FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010

Die 19de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Engels: FIFA World Cup South Africa 2010) is vanaf 11 Junie tot 11 Julie 2010 in Suid-Afrika aangebied. Dit was die eerste keer dat ’n Afrikaland die kans gekry het om hierdie tweede grootste sportfees ter wêreld (ná die Olimpiese Somerspele) te organiseer, nadat FIFA net aansoeke van dié vasteland toegelaat het; Suid-Afrika is bo Marokko en Egipte gekies.[3] Ná die Rugbywêreldbeker 1995 en die Krieketwêreldbeker 2003 was dit die derde Wêreldbekertoernooi in een van Suid-Afrika se gewildste sportsoorte; ná Engeland het Suid-Afrika die tweede land geword wat hierdie drie toernooie gehuisves het. Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 het as ’n voorbereiding vir die gasheerland gedien.

FIFA Sokker-Wêreldbeker
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010
FIFA World Cup South Africa 2010
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Datums 11 Junie – 11 Julie
Spanne 32 (van 6 konfederasies)
Stadions 10 (in 9 stede)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Spanje Spanje (1ste titels)
Tweede plek Vlag van Nederland Nederland
Derde plek Vlag van Duitsland Duitsland
Vierde plek Vlag van Uruguay Uruguay
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 64
Doele 145 (2.27 per wedstryd)
Bywoning 3 178 856 (49 670 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Uruguay Diego Forlán
Vlag van Duitsland Thomas Müller
Vlag van Nederland Wesley Sneijder
Vlag van Spanje David Villa
(5 doele elk)[1]
Beste speler Vlag van Uruguay Diego Forlán[2]
2006
2014
Die Sokker-Wêreldbekertrofee waarom meegeding is

32 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 deelgeneem. Die spanne is in agt groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die agtste eindrondte deurgedring het. Spanje het die trofee gewen nadat hulle Nederland op 11 Julie in Johannesburg se Sokkerstad met 1–0 in ekstra tyd geklop en sodoende hul eerste wêreldbekertitel ingepalm het. Spanje het die agtste nasie geword om ’n Wêreldbekertoernooi te wen en die eerste Europese span wat dit buite Europa vermag het. Al die vorige toernooie buite Europa is deur Suid-Amerikaanse spanne gewen. Met sy verowering van die wêreldbekertitel het Spanje regstreeks vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 in Brasilië gekwalifiseer. Duitsland het in die derde en Uruguay in die vierde plek geëindig. Die verdedigende kampioen Italië is reeds in die groepfase uitgeskakel; dieselfde lot wat voorheen Brasilië in 1966 en Frankryk in 2002 toegeval het.

Suid-Afrika is reeds in die groepsfase uitgeskakel: die eerste gasheerland in die Sokker-Wêreldbekertoernooi-geskiedenis wat nie na die uitklopfase kon deurdring nie. Die nasionale sokkerspan van Slowakye het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem. Hulle het vroeër deel uitgemaak van die Tsjeggo-Slowaakse nasionale sokkerspan. Serwië het vir die eerste keer onder dié naam aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem, nadat hul vroeër as Joego-Slawië en aansluitend as Serwië en Montenegro gespeel het.

Toewysing wysig

Danny Jordaan, hoof van die Suid-Afrikaanse reëlingskomitee
Openingseremonie van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 in Johannesburg se Sokkerstad
Aanhangers van Bafana-Bafana, soos die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan algemeen bekend staan, kyk tydens die Sokker-Wêreldbeker na ’n grootskerm wat deur FIFA in Soweto opgerig is

Suid-Afrika is op 15 Mei 2004 in Zürich deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010. Volgens FIFA se rotasiestelsel vir die Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 is slegs aansoeke van Afrikalande aanvaar. Naas Suid-Afrika het Egipte en Marokko ook vir die toernooi gebie. ’n Gesamentlike bod van Libië en Tunisië is nie deur FIFA goedgekeur nie. Libië het onder meer duidelik gemaak dat ’n deelname van Israel nie aanvaar sou wees nie. Volgens ’n verklaring van FIFA was Libië se infrastruktuur heeltemal ontoereikend vir ’n wêreldbekertoernooi. Nigerië het sy bod reeds vroeër teruggetrek. Suid-Afrika het in die eerste rondte van die stemming met veertien stemme teenoor Marokko se tien gewen. Egipte het geen stem gekry nie.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010[4]
LandRondte 1
 Suid-Afrika14
 Marokko10
 Egipte0

Kwalifisering wysig

Die gasheer Suid-Afrika het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 gekwalifiseer. Van die 31 oorblywende plekke is 13 vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, vyf vir CAF (Afrika), vier vir CONMEBOL (Suid-Amerika), vier vir AFC (Asië) en drie vir CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika). Twee plekke is tydens uitspeelwedstryde tussen AFC en OFC (Oseanië), asook tussen CONCACAF en CONMEBOL beslis.

Kwalifiserende spanne wysig

Die volgende 32 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:[5]

Uitslag van die kwalifisering:

   Geen deelname

   Nie ’n geassosieerde lid van FIFA nie

   Land het nie gekwalifiseer nie

   Land het gekwalifiseer

SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie
 Algerië3de11986Groepfase (1982, 1986)
 Argentinië15de102006Kampioen (1978, 1986)
 Australië3de22006Agtste eindrondte (2006)
 Brasilië19de192006Kampioen (1958, 1962, 1970, 1994, 2002)
 Chili8ste11998Derde plek (1962)
 Denemarke4de12002Kwarteindrondte (1998)
 Duitsland17de152006Kampioen (1954, 1974, 1990)
 Engeland13de42006Kampioen (1966)
 Frankryk13de42006Kampioen (1998)
 Ghana2de22006Agtste eindrondte (2006)
 Griekeland2de11994Groepfase (1994)
 Honduras2de11982Groepfase (1982)
 Italië17de132006Kampioen (1934, 1938, 1982, 2006)
 Ivoorkus2de22006Groepfase (2006)
 Japan4de42006Agtste eindrondte (2002)
 Kameroen6de12002Kwarteindrondte (1990)
 Meksiko14de52006Kwarteindrondte (1970, 1986)
 Nederland9de22006Naaswenner (1974, 1978)
 Nigerië4de12002Agtste eindrondte (1994, 1998)
 Nieu-Seeland2de11982Groepfase (1982)
 Noord-Korea2de11966Kwarteindrondte (1966)
 Paraguay8ste42006Agtste eindrondte (1986, 1998, 2002)
 Portugal5de32006Derde plek (1966)
 Serwië11de22006Vierde plek (1930, 1962)
 Slowakye1ste1Debuut
 Slowenië2de12002Groepfase (2002)
 Spanje13de92006Vierde plek (1950)
 Suid-Afrika3de12002Groepfase (1998, 2002)
 Suid-Korea8ste72006Vierde plek (2002)
 Switserland9de22006Kwarteindrondte (1934, 1938, 1954)
 Uruguay11de12002Kampioen (1930, 1950)
 Verenigde State9de62006Derde plek (1930)

Aanbieding wysig

Gasheerstede en -stadions wysig

Die organiseerders het in 2005 ’n lys van elf stede en dertien stadions vrygestel, waarvan uiteindelik tien vir die toernooi gekies sou word: Bloemfontein, Durban, Johannesburg (twee stadions), Kaapstad, Kimberley, Nelspruit, Orkney, Polokwane (Pietersburg), Port Elizabeth, Pretoria (twee stadions) en Rustenburg.

Op 17 Maart 2006 het FIFA die amptelike lys van gasheerstede en -stadions bekend gestel:

JohannesburgKaapstadDurbanJohannesburg
ENB-stadion[6]
(Sokkerstad)
Kaapstad-stadion
(Groenpunt-stadion)
Moses Mabhidastadion
(Durbanstadion)
Ellispark-stadion
26°14′5.3″S 27°58′56.6″O / 26.234806°S 27.982389°O / -26.234806; 27.982389 (Sokkerstad)33°54′12.4″S 18°24′40.1″O / 33.903444°S 18.411139°O / -33.903444; 18.411139 (Kaapstad-stadion)29°49′44.4″S 31°1′49.3″O / 29.829000°S 31.030361°O / -29.829000; 31.030361 (Moses Mabhidastadion)26°11′51.2″S 28°3′38.7″O / 26.197556°S 28.060750°O / -26.197556; 28.060750 (Ellispark-stadion)
Kapasiteit: 84 490Kapasiteit: 64 100Kapasiteit: 62 760Kapasiteit: 55 686
Pretoria
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 (Suid-Afrika)
Port Elizabeth
Loftus VersfeldNelson Mandelabaaistadion
25°45′11.8″S 28°13′22.6″O / 25.753278°S 28.222944°O / -25.753278; 28.222944 (Loftus Versfeld)33°56′16.1″S 25°35′58.3″O / 33.937806°S 25.599528°O / -33.937806; 25.599528 (Nelson Mandelabaaistadion)
Kapasiteit: 42 858Kapasiteit: 42 486
PolokwaneNelspruitBloemfonteinRustenburg
Peter Mokaba-stadionMbombela-stadionVrystaatstadionRoyal Bafokeng-stadion
23°55′29.1″S 29°28′7.7″O / 23.924750°S 29.468806°O / -23.924750; 29.468806 (Peter Mokaba-stadion)25°27′42″S 30°55′47″O / 25.46167°S 30.92972°O / -25.46167; 30.92972 (Mbombela-stadion)29°7′3″S 26°12′32″O / 29.11750°S 26.20889°O / -29.11750; 26.20889 (Vrystaatstadion)25°34′43.5″S 27°9′39.4″O / 25.578750°S 27.160944°O / -25.578750; 27.160944 (Royal Bafokeng-stadion)
Kapasiteit: 41 733Kapasiteit: 40 929Kapasiteit: 40 911Kapasiteit: 38 646

Die eindwedstryd van die Sokker-Wêreldbekertoernooi het in Sokkerstad (ook bekend as die FNB-Stadion of “Soccer City”) plaasgevind. Die stadion is voor die toernooi gemoderniseer en van ’n dak voorsien. Sy kapasiteit is ook na 95 000 sitplekke verhoog.

Gelukbringer wysig

Op 22 September 2008 is die 2010-wêreldbeker se gelukbringer bekendgestel. Sy naam is Zakumi en hy is ’n groen luiperd.[7]

Organisasie wysig

Polisie patrolleer in Blikkiesdorp, ’n nedersetting vir die uitgesette
Produksieset van die FIFA se internasionale uitsendingssentrum tydens die geleentheid

’n Groep inspekteurs van FIFA het in hul verslaggewing bevestig dat die standaard van Suid-Afrika se vervoerstelsel, telekommunikasie, hotelle en mediese fasiliteite op ’n baie hoë peil en dus goed toegerus is vir die toernooi. Nogtans is die veiligheidsituasie in die land as ’n groot probleem beskou. FIFA het egter daarop vertrou dat die Suid-Afrikaanse regering oor die middele en die kundigheid beskik om as gasheer van die toernooi op te tree.

Die toernooi is deur die meeste Suid-Afrikaners as ’n kans beskou om die proses van demokratisering en etniese versoening te bevorder. Volgens Suid-Afrika se bod sou die totale beleggings in verband met die toernooi VS$ 825 miljoen beloop. Die organisasiekomitee het beraam dat die inkomste in verband met kaartjieverkope €467 miljoen sou wees. Plaaslike borge se bydraes sou 47 miljoen beloop.

Die pryse vir kaartjies het tussen VS$ 20 en 1083 beloop, tog was die groep van inspekteurs van mening dat die kaartjieverkope hersien sou moet word, aangesien toegangsgelde vir plaaslike sokkerwedstryde gewoonlik tussen twee en tien dollar beloop het.

Infrastruktuur wysig

Die internasionale lughawens in Johannesburg, Kaapstad en Durban is voor die wêreldbekertoernooi vergroot om die groot aantal passasiers te kon hanteer. Daar is altesame tien lughawens, wat geskik is vir groot passasiervliegtuie. ’n Nuwe snelspoorlyn, die Gautrein, het treinpassasiers tussen Pretoria, Johannesburg en O.R. Tambo Internasionale Lughawe vervoer. Die bestaande spoorwegnet van meer as 20 000 kilometer is ook gemoderniseer.

Probleme wysig

In die winter van 2006 was die boubedrywighede by die vier nuwe stadions en die modernisering van die bestaande geriewe egter nog nie begin nie. Persberigte, waarvolgens FIFA reeds oorweeg het om die toernooi na ’n ander land te verskuif, was volgens die organisasie op vals gerugte gegrond.

Die oorverdowende geraas van toeskouers wat die Vuvuzela tydens wedstryde blaas kon deurgaans gehoor word. Ná verskeie klagtes het FIFA besluit om nie die blaasinstrument tydens wedstryde te verban nie, aangesien dit as ’n inheemse kulturele element beskou is.

Formaat wysig

Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 is oor 31 dae tussen 32 verskillende nasies oor 64 wedstryde uitgespeel. Dit het op 11 Junie 2010 op Sokkerstad in Johannesburg met ’n wedstryd tussen die gasheer Suid-Afrika en Meksiko afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 11 Julie met die eindstryd tussen Nederland en Spanje, waartydens Spanje die Sokker-Wêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006 ingespan.[8]

Kalender wysig

Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Junie
Vr
11
Sa
12
So
13
Ma
14
Di
15
Wo
16
Do
17
Vr
18
Sa
19
So
20
Ma
21
Di
22
Wo
23
Do
24
Vr
25
SeremoniesOS
Groep A2112
Groep B222
Groep C1122
Groep D2112
Groep E222
Groep F1122
Groep G2112
Groep H222
Uitklopfase
Junie/Julie
Sa
26
So
27
Ma
28
Di
29
Wo
30
Do
1
Vr
2
Sa
3
So
4
Ma
5
Di
6
Wo
7
Do
8
Vr
9
Sa
10
So
11
SeremoniesSS
Uitklopfase2222221111
Legende

   Seremonies

   Groepwedstryde

   Uitklopfase

   Derde plek

   Eindstryd

Groepfase wysig

Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 is deur 32 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 32 deelnemende spanne in agt groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Een vir ’n gelykop;
  • geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.

Uitklopfase wysig

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit 16 wedstryde bestaan het: agt agtste eindstryde, vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die agtste eindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep A het teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B het teen die naaswenner van Groep A gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.

Wedstryde wysig

Kwalifiseer vir die uitklopfase.
Uit die toernooi geskakel.

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 4 Desember 2009 in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum gehou.

Groepfase wysig

32 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A wysig

Wedstryd tussen Frankryk en Meksiko
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Uruguay321040+47
 Meksiko311132+14
 Suid-Afrika311135–24
 Frankryk301214–31

11 Junie 2010
16:00
 Suid-Afrika1–1  MeksikoSokkerstad, Johannesburg
Toeskouers: 84 490
Skeidsregter: Rawshan Irmatof (Oesbekistan)
Tshabalala 55'Verslag 79' Marquez

11 Junie 2010
20:30
 Uruguay0–0  FrankrykKaapstad-stadion, Kaapstad
Toeskouers: 64 100
Skeidsregter: Yuichi Nishimura (Japan)
Verslag

16 Junie 2010
20:30
 Suid-Afrika0–3  UruguayLoftus Versfeld, Pretoria
Toeskouers: 42 658
Skeidsregter: Massimo Bussaca (Switserland)
Verslag 24', 80' (straf) Forlán
90+5' Á. Pereira

17 Junie 2010
20:30
 Frankryk0–2  MeksikoPeter Mokaba-stadion, Polokwane
Toeskouers: 35 370
Skeidsregter: Khalil Ibrahim Al Ghamdi (Saoedi-Arabië)
Verslag 64' Hernández
79' (straf) Blanco

22 Junie 2010
16:00
 Meksiko0–1  UruguayRoyal Bafokeng-stadion, Rustenburg
Toeskouers: 33 425
Skeidsregter: Viktor Kassai (Hongarye)
Verslag 43' Suárez

22 Junie 2010
16:00
 Frankryk1–2  Suid-AfrikaVrystaatstadion, Bloemfontein
Toeskouers: 39 415
Skeidsregter: Oscar Ruiz (Colombia)
Malouda 70'Verslag 20' Khumalo
37' Mphela

Groep B wysig

Wedstryd tussen Nigerië en Suid-Korea
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Argentinië330071+69
 Suid-Korea311156–14
 Griekeland310225–33
 Nigerië301235–21

12 Junie 2010
13:30
 Suid-Korea2–0  GriekelandNelson Mandelabaaistadion, Port Elizabeth
Toeskouers: 31 513
Skeidsregter: Michael Hester (Nieu-Seeland)
Lee Jung-soo 7'
Park Ji-sung 52'
Verslag

12 Junie 2010
16:00
 Argentinië1–0  NigeriëEllispark-stadion, Johannesburg
Toeskouers: 55 686
Skeidsregter: Wolfgang Stark (Duitsland)
Heinze 6'Verslag

17 Junie 2010
13:30
 Argentinië4–1  Suid-KoreaSokkerstad, Johannesburg
Toeskouers: 82 174
Skeidsregter: Frank De Bleeckere (België)
Park Chu-young 17' (e.d.)
Higuaín 33', 76', 80'
Verslag 45+1' Lee Chung-yong

17 Junie 2010
16:00
 Griekeland2–1  NigeriëVrystaatstadion, Bloemfontein
Toeskouers: 31 593
Skeidsregter: Óscar Ruiz (Colombia)
Salpigidis 44'
Torosidis 71'
Verslag 16' Uche

22 Junie 2010
20:30
 Nigerië2–2  Suid-KoreaMoses Mabhidastadion, Durban
Toeskouers: 61 874
Skeidsregter: Olegário Benquerença (Portugal)
Uche 12'
Yakubu 69' (straf)
Verslag 38' Lee Jung-soo
49' Park Chu-young

22 Junie 2010
20:30
 Griekeland0–2  ArgentiniëPeter Mokaba-stadion, Polokwane
Toeskouers: 38 891
Skeidsregter: Rawshan Irmatof (Oesbekistan)
Verslag 77' Demichelis
89' Palermo

Groep C wysig

Wedstryd tussen Engeland en Algerië
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Verenigde State312043+15
 Engeland312021+15
 Slowenië311133±04
 Algerië301202–21

12 Junie 2010
20:30
 Engeland1–1  Verenigde StateRoyal Bafokeng-stadion, Rustenburg
Toeskouers: 38 646
Skeidsregter: Carlos Simon (Brasilië)
Gerrard 4'Verslag 40' Dempsey

13 Junie 2010
13:30
 Algerië0–1  SloweniëPeter Mokaba-stadion, Polokwane
Toeskouers: 30 325
Skeidsregter: Carlos Batres (Guatemala)
Verslag 79' Koren

18 Junie 2010
16:00
 Slowenië2–2  Verenigde StateEllispark-stadion, Johannesburg
Toeskouers: 45 573
Skeidsregter: Koman Coulibaly (Mali)
Birsa 13'
Ljubijankič 42'
Verslag 48' Donovan
82' Bradley

18 Junie 2010
20:30
 Engeland0–0  AlgeriëKaapstad-stadion, Kaapstad
Toeskouers: 64 100
Skeidsregter: Rawshan Irmatof (Oesbekistan)
Verslag

23 Junie 2010
16:00
 Slowenië0–1  EngelandNelson Mandelabaaistadion, Port Elizabeth
Toeskouers: 36 893
Skeidsregter: Wolfang Stark (Duitsland)
Verslag 23' Defoe

23 Junie 2010
16:00
 Verenigde State1–0  AlgeriëLoftus Versfeld, Pretoria
Toeskouers: 35 827
Skeidsregter: Frank De Bleeckere (België)
Donovan 90+1'Verslag

Groep D wysig

Wedstryd tussen Duitsland en Australië
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Duitsland320151+46
 Ghana311122±04
 Australië311136–34
 Serwië310223–13

13 Junie 2010
16:00
 Serwië0–1  GhanaLoftus Versfeld, Pretoria
Toeskouers: 38 833
Skeidsregter: Héctor Baldassi (Argentinië)
Verslag 85' (straf) Gyan

13 Junie 2010
20:30
 Duitsland4–0  AustraliëMoses Mabhidastadion, Durban
Toeskouers: 62 660
Skeidsregter: Marco Antonio Rodríguez (Meksiko)
Podolski 8'
Klose 26'
Müller 68'
Cacau 70'
Verslag

18 Junie 2010
13:30
 Duitsland0–1  SerwiëNelson Mandelabaaistadion, Port Elizabeth
Toeskouers: 38 294
Skeidsregter: Alberto Undiano Mallenco (Spanje)
Verslag 38' Jovanović

19 Junie 2010
16:00
 Ghana1–1  AustraliëRoyal Bafokeng-stadion, Rustenburg
Toeskouers: 34 812
Skeidsregter: Roberto Rosetti (Italië)
Gyan 25' (straf)Verslag 11' Holman

23 Junie 2010
20:30
 Ghana0–1  DuitslandSokkerstad, Johannesburg
Toeskouers: 83 391
Skeidsregter: Carlos Simon (Brasilië)
Verslag 60' Özil

23 Junie 2010
20:30
 Australië2–1  SerwiëMbombela-stadion, Nelspruit
Toeskouers: 37 836
Skeidsregter: Jorge Larrionda (Uruguay)
Cahill 69'
Holman 73'
Verslag 84' Pantellić

Groep E wysig

Wedstryd tussen Nederland en Japan
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Nederland330051+49
 Japan320142+26
 Denemarke310236–33
 Kameroen300325–30

14 Junie 2010
13:30
 Nederland2–0  DenemarkeSokkerstad, Johannesburg
Toeskouers: 83 465
Skeidsregter: Stephane Lannoy (Frankryk)
Agger 46' (e.d.)
Kuyt 85'
Verslag

14 Junie 2010
16:00
 Japan1–0  KameroenVrystaatstadion, Bloemfontein
Toeskouers: 30 620
Skeidsregter: Olegário Benquerença (Portugal)
Honda 39'Verslag

19 Junie 2010
13:30
 Nederland1–0  JapanMoses Mabhidastadion, Durban
Toeskouers: 62 010
Skeidsregter: Héctor Baldassi (Argentinië)
Sneijder 53'Verslag

19 Junie 2010
20:30
 Kameroen1–2  DenemarkeLoftus Versfeld, Pretoria
Toeskouers: 38 704
Skeidsregter: Jorge Larrionda (Uruguay)
Eto'o 10'Verslag 33' Bendtner
61' Rommedahl

24 Junie 2010
20:30
 Denemarke1–3  JapanRoyal Bafokeng-stadion, Rustenburg
Toeskouers: 27 967
Skeidsregter: Jerome Damon (Suid-Afrika)
Tomasson 81'Verslag 17' Honda
30' Endō
87' Okazaki

24 Junie 2010
20:30
 Kameroen1–2  NederlandKaapstad-stadion, Kaapstad
Toeskouers: 63 093
Skeidsregter: Pablo Pozo (Chili)
Eto'o 65' (straf)Verslag 36' Van Persie
83' Huntelaar

Groep F wysig

Wedstryd tussen Slowakye en Italië
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Paraguay312031+25
 Slowakye311145–14
 Nieu-Seeland303022±03
 Italië302145–12

14 Junie 2010
20:30
 Italië1–1  ParaguayKaapstad-stadion, Kaapstad
Toeskouers: 62 869
Skeidsregter: Benito Archundia (Meksiko)
De Rossi 63'Verslag 39' Alcaraz

15 Junie 2010
13:30
 Nieu-Seeland1–1  SlowakyeRoyal Bafokeng-stadion, Rustenburg
Toeskouers: 23 871
Skeidsregter: Jerome Damon (Suid-Afrika)
Reid 90+3'Verslag 50' Vittek

20 Junie 2010
13:30
 Slowakye0–2  ParaguayVrystaatstadion, Bloemfontein
Toeskouers: 26 643
Skeidsregter: Eddy Maillet (Seychelle)
Verslag 27' Vera
86' Riveros

20 Junie 2010
16:00
 Italië1–1  Nieu-SeelandMbombela-stadion, Nelspruit
Toeskouers: 38 229
Skeidsregter: Carlos Batres (Guatemala)
Iaquinta 29' (straf)Verslag 7' Smeltz

24 Junie 2010
16:00
 Slowakye3–2  ItaliëEllispark-stadion, Johannesburg
Toeskouers: 53 412
Skeidsregter: Howard Webb (Engeland)
Vittek 25', 73'
Kopúnek 89'
Verslag 81' Di Natale
90+2' Quagliarella

24 Junie 2010
16:00
 Paraguay0–0  Nieu-SeelandPeter Mokaba-stadion, Polokwane
Toeskouers: 34 850
Skeidsregter: Yūichi Nishimura (Japan)
Verslag

Groep G wysig

Wedstryd tussen Brasilië en Ivoorkus
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Brasilië321052+37
 Portugal312070+75
 Ivoorkus311143+14
 Noord-Korea3003112–110

15 Junie 2010
16:00
 Ivoorkus0–0  PortugalNelson Mandelabaaistadion, Port Elizabeth
Toeskouers: 37 034
Skeidsregter: Jorge Larrionda (Uruguay)
Verslag

15 Junie 2010
20:30
 Brasilië2–1  Noord-KoreaEllispark-stadion, Johannesburg
Toeskouers: 54 331
Skeidsregter: Viktor Kassai (Hongarye)
Maicon 55'
Elano 72'
Verslag 89' Ji Yun-nam

20 Junie 2010
20:30
 Brasilië3–1  IvoorkusSokkerstad, Johannesburg
Toeskouers: 84 455
Skeidsregter: Stephane Lannoy (Frankryk)
Luís Fabiano 25', 50'
Elano 62'
Verslag 79' Drogba

21 Junie 2010
13:30
 Portugal7–0  Noord-KoreaKaapstad-stadion,Kaapstad
Toeskouers: 63 644
Skeidsregter: Pablo Pozo (Chili)
Meireles 29'
Simão 53'
Almeida 56'
Tiago 60', 89'
Liédson 81'
Ronaldo 87'
Verslag

25 Junie 2010
16:00
 Portugal0–0  BrasiliëMoses Mabhidastadion, Durban
Toeskouers: 62 712
Skeidsregter: Benito Archundia (Meksiko)
Verslag

25 Junie 2010
16:00
 Noord-Korea0–3  IvoorkusMbombela-stadion, Nelspruit
Toeskouers: 34 763
Skeidsregter: Alberto Undiano Mallenco (Spanje)
Verslag 14' Y. Toure
20' Romaric
82' Kalou

Groep H wysig

Wedstryd tussen Spanje en Switserland
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Spanje320142+26
 Chili320132+16
 Switserland311111±04
 Honduras301203–31

16 Junie 2010
13:30
 Honduras0–1  ChiliMbombela-stadion, Nelspruit
Toeskouers: 32 664
Skeidsregter: Eddy Maillet (Seychelle)
Verslag 34' Beausejour

16 Junie 2010
16:00
 Spanje0–1  SwitserlandMoses Mabhidastadion, Durban
Toeskouers: 62 453
Skeidsregter: Howard Webb (Engeland)
Verslag 52' Fernandes

21 Junie 2010
16:00
 Chili1–0  SwitserlandNelson Mandelabaaistadion, Port Elizabeth
Toeskouers: 34 872
Skeidsregter: Khalil Al Ghamdi (Saoedi-Arabië)
González 75'Verslag

21 Junie 2010
20:30
 Spanje2–0  HondurasEllispark-stadion, Johannesburg
Toeskouers: 54 386
Skeidsregter: Yuichi Nishimura (Japan)
Villa 17', 51'Verslag

25 Junie 2010
20:30
 Chili1–2  SpanjeLoftus Versfeld, Pretoria
Toeskouers: 41 958
Skeidsregter: Marco Rodríguez (Meksiko)
Millar 47'Verslag 24' Villa
37' Iniesta

25 Junie 2010
20:30
 Switserland0–0  HondurasVrystaatstadion, Bloemfontein
Toeskouers: 28 042
Skeidsregter: Héctor Baldassi (Argentinië)
Verslag

Uitklopfase wysig

Die agtste eindstryd tussen die Verenigde State en Ghana
Die kwarteindstryd tussen Argentinië en Duitsland
Die nasionale sokkerspanne van Nederland en Spanje net voor die afskop van die eindstryd
Agtste eindrondteKwarteindrondteHalfeindrondteEindstryd
              
26 Junie – Port Elizabeth      
   Uruguay 2
2 Julie – Johannesburg
   Suid-Korea 1 
   Uruguay 1
(4)
26 Junie – Rustenburg
    Ghana 1
(2)
 
   Verenigde State 1
6 Julie – Kaapstad
   Ghana 2 
   Uruguay 2
28 Junie – Durban
    Nederland 3 
   Nederland 2
2 Julie – Port Elizabeth
   Slowakye 1 
   Nederland 2
28 Junie – Johannesburg
    Brasilië 1 
   Brasilië 3
11 Julie – Johannesburg
   Chili 0 
   Nederland 0
27 Junie – Johannesburg
    Spanje 1
   Argentinië 3
3 Julie – Kaapstad
   Meksiko 1 
   Argentinië 0
27 Junie – Bloemfontein
    Duitsland 4 
   Duitsland 4
7 Julie – Durban
   Engeland 1 
   Duitsland 0
29 Junie – Pretoria
    Spanje 1 derde plek
   Paraguay 0
(5)
3 Julie – Johannesburg10 Julie – Port Elizabeth
   Japan 0
(3)
 
   Paraguay 0   Uruguay 2
29 Junie – Kaapstad
    Spanje 1    Duitsland 3
   Spanje 1
   Portugal 0 

Agtste eindrondte wysig


26 Junie 2010
16:00
 Uruguay2–1  Suid-KoreaNelson Mandelabaaistadion, Port Elizabeth
Toeskouers: 30 597
Skeidsregter: Wolfgang Stark (Duitsland)
Suárez 8', 80'Verslag 68' Lee Chung-yong

26 Junie 2010
20:30
 Verenigde State1–2 (e.t.)  GhanaRoyal Bafokeng-stadion, Rustenburg
Toeskouers: 34 976
Skeidsregter: Viktor Kassai (Hongarye)
Donovan 62' (straf)Verslag 5' Prince
93' Gyan

27 Junie 2010
16:00
 Duitsland4–1  EngelandVrystaatstadion, Bloemfontein
Toeskouers: 40 510
Skeidsregter: Jorge Larrionda (Uruguay)
Klose 20'
Podolski 32'
Müller 67', 70'
Verslag 37' Upson

27 Junie 2010
20:30
 Argentinië3–1  MeksikoSokkerstad, Johannesburg
Toeskouers: 84 377
Skeidsregter: Roberto Rosetti (Italië)
Tévez 26', 52'
Higuaín 33'
Verslag 71' Hernández

28 Junie 2010
16:00
 Nederland2–1  SlowakyeMoses Mabhidastadion, Durban
Toeskouers: 61 962
Skeidsregter: Alberto Undiano Mallenco (Spanje)
Robben 18'
Sneijder 84'
Verslag 90+4' (straf) Vittek

28 Junie 2010
20:30
 Brasilië3–0  ChiliEllispark-stadion, Johannesburg
Toeskouers: 54 096
Skeidsregter: Howard Webb (Engeland)
Juan 34'
Luís Fabiano 38'
Robinho 59'
Verslag

29 Junie 2010
16:00
 Paraguay0–0 (e.t.)  JapanLoftus Versfeld, Pretoria
Toeskouers: 36 742
Skeidsregter: Frank De Bleeckere (België)

Strafskoppe
Barreto
Barrios
Riveros
Valdez
Cardozo
Verslag
Strafskoppe
5–3

Strafskoppe
Endō
Hasebe
Komano
Honda

29 Junie 2010
20:30
 Spanje1–0  PortugalKaapstad-stadion,Kaapstad
Toeskouers: 62 955
Skeidsregter: Héctor Baldassi (Argentinië)
Villa 63'Verslag

Kwarteindrondte wysig


2 Julie 2010
16:00
 Nederland2–1  BrasiliëNelson Mandelabaaistadion, Port Elizabeth
Toeskouers: 40 186
Skeidsregter: Yuichi Nishimura (Japan)
Sneijder 53', 68'Verslag 10' Robinho

2 Julie 2010
20:30
 Uruguay1–1 (e.t.)  GhanaSokkerstad, Johannesburg
Toeskouers: 84 017
Skeidsregter: Olegario Benquerenca (Portugal)
Forlán 55'
Strafskoppe
Forlán
Victorino
Scotti
M. Pereira
Abreu
Verslag
Strafskoppe
4–2
45+2' Muntari
Strafskoppe
Gyan
Appiah
Mensah
Ayidiah

3 Julie 2010
16:00
 Argentinië0–4  DuitslandKaapstad-stadion, Kaapstad
Toeskouers: 64 100
Skeidsregter: Rawshan Irmatof (Oesbekistan)
Verslag 3' Müller
68', 89' Klose
74' Friedrich

3 Julie 2010
20:30
 Paraguay0–1  SpanjeEllispark-stadion, Johannesburg
Toeskouers: 55 359
Skeidsregter: Carlos Batres (Guatemala)
Verslag 83' Villa

Halfeindrondte wysig


6 Julie 2010
20:30
 Uruguay2–3  NederlandKaapstad-stadion, Kaapstad
Toeskouers: 62 479
Skeidsregter: Rawshan Irmatof (Oesbekistan)
Forlán 41'
M. Pereira 90+2'
Verslag 18' Van Bronckhorst
70' Sneijder
73' Robben

7 Julie 2010
20:30
 Duitsland0–1  SpanjeMoses Mabhidastadion, Durban
Toeskouers: 60 960
Skeidsregter: Viktor Kassai (Hongarye)
Verslag 73' Puyol

Klein finale (om die derde plek) wysig


10 Julie 2010
20:30
 Uruguay2–3  DuitslandNelson Mandelabaaistadion, Port Elizabeth
Toeskouers: 36 254
Skeidsregter: Benito Archundia (Meksiko)
Cavani 28'
Forlán 51'
Verslag 19' Müller
56' Jansen
82' Khedira

Eindstryd wysig


11 Julie 2010
20:30
 Nederland0–1 (e.t.)  SpanjeSokkerstad, Johannesburg
Toeskouers: 84 490
Skeidsregter: Howard Webb (Engeland)
Verslag 116' Iniesta


Sokkerwêreldkampioen 2010
 Spanje

FIFA se ranglys wysig

Ná die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[9][10] Die ranglys vir die 2010-toernooi is soos gevolg:

Deelnemende spanne volgens ranglys:

   Kampioen

   Tweede plek

   Derde plek

   Vierde plek

   Kwarteindrondte

   Agtste eindrondte

   Groepfase

   Geen deelname

     Gasheerland Suid-Afrika
Die Spaanse nasionale sokkerspan nadat hulle die Sokker-Wêreldbekertrofee ingepalm het
RangSpanGroepWedWenGelVerDVDT+/–Pte
1  SpanjeH760182+618
2  NederlandE7601126+618
3  DuitslandD7502165+1115
4  UruguayA7322118+311
In die kwarteindrondte uitgeskakel
5  ArgentiniëB5401106+412
6  BrasiliëG531194+510
7  GhanaD522154+18
8  ParaguayF513132+16
In die agtste eindrondte uitgeskakel
9  JapanE421142+27
10  ChiliH420235−26
11  PortugalG412171+65
12  Verenigde StateC412155±05
13  EngelandC412135−25
14  MeksikoA411245−14
15  Suid-KoreaB411268−24
16  SlowakyeF411257−24
In die groepfase uitgeskakel
17  IvoorkusG311143+14
18  SloweniëC311133±04
19  SwitserlandH311111±04
20  Suid-AfrikaA311135−24
21  AustraliëD311136−34
22  Nieu-SeelandF303022±03
23  SerwiëD310223−13
24  DenemarkeE310236−33
25  GriekelandB310225−33
26  ItaliëF302145−12
27  NigeriëB301235−21
28  AlgeriëC301202−21
29  FrankrykA301214−31
30  HondurasH301203−31
31  KameroenE300325−30
32  Noord-KoreaG3003112−110

Meeste doele aangeteken wysig

Meeste doele aangeteken:[1]

RangSpelerDoele
1 Thomas Müller5
David Villa5
Wesley Sneijder5
Diego Forlán5
5 Gonzalo Higuaín4
Róbert Vittek4
Miroslav Klose4
8 Luis Suárez3
Landon Donovan3
Luís Fabiano3
Asamoah Gyan3
12 Javier Hernández Balcázar2
Lukas Podolski2
RangSpelerDoele
12 Elano2
Tiago2
Robinho2
Arjen Robben2
Keisuke Honda2
Brett Holman2
Kalu Uche2
Samuel Eto'o2
Carlos Tévez2
Lee Chung-yong2
Lee Jung-soo2
Andrés Iniesta2

Sien ook wysig

Zakumi op 'n Indonesiese posseël

Verwysings wysig

  1. 1,0 1,1 (en) "Goals scored". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2018. Besoek op 6 Junie 2018.
  2. (en) "Adidas Golden Ball". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2015. Besoek op 6 Julie 2012.
  3. (en) "South Africa Is Named Host of 2010 World Cup". The New York Times. 16 Mei 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2020. Besoek op 14 Julie 2018.
  4. (en) "FIFA World Cup™ host announcement decision" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 12 April 2019. Besoek op 14 Julie 2018.
  5. (en) "History of the FIFA World Cup™ preliminary competition (by year)" (PDF). FIFA. November 2009. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2013. Besoek op 23 Oktober 2013.
  6. (en) "Soccer City Stadium – Johannesburg". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Augustus 2019. Besoek op 1 Desember 2011.
  7. (nl) Luipaard Zakumi mascotte WK 2010[dooie skakel], sportwereld.nl.
  8. (en) "Formats of the FIFA World Cup final competitions" (PDF). FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 27 Februarie 2008.
  9. (en) "page 45" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op 14 Julie 2018.
  10. (en) "FIFA World Cup: Milestones, facts & figures. Statistical Kit 7" (PDF). FIFA. 26 Maart 2013. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2013. Besoek op 21 Mei 2013.

Eksterne skakels wysig

Sokker-Wêreldbekertoernooie

Uruguay 1930Italië 1934Frankryk 19381942Brasilië 1950Switserland 1954Swede 1958Chili 1962Engeland 1966Meksiko 1970Wes-Duitsland 1974Argentinië 1978Spanje 1982Meksiko 1986Italië 1990Verenigde State 1994Frankryk 1998Suid-Korea/Japan 2002Duitsland 2006Suid-Afrika 2010Brasilië 2014Rusland 2018Katar 2022Kanada/Meksiko/Verenigde State 202620302034