FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018

Die 21ste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Russies: Чемпионат мира по футболу FIFA 2018, Tsjempionat mira po foetboloe FIFA 2018, [tɕɪmʲpʲɪɐˈnat ˈmʲirə pə fʊdˈboɫʊ ˈfiːfə dvʲɪˈtɨsʲɪtɕɪ vəsʲɪmˈnatsətʲ]; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 14 Junie tot 15 Julie 2018 in Rusland aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Rusland aangebied is en die elfde in Europa; net die stad Jekaterinburg met die Sentrale Stadion is in die Asiatiese deel van dié land (Noord-Asië en Siberië) geleë, waarmee die toernooi vir die eerste keer op twee vastelande gehuisves is: Asië en Europa.[3] Ná die Olimpiese Winterspele 2014 in Sotsji was die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 die tweede groot sportkompetisie in Rusland. Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 het as ’n voorbereiding vir die gasheerland gedien.

FIFA Sokker-Wêreldbeker
Чемпионат мира по футболу FIFA 2018
(Tsjempionat mira po foetboloe FIFA 2018)
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Rusland Rusland
Datums 14 Junie – 15 Julie
Spanne 32 (van 5 konfederasies)
Stadions 12 (in 11 stede)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Frankryk Frankryk (2 titels)
Tweede plek Vlag van Kroasië Kroasië
Derde plek Vlag van België België
Vierde plek Vlag van Engeland Engeland
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 64
Doele 169 (2.64 per wedstryd)
Bywoning 3 031 768 (47 371 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Engeland Harry Kane (6 doele)[1]
Beste speler Vlag van Kroasië Luka Modrić[2]
2014
2022
Die Sokker-Wêreldbekertrofee waarom meegeding is

32 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 deelgeneem. Die spanne is in agt groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die agtste eindrondte deurgedring het. Frankryk het die trofee gewen nadat hulle Kroasië op 15 Julie in die Loezjnikistadion van Moskou, die Olimpiese stadion van die Olimpiese Somerspele 1980, met 4–2 geklop en sodoende hul tweede wêreldbekertitel ingepalm het. Frankryk sou regstreeks vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2021 gekwalifiseer het, maar dié toernooi is later deur FIFA geskrap.[4] Gunstelinge vir die wêreldbekertitel voor die afskop van die toernooi was Brasilië, Duitsland, Frankryk en Spanje.[5] Die verdedigende kampioen Duitsland is reeds in die groepfase uitgeskakel; dieselfde lot wat voorheen Brasilië in 1966, Frankryk in 2002, Italië in 2010 en Spanje in 2014 toegeval het, maar vir Duitsland was dit die eerste keer wat hulle nie na die uitklopfase kon deurdring nie.[6] Dit is die vierde agtereenvolgende Sokker-Wêreldbekertoernooi wat deur 'n Europese nasionale sokkerspan gewen is, ná Italië in 2006, Spanje in 2010 en Duitsland in 2014.

Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie vir die toernooi gekwalifiseer nie en dus nie daaraan deelgeneem nie. Die nasionale sokkerspanne van Panama en Ysland het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem.

Toewysing wysig

Die Russiese reëlingskomitee vier die toekenning van die Sokker-Wêreldbekertoernooi 2018 aan Rusland

   Kandidaat vir 2018

   Kandidaat vir 2022

   Gekanselleerde bod

   Onverkiesbaar vir 2018

   Onverkiesbaar vir 2018 én 2022

Openingseremonie van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 in Moskou se Loezjnikistadion

FIFA het op 19 Desember 2008 in Tokio beslis dat die toernooie van 2018 en 2022 gesamentlik toegewys sou word. Volgens FIFA se beleid mag net al om die drie toernooi deur dieselfde vastelandse vereniging gehou word. Lande van CAF was dus onverkiesbaar vir 2018, omdat die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 aan Suid-Afrika toegewys is; lande van CONMEBOL was onverkiesbaar vir 2018 én 2022, omdat die vorige FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 aan Brasilië toegewys is.[7]

Rusland is op 2 Desember 2010 in Zürich deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018. Ander kandidaatlande was Engeland, ’n gesamentlike kandidatuur deur Nederland en België, asook Spanje en Portugal. Gelyktydig is die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 aan Katar toegewys.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018[8]
LandRondte 1Rondte 2
 Rusland913
 Spanje en  Portugal77
 Nederland en  België42
 Engeland2

Kwalifisering wysig

Die gasheer Rusland het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 gekwalifiseer. Van die 31 oorblywende plekke is 13 vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, vyf vir CAF (Afrika), vier vir CONMEBOL (Suid-Amerika), vier vir AFC (Asië) en drie vir CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika). Twee plekke is tydens uitspeelwedstryde tussen AFC en CONCACAF, asook tussen OFC (Oseanië) en CONMEBOL beslis.

Die kontinentale kwalifiseringswedstryde is tussen 12 Maart 2015 en 15 November 2017 beslis. Noemenswaardige lande wat nie gekwalifiseer het nie sluit in die viermalige wêreldbekerwenner Italië en die derde plek van 2014, Nederland. Vier verdedigende kontinentale kampioene kon ook nie kwalifiseer nie: die Afrikanasiesbeker 2017-wenner Kameroen, die tweemalige Copa América- en FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017-naaswenner Chili, die Oseanië Nasiesbeker 2016-wenner Nieu-Seeland en die CONCACAF se Gouebeker 2017-wenner die Verenigde State. Vir die eerste keer het drie Skandinawiese lande (Denemarke, Swede en Ysland) en vier Arabiese lande (Egipte, Marokko, Saoedi-Arabië en Tunisië) aan dieselfde Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem.[9]

Kwalifiserende spanne wysig

Die volgende 32 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:

Uitslag van die kwalifisering:

   Geen deelname

   Nie ’n geassosieerde lid van FIFA nie

   Land het nie gekwalifiseer nie

   Land het gekwalifiseer

SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie
 Argentinië17de122014Kampioen (1978, 1986)
 Australië5de42014Agtste eindrondte (2006)
 België13de22014Vierde plek (1986)
 Brasilië21ste212014Kampioen (1958, 1962, 1970, 1994, 2002)
 Colombia6de22014Kwarteindrondte (2014)
 Costa Rica5de22014Kwarteindrondte (2014)
 Denemarke5de12010Kwarteindrondte (1998)
 Duitsland19de172014Kampioen (1954, 1974, 1990, 2014)
 Egipte3de11990Agtste eindrondte (1934)
 Engeland15de62014Kampioen (1966)
 Frankryk15de62014Kampioen (1998)
 Iran5de22014Groepfase (1978, 1998, 2006, 2014)
 Japan6de62014Agtste eindrondte (2002, 2010)
 Kroasië5de22014Derde plek (1998)
 Marokko5de11998Agtste eindrondte (1986)
 Meksiko16de72014Kwarteindrondte (1970, 1986)
 Nigerië6de32014Agtste eindrondte (1994, 1998, 2014)
 Panama1ste1Debuut
 Peru5de11982Kwarteindrondte (1970)
 Pole8ste12006Derde plek (1974, 1982)
 Portugal7de52014Derde plek (1966)
 Rusland11de22014Vierde plek (1966)
 Saoedi-Arabië5de12006Agtste eindrondte (1994)
 Senegal2de12002Kwarteindrondte (2002)
 Serwië12de12010Vierde plek (1930, 1962)
 Spanje15de112014Kampioen (2010)
 Suid-Korea10de92014Vierde plek (2002)
 Swede12de12006Naaswenner (1958)
 Switserland11de42014Kwarteindrondte (1934, 1938, 1954)
 Tunisië5de12006Groepfase (1978, 1998, 2002, 2006)
 Uruguay13de32014Kampioen (1930, 1950)
 Ysland1ste1Debuut

Stadions wysig

Rusland het die volgende gasheerstede voorgestel: Jaroslawl, Jekaterinburg, Kaliningrad, Kazan, Krasnodar, Moskou, Nizjni Nowgorod, Rostof aan die Don, Samara, Saransk, Sint Petersburg, Sotsji en Wolgograd.[10]

MoskouSint PetersburgSotsji
LoezjnikistadionOtkritije-arena
(Spartakstadion)
Krestofskistadion
(Sint Petersburg-stadion)
Fisht- Olimpiese Stadion
(Fishtstadion)
55°42′56.2″N 37°33′13.7″O / 55.715611°N 37.553806°O / 55.715611; 37.553806 (Loezjnikistadion)55°49′4.3″N 37°26′24.9″O / 55.817861°N 37.440250°O / 55.817861; 37.440250 (Spartakstadion)59°58′22.7″N 30°13′14″O / 59.972972°N 30.22056°O / 59.972972; 30.22056 (Sint Petersburg-stadion)43°24′7.1″N 39°57′21.5″O / 43.401972°N 39.955972°O / 43.401972; 39.955972 (Fishtstadion)
Kapasiteit: 78 011[11]Kapasiteit: 44 190[12]Kapasiteit: 64 468[13]Kapasiteit: 44 287[14]
SamaraKazan
Kosmosarena
(Samara-arena)
Kazanarena
53°16′39.9″N 50°14′14.2″O / 53.277750°N 50.237278°O / 53.277750; 50.237278 (Samara-arena)55°49′16″N 49°9′38.9″O / 55.82111°N 49.160806°O / 55.82111; 49.160806 (Kazanarena)
Kapasiteit: 41 970[15]Kapasiteit: 42 873[16]
Rostof aan die DonWolgograd
RostofarenaWolgogradarena
47°12′34″N 39°44′16″O / 47.20944°N 39.73778°O / 47.20944; 39.73778 (Rostofarena)48°44′4″N 44°32′54.8″O / 48.73444°N 44.548556°O / 48.73444; 44.548556 (Wolgogradarena)
Kapasiteit: 43 472[17]Kapasiteit: 43 713[18]
Nizjni NowgorodSaranskJekaterinburgKaliningrad
Nizjni Nowgorod-stadionMordowië-arenaSentrale Stadion
(Jekaterinburgarena)
Kaliningradstadion
56°20′15.1″N 43°57′47″O / 56.337528°N 43.96306°O / 56.337528; 43.96306 (Nizjni Nowgorod-stadion)54°10′54.5″N 45°12′13″O / 54.181806°N 45.20361°O / 54.181806; 45.20361 (Mordowië-arena)56°49′56.7″N 60°34′24.3″O / 56.832417°N 60.573417°O / 56.832417; 60.573417 (Jekaterinburgarena)54°41′53.9″N 20°32′1″O / 54.698306°N 20.53361°O / 54.698306; 20.53361 (Kaliningradstadion)
Kapasiteit: 43 319[19]Kapasiteit: 41 685[20]Kapasiteit: 33 061[21]Kapasiteit: 33 973[22]

Formaat wysig

Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 is oor 32 dae tussen 32 verskillende nasies oor 64 wedstryde uitgespeel. Dit het op 14 Junie 2018 op die Loezjnikistadion in Moskou met ’n wedstryd tussen die gasheer Rusland en Saoedi-Arabië afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 15 Julie met die eindstryd tussen Frankryk en Kroasië, waartydens Frankryk die Sokker-Wêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooie in 2006, 2010 en 2014 ingespan.[23]

Kalender wysig

Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Junie
Do
14
Vr
15
Sa
16
So
17
Ma
18
Di
19
Wo
20
Do
21
Vr
22
Sa
23
So
24
Ma
25
Di
26
Wo
27
Do
28
Vr
29
SeremoniesOS
Groep A11112
Groep B222
Groep C222
Groep D2112
Groep E222
Groep F1122
Groep G2112
Groep H222
Uitklopfase
Junie/Julie
Sa
30
So
1
Ma
2
Di
3
Wo
4
Do
5
Vr
6
Sa
7
So
8
Ma
9
Di
10
Wo
11
Do
12
Vr
13
Sa
14
So
15
SeremoniesSS
Uitklopfase2222221111
Legende

   Seremonies

   Groepwedstryde

   Uitklopfase

   Derde plek

   Eindstryd

Groepfase wysig

Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 is deur 32 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 32 deelnemende spanne in agt groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Een vir ’n gelykop;
  • geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.

Uitklopfase wysig

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit 16 wedstryde bestaan het: agt agtste eindstryde, vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die agtste eindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep A het teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B het teen die naaswenner van Groep A gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.

Wedstryde wysig

Kwalifiseer vir die uitklopfase.
Uit die toernooi geskakel.

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 1 Desember 2017 in die Moskouse Kremlin gehou.

Groepfase wysig

32 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A wysig

Wedstryd tussen Egipte en Uruguay
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Uruguay330050+59
 Rusland320184+46
 Saoedi-Arabië310227–53
 Egipte300326–40

14 Junie 2018
18:00 MSK (UTC+3)
 Rusland5–0  Saoedi-ArabiëLoezjnikistadion, Moskou
Toeskouers: 78 011
Skeidsregter: Néstor Pitana (Argentinië)
Gazinski 12'
Tsjerisjef 43', 90+1'
Dzjoeba 71'
Golowin 90+4'
Verslag

15 Junie 2018
17:00 JEKT (UTC+5)
 Egipte0–1  UruguayJekaterinburgarena, Jekaterinburg
Toeskouers: 27 015
Skeidsregter: Björn Kuipers (Nederland)
Verslag 89' Giménez

19 Junie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
 Rusland3–1  EgipteSint Petersburg-stadion, Sint Petersburg
Toeskouers: 64 468
Skeidsregter: Enrique Cáceres (Paraguay)
Fathy 47' (e.d.)
Tsjerisjef 59'
Dzjoeba 62'
Verslag 73' (straf) Salah

20 Junie 2018
18:00 MSK (UTC+3)
 Uruguay1–0  Saoedi-ArabiëRostofarena, Rostof aan die Don
Toeskouers: 42 678
Skeidsregter: Clément Turpin (Frankryk)
Suárez 23'Verslag

25 Junie 2018
18:00 SAMT (UTC+4)
 Uruguay3–0  RuslandSamara-arena, Samara
Toeskouers: 41 970
Skeidsregter: Malang Diedhiou (Senegal)
Suárez 10'
Tsjerisjef 23' (e.d.)
Cavani 90'
Verslag

25 Junie 2018
17:00 MSK (UTC+3)
 Saoedi-Arabië2–1  EgipteWolgogradarena, Wolgograd
Toeskouers: 36 823
Skeidsregter: Wilmar Roldán (Colombia)
Al-Faraj 45+6' (straf)
Al-Dawsari 90+5'
Verslag 22' Salah

Groep B wysig

Wedstryd tussen Iran en Spanje
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Spanje312065+15
 Portugal312054+15
 Iran311122±04
 Marokko301224–21

15 Junie 2018
18:00 MSK (UTC+3)
 Marokko0–1  IranSint Petersburg-stadion, Sint Petersburg
Toeskouers: 62 548
Skeidsregter: Cüneyt Çakır (Turkye)
Verslag 90+5' (e.d.) Bouhaddouz

15 Junie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
 Portugal3–3  SpanjeFishtstadion, Sotsji
Toeskouers: 43 866
Skeidsregter: Gianluca Rocchi (Italië)
Ronaldo 4' (straf), 44', 88'Verslag 24', 55' Costa
58' Nacho

20 Junie 2018
15:00 MSK (UTC+3)
 Portugal1–0  MarokkoLoezjnikistadion, Moskou
Toeskouers: 78 011
Skeidsregter: Mark Geiger (VSA)
Ronaldo 4'Verslag

20 Junie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
 Iran0–1  SpanjeKazanarena, Kazan
Toeskouers: 42 718
Skeidsregter: Andrés Cunha (Uruguay)
Verslag 54' Costa

25 Junie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
 Iran1–1  PortugalMordowië-arena, Saransk
Toeskouers: 41 685
Skeidsregter: Enrique Cáceres (Paraguay)
Ansarifard 90+3' (straf)Verslag 45' Quaresma

25 Junie 2018
20:00 KALT (UTC+2)
 Spanje2–2  MarokkoKaliningradstadion, Kaliningrad
Toeskouers: 33 973
Skeidsregter: Rawshan Irmatof (Oesbekistan)
Isco 19'
Aspas 90+1'
Verslag 14' Boutaïb
81' En-Nesyri

Groep C wysig

Wedstryd tussen Australië en Peru
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Frankryk321031+27
 Denemarke312021+15
 Peru310222±03
 Australië301225–31

16 Junie 2018
13:00 MSK (UTC+3)
 Frankryk2–1  AustraliëKazanarena, Kazan
Toeskouers: 41 279
Skeidsregter: Andrés Cunha (Uruguay)
Griezmann 58' (straf)
Behich 81' (e.d.)
Verslag 62' (straf) Jedinak

16 Junie 2018
19:00 MSK (UTC+3)
 Peru0–1  DenemarkeMordowië-arena, Saransk
Toeskouers: 40 502
Skeidsregter: Bakary Gassama (Gambië)
Verslag 59' Poulsen

21 Junie 2018
16:00 SAMT (UTC+4)
 Denemarke1–1  AustraliëSamara-arena, Samara
Toeskouers: 40 727
Skeidsregter: Antonio Mateu Lahoz (Spanje)
Eriksen 7'Verslag 38' (straf) Jedinak

21 Junie 2018
20:00 JEKT (UTC+5)
 Frankryk1–0  PeruJekaterinburgarena, Jekaterinburg
Toeskouers: 32 789
Skeidsregter: Mohammed Abdulla Hassan Mohamed (VAE)
Mbappé 34'Verslag

26 Junie 2018
17:00 MSK (UTC+3)
 Denemarke0–0  FrankrykLoezjnikistadion, Moskou
Toeskouers: 78 011
Skeidsregter: Sandro Ricci (Brasilië)
Verslag

26 Junie 2018
17:00 MSK (UTC+3)
 Australië0–2  PeruFishtstadion, Sotsji
Toeskouers: 44 073
Skeidsregter: Sergei Karasef (Rusland)
Verslag 18' Carrillo
50' Guerrero

Groep D wysig

Wedstryd tussen Ysland en Kroasië
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Kroasië330071+69
 Argentinië311135–24
 Nigerië310234–13
 Ysland301225–31

16 Junie 2018
16:00 MSK (UTC+3)
 Argentinië1–1  YslandSpartakstadion, Moskou
Toeskouers: 44 190
Skeidsregter: Szymon Marciniak (Pole)
Agüero 19'Verslag 23' Finnbogason

16 Junie 2018
21:00 KALT (UTC+2)
 Kroasië2–0  NigeriëKaliningradstadion, Kaliningrad
Toeskouers: 31 136
Skeidsregter: Sandro Ricci (Brasilië)
Etebo 32' (e.d.)
Modrić 71' (straf)
Verslag

21 Junie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
 Argentinië0–3  KroasiëNizjni Nowgorodstadion, Nizjni Nowgorod
Toeskouers: 43 319
Skeidsregter: Rawshan Irmatof (Oesbekistan)
Verslag 53' Rebić
80' Modrić
90+1' Rakitić

22 Junie 2018
18:00 MSK (UTC+3)
 Nigerië2–0  YslandWolgogradarena, Wolgograd
Toeskouers: 40 904
Skeidsregter: Matthew Conger (Nieu-Seeland)
Musa 49', 75'Verslag

26 Junie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
 Nigerië1–2  ArgentiniëSint Petersburg-stadion, Sint Petersburg
Toeskouers: 64 468
Skeidsregter: Cüneyt Çakır (Turkye)
Moses 51' (straf)Verslag 14' Messi
86' Rojo

26 Junie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
 Ysland1–2  KroasiëRostofarena, Rostof aan die Don
Toeskouers: 43 472
Skeidsregter: Antonio Mateu Lahoz (Spanje)
G. Sigurðsson 76' (straf)Verslag 53' Badelj
90' Perišić

Groep E wysig

Wedstryd tussen Brasilië en Costa Rica
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Brasilië321051+47
 Switserland312054+15
 Serwië310224–23
 Costa Rica301225–31

17 Junie 2018
16:00 SAMT (UTC+4)
 Costa Rica0–1  SerwiëSamara-arena, Samara
Toeskouers: 41 432
Skeidsregter: Malang Diedhiou (Senegal)
Verslag 56' Kolarof

17 Junie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
 Brasilië1–1  SwitserlandRostofarena, Rostof aan die Don
Toeskouers: 43 109
Skeidsregter: César Arturo Ramos (Meksiko)
Coutinho 20'Verslag 50' Zuber

22 Junie 2018
15:00 MSK (UTC+3)
 Brasilië2–0  Costa RicaSint Petersburg-stadion, Sint Petersburg
Toeskouers: 64 468
Skeidsregter: Björn Kuipers (Nederland)
Coutinho 90+1'
Neymar 90+7'
Verslag

22 Junie 2018
20:00 KALT (UTC+2)
 Serwië1–2  SwitserlandKaliningradstadion, Kaliningrad
Toeskouers: 33 167
Skeidsregter: Felix Brych (Duitsland)
Mitrović 5'Verslag 52' Xhaka
90' Shaqiri

27 Junie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
 Serwië0–2  BrasiliëSpartakstadion, Moskou
Toeskouers: 44 190
Skeidsregter: Alireza Faghani (Iran)
Verslag 36' Paulinho
68' Silva

27 Junie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
 Switserland2–2  Costa RicaNizjni Nowgorod-stadion, Nizjni Nowgorod
Toeskouers: 43 319
Skeidsregter: Clément Turpin (Frankryk)
Džemaili 31'
Drmić 88'
Verslag 56' Waston
90+3' (straf) Sommer

Groep F wysig

Wedstryd tussen Duitsland en Meksiko
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Swede320152+36
 Meksiko320134–16
 Suid-Korea310233±03
 Duitsland310224–23

17 Junie 2018
18:00 MSK (UTC+3)
 Duitsland0–1  MeksikoLoezjnikistadion, Moskou
Toeskouers: 78 011
Skeidsregter: Alireza Faghani (Iran)
Verslag 35' Lozano

18 Junie 2018
15:00 MSK (UTC+3)
 Swede1–0  Suid-KoreaNizjni Nowgorod-stadion, Nizjni Nowgorod
Toeskouers: 42 300
Skeidsregter: Joel Aguilar (El Salvador)
Granqvist 65' (straf)Verslag

23 Junie 2018
18:00 MSK (UTC+3)
 Suid-Korea1–2  MeksikoRostofarena, Rostof aan die Don
Toeskouers: 43 472
Skeidsregter: Milorad Mažić (Serwië)
Son Heung-min 90+3'Verslag 26' (straf) Vela
66' Hernández

23 Junie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
 Duitsland2–1  SwedeFishtstadion, Sotsji
Toeskouers: 44 287
Skeidsregter: Szymon Marciniak (Pole)
Reus 48'
Kroos 90+5'
Verslag 32' Toivonen

27 Junie 2018
17:00 MSK (UTC+3)
 Suid-Korea2–0  DuitslandKazanarena, Kazan
Toeskouers: 41 835
Skeidsregter: Mark Geiger (VSA)
Kim Young-gwon 90+3'
Son Heung-min 90+6'
Verslag

27 Junie 2018
19:00 YEKT (UTC+5)
 Meksiko0–3  SwedeJekaterinburgarena, Jekaterinburg
Toeskouers: 33 061
Skeidsregter: Néstor Pitana (Argentinië)
Verslag 50' Augustinsson
62' (straf) Granqvist
74' (e.d.) Álvarez

Groep G wysig

Wedstryd tussen België en Tunisië
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 België330092+79
 Engeland320183+56
 Tunisië310258–33
 Panama3003211–90

18 Junie 2018
18:00 MSK (UTC+3)
 België3–0  PanamaFishtstadion, Sotsji
Toeskouers: 43 257
Skeidsregter: Janny Sikazwe (Zambië)
Mertens 47'
Lukaku 69', 75'
Verslag

18 Junie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
 Tunisië1–2  EngelandWolgogradarena, Wolgograd
Toeskouers: 41 064
Skeidsregter: Wilmar Roldán (Colombia)
Sassi 35' (straf)Verslag 11', 90+1' Kane

23 Junie 2018
15:00 MSK (UTC+3)
 België5–2  TunisiëSpartakstadion, Moskou
Toeskouers: 44 190
Skeidsregter: Jair Marrufo (VSA)
E. Hazard 6' (straf), 51'
Lukaku 16', 45+3'
Batshuayi 90'
Verslag 18' Bronn
90+3' Khazri

24 Junie 2018
15:00 MSK (UTC+3)
 Engeland6–1  PanamaNizjni Nowgorod-stadion, Nizjni Nowgorod
Toeskouers: 43 319
Skeidsregter: Gehad Grisha (Egipte)
Stones 8', 40'
Kane 22' (straf), 45+1' (straf), 62'
Lingard 36'
Verslag 78' Baloy

28 Junie 2018
20:00 KALT (UTC+2)
 Engeland0–1  BelgiëKaliningradstadion, Kaliningrad
Toeskouers: 33 973
Skeidsregter: Damir Skomina (Slowenië)
Verslag 51' Januzaj

28 Junie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
 Panama1–2  TunisiëMordowië-arena, Saransk
Toeskouers: 37 168
Skeidsregter: Nawaf Shukralla (Bahrein)
Meriah 33' (e.d.)Verslag 51' F. Ben Youssef
66' Khazri

Groep H wysig

Wedstryd tussen Colombia en Japan
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Colombia320152+36
 Japan311144±04
 Senegal311144±04
 Pole310225–33

19 Junie 2018
15:00 MSK (UTC+3)
 Colombia1–2  JapanMordowië-arena, Saransk
Toeskouers: 40 842
Skeidsregter: Damir Skomina (Slowenië)
Quintero 39'Verslag 6' (straf) Kagawa
73' Osako

19 Junie 2018
18:00 MSK (UTC+3)
 Pole1–2  SenegalSpartakstadion, Moskou
Toeskouers: 44 190
Skeidsregter: Nawaf Shukralla (Bahrein)
Krychowiak 86'Verslag 37' (e.d.) Cionek
60' Niang

24 Junie 2018
20:00 YEKT (UTC+5)
 Japan2–2  SenegalJekaterinburgarena, Jekaterinburg
Toeskouers: 32 572
Skeidsregter: Gianluca Rocchi (Italië)
Inui 34'
Honda 78'
Verslag 11' Mané
71' Wagué

24 Junie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
 Pole0–3  ColombiaKazanarena, Kazan
Toeskouers: 42 873
Skeidsregter: César Arturo Ramos (Meksiko)
Verslag 40' Mina
70' Falcao
75' Ju. Cuadrado

28 Junie 2018
17:00 MSK (UTC+3)
 Japan0–1  PoleWolgogradarena, Wolgograd
Toeskouers: 42 189
Skeidsregter: Janny Sikazwe (Zambië)
Verslag 59' Bednarek

28 Junie 2018
18:00 SAMT (UTC+4)
 Senegal0–1  ColombiaSamara-arena, Samara
Toeskouers: 41 970
Skeidsregter: Milorad Mažić (Serwië)
Verslag 74' Mina

Uitklopfase wysig

Die agtste eindstryd tussen Frankryk en Argentinië
Die agtste eindstryd tussen Spanje en Rusland
Die eindstryd tussen Frankryk en Kroasië
Agtste eindrondteKwarteindrondteHalfeindrondteEindstryd
              
30 Junie – Sotsji      
   Uruguay 2
6 Julie – Nizjni Nowgorod
   Portugal 1 
   Uruguay 0
30 Junie – Kazan
    Frankryk 2 
   Frankryk 4
10 Julie – Sint Petersburg
   Argentinië 3 
   Frankryk 1
2 Julie – Samara
    België 0 
   Brasilië 2
6 Julie – Kazan
   Meksiko 0 
   Brasilië 1
2 Julie – Rostof aan die Don
    België 2 
   België 3
15 Julie – Moskou (Loezjniki)
   Japan 2 
   Frankryk 4
1 Julie – Moskou (Loezjniki)
    Kroasië 2
   Spanje 1
(3)
7 Julie – Sotsji
   Rusland 1
(4)
 
   Rusland 2
(3)
1 Julie – Nizjni Nowgorod
    Kroasië 2
(4)
 
   Kroasië 1
(3)
11 Julie – Moskou (Loezjniki)
   Denemarke 1
(2)
 
   Kroasië 2
3 Julie – Sint Petersburg
    Engeland 1 derde plek
   Swede 1
7 Julie – Samara14 Julie – Sint Petersburg
   Switserland 0 
   Swede 0   België 2
3 Julie – Moskou (Spartak)
    Engeland 2    Engeland 0
   Colombia 1
(3)
   Engeland 1
(4)
 

Agtste eindrondte wysig


30 Junie 2018
17:00 MSK (UTC+3)
 Frankryk4–3  ArgentiniëKazanarena, Kazan
Toeskouers: 42 873
Skeidsregter: Alireza Faghani (Iran)
Griezmann 13' (straf)
Pavard 57'
Mbappé 64', 68'
Verslag 41' Di María
48' Mercado
90+3' Agüero

30 Junie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
 Uruguay2–1  PortugalFishtstadion, Sotsji
Toeskouers: 44 287
Skeidsregter: César Arturo Ramos (Meksiko)
Cavani 7', 62'Verslag 55' Pepe

1 Julie 2018
17:00 MSK (UTC+3)
 Spanje1–1 (e.t.)  RuslandLoezjnikistadion, Moskou
Toeskouers: 78 011
Skeidsregter: Björn Kuipers (Nederland)
Ignasjewitsj 12' (e.d.)
Strafskoppe
Iniesta
Piqué
Koke
Ramos
Aspas
Verslag
Strafskoppe
3–4
41' (straf) Dzjoeba
Strafskoppe
Smolof
Ignasjewitsj
Golowin
Tsjerisjef

1 Julie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
 Kroasië1–1 (e.t.)  DenemarkeNizjni Nowgorod-stadion, Nizjni Nowgorod
Toeskouers: 40 851
Skeidsregter: Néstor Pitana (Argentinië)
Mandžukić 4'
Strafskoppe
Badelj
Kramarić
Modrić
Pivarić
Rakitić
Verslag
Strafskoppe
3–2
1' M. Jørgensen
Strafskoppe
Eriksen
Kjær
Krohn-Dehli
Schöne
N. Jørgensen

2 Julie 2018
18:00 SAMT (UTC+4)
 Brasilië2–0  MeksikoSamara-arena, Samara
Toeskouers: 41 970
Skeidsregter: Gianluca Rocchi (Italië)
Neymar 51'
Firmino 88'
Verslag

2 Julie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
 België3–2  JapanRostofarena, Rostof aan die Don
Toeskouers: 41 466
Skeidsregter: Malang Diedhiou (Senegal)
Vertonghen 69'
Fellaini 74'
Chadli 90+4'
Verslag 48' Haraguchi
52' Inui

3 Julie 2018
17:00 MSK (UTC+3)
 Swede1–0  SwitserlandSint Petersburg-stadion, Sint Petersburg
Toeskouers: 64 042
Skeidsregter: Damir Skomina (Slowenië)
Forsberg 66'Verslag

3 Julie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
 Colombia1–1 (e.t.)  EngelandSpartakstadion, Moskou
Toeskouers: 44 190
Skeidsregter: Mark Geiger (VSA)
Mina 90+3'
Strafskoppe
Falcao
Ju. Cuadrado
Muriel
Uribe
Bacca
Verslag
Strafskoppe
3–4
57' (straf) Kane
Strafskoppe
Kane
Rashford
Henderson
Trippier
Dier

Kwarteindrondte wysig


6 Julie 2018
17:00 MSK (UTC+3)
 Uruguay0–2  FrankrykNizjni Nowgorod-stadion, Nizjni Nowgorod
Toeskouers: 43 319
Skeidsregter: Néstor Pitana (Argentinië)
Verslag 40' Varane
61' Griezmann

6 Julie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
 Brasilië1–2  BelgiëKazanarena, Kazan
Toeskouers: 42 873
Skeidsregter: Milorad Mažić (Serwië)
Augusto 76'Verslag 13' (e.d.) Fernandinho
31' De Bruyne

7 Julie 2018
18:00 SAMT (UTC+4)
 Swede0–2  EngelandSamara-arena, Samara
Toeskouers: 39 991
Skeidsregter: Björn Kuipers (Nederland)
Verslag 30' Maguire
59' Alli

7 Julie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
 Rusland2–2 (e.t.)  KroasiëFishtstadion, Sotsji
Toeskouers: 44 287
Skeidsregter: Sandro Ricci (Brasilië)
Tsjerisjef 31'
Fernandes 115'
Strafskoppe
Smolof
Dzagoef
Fernandes
Ignasjewitsj
Koezjajef
Verslag
Strafskoppe
3–4
39' Kramarić
101' Vida
Strafskoppe
Brozović
Kovačić
Modrić
Vida
Rakitić

Halfeindrondte wysig


10 Julie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
 Frankryk1–0  BelgiëSint Petersburg-stadion, Sint Petersburg
Toeskouers: 64 286
Skeidsregter: Andrés Cunha (Uruguay)
Umtiti 51'Verslag

11 Julie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
 Kroasië2–1 (e.t.)  EngelandLoezjnikistadion, Moskou
Toeskouers: 78 011
Skeidsregter: Cüneyt Çakır (Turkye)
Perišić 68'
Mandžukić 109'
Verslag 5' Trippier

Klein finale (om die derde plek) wysig


14 Julie 2018
17:00 MSK (UTC+3)
 België2–0  EngelandSint Petersburg-stadion, Sint Petersburg
Toeskouers: 64 406
Skeidsregter: Alireza Faghani (Iran)
Meunier 4'
E. Hazard 82'
Verslag

Eindstryd wysig


15 Julie 2018
18:00 MSK (UTC+3)
 Frankryk4–2  KroasiëLoezjnikistadion, Moskou
Toeskouers: 78 011
Skeidsregter: Néstor Pitana (Argentinië)
Mandžukić 18' (e.d.)
Griezmann 38' (straf)
Pogba 59'
Mbappé 65'
Verslag 28' Perišić
69' Mandžukić


Sokkerwêreldkampioen 2018
 Frankryk

FIFA se ranglys wysig

Ná die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[24][25] Die ranglys vir die 2018-toernooi is soos gevolg:

Deelnemende spanne volgens ranglys:

   Kampioen

   Tweede plek

   Derde plek

   Vierde plek

   Kwarteindrondte

   Agtste eindrondte

   Groepfase

   Geen deelname

     Gasheerland Rusland
Die Franse nasionale sokkerspan nadat hulle die Sokker-Wêreldbekertrofee ingepalm het
RangSpanGroepWedWenGelVerDVDT+/–Pte
1  FrankrykC7610146+819
2  KroasiëD7421149+514
3  BelgiëG7601166+1018
4  EngelandG7313128+410
In die kwarteindrondte uitgeskakel
5  UruguayA540173+412
6  BrasiliëE531183+510
7  SwedeF530264+29
8  RuslandA5221117+48
In die agtste eindrondte uitgeskakel
9  ColombiaH421163+37
10  SpanjeB413076+16
11  DenemarkeC413032+16
12  MeksikoF420236–36
13  PortugalB412166±05
14  SwitserlandE412155±05
15  JapanH411267−14
16  ArgentiniëD411269−34
In die groepfase uitgeskakel
17  SenegalH311144±04
18  IranB311122±04
19  Suid-KoreaF310233±03
20  PeruC310222±03
21  NigeriëD310234–13
22  DuitslandF310224–23
 SerwiëE310224−23
24  PoleH310225–33
25  TunisiëG310258−33
26  Saoedi-ArabiëA310227−53
27  MarokkoB301224−21
28  AustraliëC301225−31
 Costa RicaE301225−31
 YslandD301225−31
31  EgipteA300326−40
32  PanamaG3003211−90

Meeste doele aangeteken wysig

Meeste doele aangeteken:[1]

RangSpelerDoele
1 Harry Kane6
2 Antoine Griezmann4
Romelu Lukaku4
Denis Tsjerisjef4
Cristiano Ronaldo4
Kylian Mbappé4
7 Artjom Dzjoeba3
Eden Hazard3
Mario Mandžukić3
Ivan Perišić3
Yerry Mina3
Diego Costa3
Edinson Cavani3
Harry Kane

Verwysings wysig

  1. 1,0 1,1 (en) "Goals scored". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Februarie 2020. Besoek op 24 Februarie 2020.
  2. (en) "Golden consolation for magical Modric". FIFA. 15 Julie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2019. Besoek op 20 Augustus 2018.
  3. (ru) Nikita Wyatchanin (14 Junie 2018). "В России стартовал чемпионат мира по футболу". pnp.ru. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 April 2020. Besoek op 20 Augustus 2018.
  4. (en) "FIFA Council votes for the introduction of a revamped FIFA Club World Cup". FIFA. 15 Maart 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2019. Besoek op 18 Maart 2019.
  5. (en) "2018 FIFA World Cup Russia™ – News – The favourites in focus – FIFA.com". FIFA. 10 Junie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 20 Augustus 2018.
  6. (en) "Germany out of tournament after losing to South Korea". BBC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Desember 2019. Besoek op 20 Augustus 2018.
  7. (en) "Fifa abandons World Cup rotation". BBC. 29 Oktober 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2020. Besoek op 20 Augustus 2018.
  8. (en) "FIFA World Cup™ host announcement decision" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 12 April 2019. Besoek op 20 Augustus 2018.
  9. (en) "In first, 4 Arab countries qualify for FIFA World Cup Finals". The Times of Israel. 12 November 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 20 Augustus 2018.
  10. (en) "2018 FIFA World Cup Bid Evaluation Report: Russia" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 18 April 2020. Besoek op 20 Augustus 2018.
  11. (en) "Luzhniki Stadium". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2020. Besoek op 20 Augustus 2018.
  12. (en) "Spartak Stadium". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2020. Besoek op 20 Augustus 2018.
  13. (en) "Saint Petersburg Stadium". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2020. Besoek op 20 Augustus 2018.
  14. (en) "Fisht Stadium". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2020. Besoek op 20 Augustus 2018.
  15. (en) "Samara Arena". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2020. Besoek op 20 Augustus 2018.
  16. (en) "Kazan Arena". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2020. Besoek op 20 Augustus 2018.
  17. (en) "Rostov Arena". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2020. Besoek op 20 Augustus 2018.
  18. (en) "Volgograd Arena". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2020. Besoek op 20 Augustus 2018.
  19. (en) "Nizhny Novgorod Stadium". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2020. Besoek op 20 Augustus 2018.
  20. (en) "Mordovia Arena". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2020. Besoek op 20 Augustus 2018.
  21. (en) "Ekaterinburg Arena". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Februarie 2020. Besoek op 20 Augustus 2018.
  22. (en) "Kaliningrad Stadium". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Februarie 2020. Besoek op 20 Augustus 2018.
  23. (en) "Formats of the FIFA World Cup final competitions" (PDF). FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 27 Februarie 2008.
  24. (en) "page 45" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op 20 Augustus 2018.
  25. (en) "FIFA World Cup: Milestones, facts & figures. Statistical Kit 7" (PDF). FIFA. 26 Maart 2013. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2013. Besoek op 21 Mei 2013.

Eksterne skakels wysig


Sokker-Wêreldbekertoernooie

Uruguay 1930Italië 1934Frankryk 19381942Brasilië 1950Switserland 1954Swede 1958Chili 1962Engeland 1966Meksiko 1970Wes-Duitsland 1974Argentinië 1978Spanje 1982Meksiko 1986Italië 1990Verenigde State 1994Frankryk 1998Suid-Korea/Japan 2002Duitsland 2006Suid-Afrika 2010Brasilië 2014Rusland 2018Katar 2022Kanada/Meksiko/Verenigde State 202620302034