereelde top 10-eindpunte aan te teken, met twee vyfde plekke in Monaco en die Verenigde State as hoogtepunte. Aan die ander kant, in die seisoen se opening in Australië, het hy 'n groot ongeluk gehad waar hy agter in Esteban Gutiérrez se Haas vasgejaag en omgeslaan het. Vir die tweede ren in Bahrein is hy deur Stoffel Vandoorne vervang, maar hy het in die derde ren in China teruggekeer. In 'n swak motor het Alonso die seisoen in die tiende plek in die kampioenskap afgesluit.
In 2017 het Alonso 'n nuwe spanmaat in Vandoorne gekry, nadat Button aangekondig het om 'n sabbatsverlof te neem. Hierdie seisoen was die Honda-enjin weer minder betroubaar en Alonso het sewe keer in die eerste helfte van die seisoen uitgetree. In die Hongaarse Grand Prix het hy wel sesde geëindig en die vinnigste renrondte op die voorlaaste rondte opgestel. Ná die somervakansie het die McLaren minder probleme gehad en Alonso het drie punte in die laaste drie wedrenne van die seisoen aangeteken, wat hy nie voorheen in die drie vorige jare saam met McLaren behaal het nie. Hy het sewentien punte aangeteken en vyftiende in die kampioenskap geëindig.
Alonso sal in 2018 aanhou om by McLaren te ry, ondanks gerugte dat hy dalk die span gaan verlaat. Nadat hy na Renault-enjins oorgeskakel het, het hy die besluit geneem om te bly. Dit het gelyk of prestasie verbeter, Alonso was dadelik vyfde in die eerste Grand Prix in Australië en het verskeie top 10-uitslae aan die begin van die jaar behaal, maar soos die seisoen gevorder het McLaren verder en verder gedaal. Op 14 Augustus 2018 het Alonso uiteindelik aangekondig dat hy nie in 2019 vir die span in Formule 1 sal jaag nie.[3]
Alpine (2021–2022)
wysigOp 8 Julie 2020 is aangekondig dat Alonso in 2021 'n terugkeer na Formule 1 sal maak by die Renault-span.[4] Die span het vanaf 2021 as Alpine F1-span voortgaan.[5]
Aston-Martin (2023 – )
wysigOp 1 Augustus 2022 is aangekondig dat Alonso vanaf die 2023-seisoen vir Aston-Martin sal ry waar hy die afgetrede Sebastian Vettel sal vervang. Alonso het 'n meerjarige kontrak met die renspan gesluit.[6]
Formule Een-uitslae
wysig
|
|
2001 – 2009
wysig2010 – 2018
wysig2021 – hede
wysigJaar | Inskrywer | Onderstel | Enjin | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | Plek | Punte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
2021 | Alpine F1-span | Alpine A521 | Renault E-Tech 20B | BHR DNF | EMI 10 | POR 8 | SPA 17 | MON 13 | AZE 6 | FRA 8 | STI 9 | OOS 10 | GBR 7 | HON 4 | BEL 11 | NED 6 | ITA 8 | RUS 6 | TUR 16 | VSA DNF | MXS 9 | SAP 9 | KAT 3 | SAR 13 | ABU 8 | 10 | 81 | ||
2022 | Alpine F1-span | Alpine A522 | Renault E-Tech RE22 | BHR 9 | SAR DNF | AUS 17 | EMI DNF | MIA 11 | SPA 9 | MON 7 | AZE 7 | KAN 9 | GBR 5 | OOS 10 | FRA 6 | HON 8 | BEL 5 | NED 6 | ITA DNF | SIN DNF | JPN 7 | VSA 7 | MXS 19 | SAP 5 | ABU DNF | 9 | 81 | ||
2023 | Aston Martin | Aston Martin AMR23 | Mercedes F1 M14 E Performance V6 t | BHR 3 | SAR 3 | AUS 3 | AZE 6 4 | MIA 3 | MON 2 | SPA 7 | KAN 2 | OOS 5 | GBR 7 | HON 9 | BEL 5 | NED 2 | ITA 9 | SIN 15 | JPN 8 | KAT 86 | VSA DNF | MXS DNF | SAP 3 | LSV 9 | ABU 7 | 5 | 206 | ||
2024 | Aston Martin | Aston Martin AMR24 | Mercedes F1 M15 E Performance V6 t | BHR 9 | SAR 5 | AUS 8 | JPN 6 | CHN 7V | MIA 9 | EMI 19 | MON 11 | KAN 6 | SPA 12 | OOS 18V | GBR 8 | HON 11 | BEL 8 | NED 10 | ITA 11 | AZE 6 | SIN 8 | VSA 13 | MXS DNF | SAP 14 | LSV 11 | KAT 7 | ABU 9 | 9 | 70 |
2025 | Aston Martin | Aston Martin AMR25 | Mercedes F1 M16 E Performance V6 t | AUS | CHN | JPN | BHR | SAR | MIA | EMI | MON | SPA | KAN | OOS | GBR | BEL | HON | NED | ITA | AZE | SIN | VSA | MXS | SAP | LSV | KAT | ABU | ||
Jaar | Inskrywer | Onderstel | Enjin | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | Plek | Punte |
† Kon nie die ren voltooi nie, maar is geklassifiseer omrede hy meer as 90% van die wedrenafstand afgelê het.
‡ Halwe punte is in België toegeken in 2021 omdat daar minder as 75% van die wedren afgelê is weens hewige reën.
Verwysings
wysig- ↑ (nl) Ferrari bevestigt vertrek Fernando Alonso
- ↑ (nl) Officieel: Alonso en Button racen in 2015 voor McLaren
- ↑ (nl) Alonso verlaat de Formule 1 na 2018
- ↑ (nl) "Officieel: Alonso keert terug bij Renault in de F1". AD. 8 Julie 2020. Besoek op 8 Julie 2020.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link) - ↑ (nl) https://www.grandprixradio.nl/2020/09/06/renault-gaat-volgend-seizoen-verder-als-alpine-f1-team/
- ↑ (nl) Fernando Alonso naar Aston Martin: Meerjarig contract getekend