FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002

Die 17de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Koreaans: 2002 FIFA 월드컵 한국/일본, 2002 FIFA Woldeu Keop Hanguk/Ilbon; Japannees: 2002 FIFAワールドカップ 韓国/日本, 2002 FIFA Waarudo Kappu Kankoku/Nippon; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 31 Mei tot 30 Junie in Korea en Japan aangebied. Dit was die eerste keer dat die toernooi in Asië en buite die Amerikas of Europa gehou is; asook die eerste keer wat dit deur twee lande gesamentlik georganiseer is. Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2001 het as ’n voorbereiding vir die twee gasheerlande gedien.

FIFA Sokker-Wêreldbeker
2002 FIFA 월드컵 한국/일본
2002 FIFA Woldeu Keop Hanguk/Ilbon (ko)
2002 FIFAワールドカップ 韓国/日本
2002 FIFA Waarudo Kappu Kankoku/Nippon (ja)
Toernooi-inligting
Gasheerlande Vlag van Suid-Korea Korea
Vlag van Japan Japan
Datums 31 Mei – 30 Junie
Spanne 32 (van 5 konfederasies)
Stadions 20 (in 20 stede)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Brasilië Brasilië (5 titels)
Tweede plek Vlag van Duitsland Duitsland
Derde plek Vlag van Turkye Turkye
Vierde plek Vlag van Suid-Korea Suid-Korea
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 64
Doele 161 (2.52 per wedstryd)
Bywoning 2 705 197 (42 269 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Brasilië Ronaldo (8 doele)[1]
Beste speler Vlag van Duitsland Oliver Kahn
1998
2006
Die Sokker-Wêreldbekertrofee waarom meegeding is

32 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 deelgeneem. Die spanne is in agt groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die agtste eindrondte deurgedring het. Brasilië het die toernooi gewen nadat hulle Duitsland met 2–0 in die eindstryd geklop en sodoende hul vyfde wêreldbekertitel ingepalm het, ’n algehele rekord. Met sy verowering van die wêreldbekertitel het Brasilië regstreeks vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003 in Frankryk en die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2005 in Duitsland gekwalifiseer. Buitendien het Brasilië ná Duitsland die tweede land geword wat vir die derde agtereenvolgende keer die eindstryd gehaal het, nadat hulle ook in die 1994- en 1998-eindstryde verskyn het. Die verrassend suksesvolle nasionale sokkerspanne van Turkye het in die derde en die medegasheer Suid-Korea in die vierde plek geëindig. Die ander medegasheer Japan is in die agtste eindrondte uitgeskakel.

Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het vir die toernooi gekwalifiseer, maar hulle is reeds in die groepfase uitgeskakel. Die nasionale sokkerspanne van Ecuador, Senegal, Slowenië en die Volksrepubliek China het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem. Dit was die laaste toernooi waartydens die goue doel-reël vir die beslissing van ’n wedstryd ingespan is, nadat dié reël vir die vorige 1998-toernooi ingevoer is; die verdedigende kampioen het ook die laaste keer regstreeks vir ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi gekwalifiseer. Die destydse wêreld- en Europese kampioen Frankryk kon nie een enkele doel aanteken nie en het in hul groep in die laaste plek geëindig.

Toewysing wysig

Suid-Korea en Japan is op 31 Mei 1996 in Zürich deur FIFA gekies as gashere vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002. Die enigste ander kandidaatland was Meksiko, maar hulle het op 28 Februarie 1996 hulself onttrek. ’n Aansluitende gesamentlike kandidatuur deur die lande Japan en Suid-Korea is voorgestel en aanvaar.[2]

Kwalifisering wysig

Die gashere Japan en Suid-Korea en die verdedigende kampioen Frankryk het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 gekwalifiseer. Van die 29 oorblywende plekke is 13 vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, vyf vir CAF (Afrika), vier vir CONMEBOL (Suid-Amerika), drie vir CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika) en twee vir AFC (Asië). Twee plekke is tydens uitspeelwedstryde tussen AFC en UEFA, asook tussen CONMEBOL en OFC (Oseanië) beslis.

Kwalifiserende spanne wysig

Die volgende 32 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:[3]

Uitslag van die kwalifisering:

   Geen deelname

   Land het homself onttrek of is nie deur FIFA aanvaar nie

   Land het nie gekwalifiseer nie

   Land het gekwalifiseer

SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie
 Argentinië13de81998Kampioen (1978, 1986)
 België11de61998Vierde plek (1986)
 Brasilië17de171998Kampioen (1958, 1962, 1970, 1994)
 Costa Rica2de11990Agtste eindrondte (1990)
 Denemarke3de21998Kwarteindrondte (1998)
 Duitsland15de131998Kampioen (1954, 1974, 1990)
 Ecuador1ste1Debuut
 Engeland11de21998Kampioen (1966)
 Frankryk11de21998Kampioen (1998)
 Ierland3de11994Kwarteindrondte (1990)
 Italië15de111998Kampioen (1934, 1938, 1982)
 Japan2de21998Groepfase (1998)
 Kameroen5de41998Kwarteindrondte (1990)
 Kroasië2de21998Derde plek (1998)
 Meksiko12de31998Kwarteindrondte (1970, 1986)
 Nigerië3de31998Agtste eindrondte (1994, 1998)
 Paraguay6de21998Agtste eindrondte (1986, 1998)
 Pole6de11986Derde plek (1974, 1982)
 Portugal3de11986Derde plek (1966)
 Rusland9de11994Vierde plek (1966)
 Saoedi-Arabië3de31998Agtste eindrondte (1994)
 Senegal1ste1Debuut
 Slowenië1ste1Debuut
 Spanje11de71998Vierde plek (1950)
 Suid-Afrika2de21998Groepfase (1998)
 Suid-Korea6de51998Groepfase (1954, 1986, 1990, 1994, 1998)
 Swede10de11994Naaswenner (1958)
 Tunisië3de21998Groepfase (1978, 1998)
 Turkye1ste1Debuut
 Uruguay10de11990Kampioen (1930, 1950)
 Verenigde State7de41998Derde plek (1930)
 Volksrepubliek China1ste1Debuut

Stadions wysig

Wedstryde is in die volgende stede gespeel:

Korea
SeoelDaeguBusanIncheonUlsan
Seoel-wêreldbekerstadionDaegu-wêreldbekerstadionBusan Asiad-stadionIncheon Munhak-stadionUlsan Munsu-sokkerstadion
37°34′5.6″N 126°53′50.6″O / 37.568222°N 126.897389°O / 37.568222; 126.897389 (Seoel-wêreldbekerstadion)35°49′47″N 128°41′24″O / 35.82972°N 128.69000°O / 35.82972; 128.69000 (Daegu-wêreldbekerstadion)35°11′24″N 129°3′29.6″O / 35.19000°N 129.058222°O / 35.19000; 129.058222 (Busan Asiad-stadion)37°26′6.5″N 126°41′26.9″O / 37.435139°N 126.690806°O / 37.435139; 126.690806 (Incheon Munhak-stadion)35°32′7.1″N 129°15′34.4″O / 35.535306°N 129.259556°O / 35.535306; 129.259556 (Ulsan Munsu-sokkerstadion)
Kapasiteit: 64 677Kapasiteit: 65 857Kapasiteit: 65 857Kapasiteit: 50 324Kapasiteit: 43 512
SuwonGwangjuJeonjuDaejeonJeju
Suwon-wêreldbekerstadionGwangju-wêreldbekerstadionJeonju-wêreldbekerstadionDaejeon-wêreldbekerstadionJeju-wêreldbekerstadion
37°17′11.1″N 127°2′13″O / 37.286417°N 127.03694°O / 37.286417; 127.03694 (Suwon-wêreldbekerstadion)35°8′1.2″N 126°52′29.7″O / 35.133667°N 126.874917°O / 35.133667; 126.874917 (Gwangju-wêreldbekerstadion)35°52′4.9″N 127°3′52″O / 35.868028°N 127.06444°O / 35.868028; 127.06444 (Jeonju-wêreldbekerstadion)36°21′54″N 127°19′30″O / 36.36500°N 127.32500°O / 36.36500; 127.32500 (Daejeon-wêreldbekerstadion)33°14′46.1″N 126°30′33.1″O / 33.246139°N 126.509194°O / 33.246139; 126.509194 (Jeju-wêreldbekerstadion)
Kapasiteit: 43 188Kapasiteit: 42 880Kapasiteit: 42 477Kapasiteit: 41 000Kapasiteit: 42 256
Japan
JokohamaSaitamaShizuokaOsakaRifu
Internasionale Stadion JokohamaSaitama-stadionShizuoka Ecopa-stadionNagai-stadionMiyagi-stadion
35°30′36″N 139°36′23″O / 35.51000°N 139.60639°O / 35.51000; 139.60639 (Internasionale Stadion Jokohama)35°54′10.8″N 139°43′3.1″O / 35.903000°N 139.717528°O / 35.903000; 139.717528 (Saitama-stadion)34°44′35.6″N 137°58′13.8″O / 34.743222°N 137.970500°O / 34.743222; 137.970500 (Shizuoka Ecopa-stadion)34°36′50″N 135°31′6″O / 34.61389°N 135.51833°O / 34.61389; 135.51833 (Nagai-stadion)38°20′8″N 140°57′1″O / 38.33556°N 140.95028°O / 38.33556; 140.95028 (Miyagi-stadion)
Kapasiteit: 72 370Kapasiteit: 63 700Kapasiteit: 51 349Kapasiteit: 50 000Kapasiteit: 49 133
ŌitaNiigataKashimaKobeSapporo
Ōita-stadionNiigata-stadionKashima-sokkerstadionKobe Wing-stadionSapporo Dome
33°12′1″N 131°39′26″O / 33.20028°N 131.65722°O / 33.20028; 131.65722 (Ōita-stadion)37°52′57″N 139°3′33″O / 37.88250°N 139.05917°O / 37.88250; 139.05917 (Niigata-stadion)35°59′31″N 140°38′25″O / 35.99194°N 140.64028°O / 35.99194; 140.64028 (Kashima-sokkerstadion)34°39′23″N 135°10′8″O / 34.65639°N 135.16889°O / 34.65639; 135.16889 (Kobe Wing-stadion)43°0′54.4″N 141°24′35.1″O / 43.015111°N 141.409750°O / 43.015111; 141.409750 (Sapporo Dome)
Kapasiteit: 43 000Kapasiteit: 42 300Kapasiteit: 41 800Kapasiteit: 42 000Kapasiteit: 42 585

Formaat wysig

Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 is oor 31 dae tussen 32 verskillende nasies oor 64 wedstryde uitgespeel. Dit het op 31 Mei 2002 op die Seoel-wêreldbekerstadion in Seoel met ’n wedstryd tussen die verdedigende kampioen Frankryk en Senegal afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Internasionale Stadion Jokohama in Jokohama op 30 Junie met die eindstryd tussen Duitsland en Brasilië, waartydens Brasilië die Sokker-Wêreldbekertrofee ingepalm het.[4]

Kalender wysig

Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Mei/Junie
Vr
31
Sa
1
So
2
Ma
3
Di
4
Wo
5
Do
6
Vr
7
Sa
8
So
9
Ma
10
Di
11
Wo
12
Do
13
Vr
14
SeremoniesOS
Groep A1122
Groep B2112
Groep C11112
Groep D1122
Groep E2112
Groep F222
Groep G2112
Groep H11112
Uitklopfase
Junie/Julie
Sa
15
So
16
Ma
17
Di
18
Wo
19
Do
20
Vr
21
Sa
22
So
23
Ma
24
Di
25
Wo
26
Do
27
Vr
28
Sa
29
So
30
SeremoniesSS
Uitklopfase2222221111
Legende

   Seremonies

   Groepwedstryde

   Uitklopfase

   Derde plek

   Eindstryd

Groepfase wysig

Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 is deur 32 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 32 deelnemende spanne in agt groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Een vir ’n gelykop;
  • geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.

Uitklopfase wysig

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit 16 wedstryde bestaan het: agt agtste eindstryde, vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting, waartydens die wedstryd deur die aantekening ’n goue doel dadelik beslis kon word. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.

Wedstryde wysig

Kwalifiseer vir die uitklopfase.
Uit die toernooi geskakel.

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 1 Desember 2001 in die Uitstallings- en Konvensiesentrum in Busan gehou.

Groepfase wysig

32 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A wysig

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Denemarke321052+37
 Senegal312054+15
 Uruguay302145–12
 Frankryk301203–31

31 Mei 2002
20:30
 Frankryk0–1  SenegalSeoel-wêreldbekerstadion, Seoel
Toeskouers: 62 561
Skeidsregter: Ali Bujsaim (Verenigde Arabiese Emirate)
Verslag 30' Diop

1 Junie 2002
18:00
 Uruguay1–2  DenemarkeUlsan Munsu-sokkerstadion, Ulsan
Toeskouers: 30 157
Skeidsregter: Saad Mane (Koeweit)
Rodríguez 47'Verslag 45', 83' Tomasson

6 Junie 2002
15:30
 Denemarke1–1  SenegalDaegu-wêreldbekerstadion, Daegu
Toeskouers: 43 500
Skeidsregter: Carlos Batres (Guatemala)
Tomasson 16' (straf)Verslag 52' Diao

6 Junie 2002
20:30
 Frankryk0–0  UruguayBusan Asiad-stadion, Busan
Toeskouers: 38 289
Skeidsregter: Felipe Ramos (Meksiko)
Verslag

11 Junie 2002
15:30
 Denemarke2–0  FrankrykIncheon Munhak-stadion, Incheon
Toeskouers: 48 100
Skeidsregter: Vítor Melo Pereira (Portugal)
Rommedahl 22'
Tomasson 67'
Verslag

11 Junie 2002
15:30
 Senegal3–3  UruguaySuwon-wêreldbekerstadion, Suwon
Toeskouers: 33 681
Skeidsregter: Jan Wegereef (Nederland)
Fadiga 20' (straf)
Diop 26', 38'
Verslag 46' Morales
69' Forlán
88' (straf) Recoba

Groep B wysig

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Spanje330094+59
 Paraguay311166±04
 Suid-Afrika311155±04
 Slowenië300327–50

2 Junie 2002
16:30
 Paraguay2–2  Suid-AfrikaBusan Asiad-stadion, Busan
Toeskouers: 25 186
Skeidsregter: Ľuboš Micheľ (Slowakye)
Santa Cruz 39'
Arce 55'
Verslag 63' Mokoena
90+1' (straf) Fortune

2 Junie 2002
20:30
 Spanje3–1  SloweniëGwangju-wêreldbekerstadion, Gwangju
Toeskouers: 28 598
Skeidsregter: Mohamed Guezzaz (Marokko)
Raúl 44'
Valerón 74'
Hierro 87' (straf)
Verslag 82' Cimirotič

7 Junie 2002
18:00
 Spanje3–1  ParaguayJeonju-wêreldbekerstadion, Jeonju
Toeskouers: 24 000
Skeidsregter: Gamal Al-Ghandour (Egipte)
Morientes 53', 69'
Hierro 83' (straf)
Verslag 10' (e.d.) Puyol

8 Junie 2002
15:30
 Suid-Afrika1–0  SloweniëDaegu-wêreldbekerstadion, Daegu
Toeskouers: 47 226
Skeidsregter: Ángel Sánchez (Argentinië)
Nomvethe 4'Verslag

12 Junie 2002
20:30
 Suid-Afrika2–3  SpanjeDaejeo-wêreldbekerstadion, Daejeon
Toeskouers: 31 024
Skeidsregter: Saad Mane (Koeweit)
McCarthy 31'
Radebe 53'
Verslag 4', 56' Raúl
45+1' Mendieta

12 Junie 2002
20:30
 Slowenië1–3  ParaguayJeju-wêreldbekerstadion, Jeju
Toeskouers: 30 176
Skeidsregter: Felipe Ramos (Meksiko)
Ačimovič 45+1'Verslag 65', 84' Cuevas
73' Campos

Groep C wysig

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Brasilië3300113+89
 Turkye311153+24
 Costa Rica311156–14
 Volksrepubliek China300309–90

3 Junie 2002
18:00
 Brasilië2–1  TurkyeUlsan Munsu-sokkerstadion, Ulsan
Toeskouers: 33 842
Skeidsregter: Kim Young-joo (Suid-Korea)
Ronaldo 50'
Rivaldo 87' (straf)
Verslag 45+2' Şaş

4 Junie 2002
15:30
 Volksrepubliek China0–2  Costa RicaGwangju-wêreldbekerstadion, Gwangju
Toeskouers: 27 217
Skeidsregter: Kyros Vassaras (Griekeland)
Verslag 61' Gómez
65' Wright

8 Junie 2002
20:30
 Brasilië4–0  Volksrepubliek ChinaJeju-wêreldbekerstadion, Jeju
Toeskouers: 36 750
Skeidsregter: Anders Frisk (Swede)
Roberto Carlos 15'
Rivaldo 32'
Ronaldinho 45' (straf)
Ronaldo 55'
Verslag

9 Junie 2002
18:00
 Costa Rica1–1  TurkyeIncheon Munhak-stadion, Incheon
Toeskouers: 42 299
Skeidsregter: Coffi Codjia (Benin)
Parks 86'Verslag 56' Emre

13 Junie 2002
15:30
 Costa Rica2–5  BrasiliëSuwon-wêreldbekerstadion, Suwon
Toeskouers: 38 524
Skeidsregter: Gamal Al-Ghandour (Egipte)
Wanchope 39'
Gómez 56'
Verslag 10', 13' Ronaldo
38' Edmílson
62' Rivaldo
64' Júnior

13 Junie 2002
15:30
 Turkye3–0  Volksrepubliek ChinaSeoel-wêreldbekerstadion, Seoel
Toeskouers: 43 605
Skeidsregter: Óscar Ruiz (Colombia)
Şaş 6'
Bülent 9'
Ümit D. 85'
Verslag

Groep D wysig

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Suid-Korea321041+37
 Verenigde State311156–14
 Portugal310264+23
 Pole310237–43

4 Junie 2002
20:30
 Suid-Korea2–0  PoleBusan Asiad-stadion, Busan
Toeskouers: 48 760
Skeidsregter: Óscar Ruiz (Colombia)
Hwang Sun-hong 26'
Yoo Sang-chul 53'
Verslag

5 Junie 2002
18:00
 Verenigde State3–2  PortugalSuwon-wêreldbekerstadion, Suwon
Toeskouers: 37 306
Skeidsregter: Byron Moreno (Ecuador)
O’Brien 4'
J. Costa 29' (e.d.)
McBride 36'
Verslag 39' Beto
71' (e.d.) Agoos

10 Junie 2002
15:30
 Suid-Korea1–1  Verenigde StateDaegu-wêreldbekerstadion, Daegu
Toeskouers: 60 778
Skeidsregter: Urs Meier (Switserland)
Ahn Jung-hwan 78'Verslag 24' Mathis

10 Junie 2002
20:30
 Portugal4–0  PoleJeonju-wêreldbekerstadion, Jeonju
Toeskouers: 31 000
Skeidsregter: Hugh Dallas (Skotland)
Pauleta 14', 65', 77'
Rui Costa 88'
Verslag

14 Junie 2002
20:30
 Portugal0–1  Suid-KoreaIncheon Munhak-stadion, Incheon
Toeskouers: 50 239
Skeidsregter: Ángel Sánchez (Argentinië)
Verslag 70' Park Ji-sung

14 Junie 2002
20:30
 Pole3–1  Verenigde StateDaejeon-wêreldbekerstadion, Daejeon
Toeskouers: 26 482
Skeidsregter: Lu Jun (China)
Olisadebe 3'
Kryszałowicz 5'
Żewłakow 66'
Verslag 83' Donovan

Groep E wysig

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Duitsland3210111+107
 Ierland312052+35
 Kameroen311123–14
 Saoedi-Arabië3003012–120

1 Junie 2002
15:30
 Ierland1–1  KameroenNiigata-stadion, Niigata
Toeskouers: 33 679
Skeidsregter: Toru Kamikawa (Japan)
Holland 52'Verslag 39' M'Boma

1 Junie 2002
20:30
 Duitsland8–0  Saoedi-ArabiëSapporo Dome, Sapporo
Toeskouers: 32 218
Skeidsregter: Ubaldo Aquino (Paraguay)
Klose 20', 25', 70'
Ballack 40'
Jancker 45+1'
Linke 73'
Bierhoff 84'
Schneider 90+1'
Verslag

5 Junie 2002
20:30
 Duitsland1–1  IerlandKashima-sokkerstadion, Kashima
Toeskouers: 35 854
Skeidsregter: Kim Milton Nielsen (Denemarke)
Klose 19'Verslag 90+2' Keane

6 Junie 2002
18:00
 Kameroen1–0  Saoedi-ArabiëSaitama-stadion, Saitama
Toeskouers: 52 328
Skeidsregter: Terje Hauge (Noorweë)
Eto'o 66'Verslag

11 Junie 2002
20:30
 Kameroen0–2  DuitslandShizuoka Ecopa-stadion, Shizuoka
Toeskouers: 47 085
Skeidsregter: Antonio López Nieto (Spanje)
Verslag 50' Bode
79' Klose

11 Junie 2002
20:30
 Saoedi-Arabië0–3  IerlandInternasionale Stadion Jokohama, Jokohama
Toeskouers: 65 320
Skeidsregter: Falla N'Doye (Senegal)
Verslag 7' Keane
61' Breen
87' Duff

Groep F wysig

Die Engelsman David Beckham se strafskop teen Argentinië
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Swede312043+15
 Engeland312021+15
 Argentinië311122±04
 Nigerië301213–21

2 Junie 2002
14:30
 Argentinië1–0  NigeriëKashima-sokkerstadion, Kashima
Toeskouers: 34 050
Skeidsregter: Gilles Veissière (Frankryk)
Batistuta 63'Verslag

2 Junie 2002
18:30
 Engeland1–1  SwedeSaitama-stadion, Saitama
Toeskouers: 52 721
Skeidsregter: Carlos Simon (Brasilië)
Campbell 24'Verslag 59' Alexandersson

7 Junie 2002
15:30
 Swede2–1  NigeriëKobe Wing-stadion, Kobe
Toeskouers: 36 194
Skeidsregter: René Ortubé (Bolivië)
Larsson 35', 63' (straf)Verslag 27' Aghahowa

7 Junie 2002
20:30
 Argentinië0–1  EngelandSapporo Dome, Sapporo
Toeskouers: 35 927
Skeidsregter: Pierluigi Collina (Italië)
Verslag 44' (straf) Beckham

12 Junie 2002
15:30
 Swede1–1  ArgentiniëMiyagi-stadion, Rifu
Toeskouers: 45 777
Skeidsregter: Ali Bujsaim (Verenigde Arabiese Emirate)
Svensson 59'Verslag 88' Crespo

12 Junie 2002
15:30
 Nigerië0–0  EngelandNagai-stadion, Osaka
Toeskouers: 44 684
Skeidsregter: Brian Hall (VSA)
Verslag

Groep G wysig

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Meksiko321042+27
 Italië311143+14
 Kroasië310223–13
 Ecuador310224–23

3 Junie 2002
15:30
 Kroasië0–1  MeksikoNiigata-stadion, Niigata
Toeskouers: 32 239
Skeidsregter: Lu Jun (China)
Verslag 60' (straf) Blanco

3 Junie 2002
20:30
 Italië2–0  EcuadorSapporo Dome, Sapporo
Toeskouers: 31 081
Skeidsregter: Brian Hall (VSA)
Vieri 7', 27'Verslag

8 Junie 2002
18:00
 Italië1–2  KroasiëKashima-sokkerstadion, Kashima
Toeskouers: 36 472
Skeidsregter: Graham Poll (Engeland)
Vieri 55'Verslag 73' Olić
76' Rapaić

9 Junie 2002
15:30
 Meksiko2–1  EcuadorMiyagi-stadion, Rifu
Toeskouers: 45 610
Skeidsregter: Mourad Daami (Tunisië)
Borgetti 28'
Torrado 57'
Verslag 5' Delgado

13 Junie 2002
20:30
 Meksiko1–1  ItaliëŌita-stadion, Ōita
Toeskouers: 39 291
Skeidsregter: Carlos Simon (Brasilië)
Borgetti 34'Verslag 85' Del Piero

13 Junie 2002
20:30
 Ecuador1–0  KroasiëInternasionale Stadion Jokohama, Jokohama
Toeskouers: 65 862
Skeidsregter: William Mattus (Costa Rica)
Méndez 48'Verslag

Groep H wysig

Die Internasionale Stadion Jokohama net voor die wedstryd tussen Japan en Rusland
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Japan321052+37
 België312065+15
 Rusland310244±03
 Tunisië301215–41

4 Junie 2002
18:00
 Japan2–2  BelgiëSaitama-stadion, Saitama
Toeskouers: 55 256
Skeidsregter: William Mattus (Costa Rica)
Suzuki 59'
Inamoto 67'
Verslag 57' Wilmots
75' Van Der Heyden

5 Junie 2002
15:30
 Rusland2–0  TunisiëKobe Wing-stadion, Kobe
Toeskouers: 30 957
Skeidsregter: Peter Prendergast (Jamaika)
Titof 59'
Karpin 64' (straf)
Verslag

9 Junie 2002
20:30
 Japan1–0  RuslandInternasionale Stadion Jokohama, Jokohama
Toeskouers: 66 108
Skeidsregter: Markus Merk (Duitsland)
Inamoto 51'Verslag

10 Junie 2002
18:00
 Tunisië1–1  BelgiëŌita-stadion, Ōita
Toeskouers: 52 000
Skeidsregter: Mark Shield (Australië)
Bouzaiene 17'Verslag 13' Wilmots

14 Junie 2002
15:30
 Tunisië0–2  JapanNagai-stadion, Osaka
Toeskouers: 45 213
Skeidsregter: Gilles Veissière (Frankryk)
Verslag 48' Morishima
75' Nakata

14 Junie 2002
15:30
 België3–2  RuslandShizuoka Ecopa-stadion, Shizuoka
Toeskouers: 46 640
Skeidsregter: Kim Milton Nielsen (Denemarke)
Walem 7'
Sonck 78'
Wilmots 82'
Verslag 52' Besjastnykh
88' Sytsjef

Uitklopfase wysig

Agtste eindrondteKwarteindrondteHalfeindrondteEindstryd
              
15 Junie – Seogwipo      
   Duitsland 1
21 Junie – Ulsan
   Paraguay 0 
   Duitsland 1
17 Junie – Jeonju
    Verenigde State 0 
   Meksiko 0
25 Junie – Seoel
   Verenigde State 2 
   Duitsland 1
16 Junie – Suwon
    Suid-Korea 0 
   Spanje 1
(3)
22 Junie – Gwangju
   Ierland 1
(2)
 
   Spanje 0
(3)
18 Junie – Daejeon
    Suid-Korea 0
(5)
 
   Suid-Korea 2
30 Junie – Jokohama
   Italië 1 
   Duitsland 0
15 Junie – Niigata
    Brasilië 2
   Denemarke 0
21 Junie – Shizuoka
   Engeland 3 
   Engeland 1
17 Junie – Kobe
    Brasilië 2 
   Brasilië 2
26 Junie – Saitama
   België 0 
   Brasilië 1
16 Junie – Ōita
    Turkye 0 derde plek
   Swede 1
22 Junie – Osaka29 Junie – Daegu
   Senegal 2 
   Senegal 0   Suid-Korea 2
18 Junie – Rifu
    Turkye 1    Turkye 3
   Japan 0
   Turkye 1 

Agtste eindrondte wysig


15 Junie 2002
15:30
 Duitsland1–0  ParaguayJeju-wêreldbekerstadion, Jeju
Toeskouers: 25 176
Skeidsregter: Carlos Batres (Guatemala)
Neuville 88'Verslag

15 Junie 2002
20:30
 Denemarke0–3  EngelandNiigata-stadion, Niigata
Toeskouers: 40 582
Skeidsregter: Markus Merk (Duitsland)
Verslag 5' Ferdinand
22' Owen
44' Heskey

16 Junie 2002
15:30
 Swede1–2 (e.t.)  SenegalŌita-stadion, Ōita
Toeskouers: 39 747
Skeidsregter: Ubaldo Aquino (Paraguay)
Larsson 11'Verslag 37',  104' H. Camara

16 Junie 2002
20:30
 Spanje1–1 (e.t.)  IerlandSuwon-wêreldbekerstadion, Suwon
Toeskouers: 38 926
Skeidsregter: Anders Frisk (Swede)
Morientes 8'
Strafskoppe
Hierro
Baraja
Juanfran
Valerón
Mendieta
Verslag
Strafskoppe
3–2
90' (straf) Keane
Strafskoppe
Keane
Holland
Connolly
Kilbane
Finnan

17 Junie 2002
15:30
 Meksiko0–2  Verenigde StateJeonju-wêreldbekerstadion, Jeonju
Toeskouers: 36 380
Skeidsregter: Vítor Melo Pereira (Portugal)
Verslag 8' McBride
65' Donovan

17 Junie 2002
20:30
 Brasilië2–0  BelgiëKobe Wing-stadion, Kobe
Toeskouers: 40 440
Skeidsregter: Peter Prendergast (Jamaika)
Rivaldo 67'
Ronaldo 87'
Verslag

18 Junie 2002
15:30
 Japan0–1  TurkyeMiyagi-stadion, Rifu
Toeskouers: 45 666
Skeidsregter: Pierluigi Collina (Italië)
Verslag 12' Ümit D.

18 Junie 2002
20:30
 Suid-Korea2–1 (e.t.)  ItaliëDaejeon-wêreldbekerstadion, Daejeon
Toeskouers: 38 588
Skeidsregter: Byron Moreno (Ecuador)
Seol Ki-hyeon 88'
Ahn Jung-hwan  117'
Verslag 18' Vieri

Kwarteindrondte wysig


21 Junie 2002
15:30
 Engeland1–2  BrasiliëShizuoka Ecopa-stadion, Shizuoka
Toeskouers: 47 436
Skeidsregter: Felipe Ramos (Meksiko)
Owen 23'Verslag 45+2' Rivaldo
50' Ronaldinho

21 Junie 2002
20:30
 Duitsland1–0  Verenigde StateUlsan Munsu-sokkerstadion, Ulsan
Toeskouers: 37 337
Skeidsregter: Hugh Dallas (Skotland)
Ballack 39'Verslag

22 Junie 2002
15:30
 Spanje0–0 (e.t.)  Suid-KoreaGwangju-wêreldbekerstadion, Gwangju
Toeskouers: 42 114
Skeidsregter: Gamal Al-Ghandour (Egipte)
Strafskoppe
Hierro
Baraja
Xavi
Joaquín
Verslag
Strafskoppe
3–5
Strafskoppe
Hwang Sun-hong
Park Ji-sung
Seol Ki-hyeon
Ahn Jung-hwan
Hong Myung-bo

22 Junie 2002
20:30
 Senegal0–1 (e.t.)  TurkyeNagai-stadion, Osaka
Toeskouers: 44 233
Skeidsregter: Óscar Ruiz (Colombia)
Verslag  94' İlhan

Halfeindrondte wysig


25 Junie 2002
20:30
 Duitsland1–0  Suid-KoreaSeoel-wêreldbekerstadion, Seoel
Toeskouers: 66 256
Skeidsregter: Urs Meier (Switserland)
Ballack 75'Verslag

26 Junie 2002
20:30
 Brasilië1–0  TurkyeSaitama-stadion, Saitama
Toeskouers: 61 058
Skeidsregter: Kim Milton Nielsen (Denemarke)
Ronaldo 49'Verslag

Klein finale (om die derde plek) wysig


29 Junie 2002
20:00
 Suid-Korea2–3  TurkyeDaegu-wêreldbekerstadion, Daegu
Toeskouers: 63 483
Skeidsregter: Saad Mane (Koeweit)
Lee Eul-yong 9'
Song Chong-gug 90+3'
Verslag 1' Hakan Ş.
13', 32' İlhan

Eindstryd wysig


30 Junie 2002
20:00
 Duitsland0–2  BrasiliëInternasionale Stadion Jokohama, Jokohama
Toeskouers: 69 029
Skeidsregter: Pierluigi Collina (Italië)
Verslag 67', 79' Ronaldo


Sokkerwêreldkampioen 2002
 Brasilië

FIFA se ranglys wysig

Ná die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[5][6] Die ranglys vir die 2002-toernooi is soos gevolg:

Deelnemende spanne volgens ranglys:

   Kampioen

   Tweede plek

   Derde plek

   Vierde plek

   Kwarteindrondte

   Agtste eindrondte

   Groepfase

   Geen deelname

     Gasheerlande Japan en Suid-Korea
Rivaldo wys die FIFA Sokker-Wêreldbekertrofee nadat Brasilië die toernooi gewen het
RangSpanGroepeWedWenGelVerDVDT+/–Pte
1  BrasiliëC7700184+1421
2  DuitslandE7511143+1116
3  TurkyeC7412106+413
4  Suid-KoreaD732286+211
In die kwarteindrondte uitgeskakel
5  SpanjeB5320105+511
6  EngelandF522163+38
7  SenegalA522176+18
8  Verenigde StateD521277±07
In die agtste eindrondte uitgeskakel
9  JapanH421153+27
10  DenemarkeA421155±07
11  MeksikoG421144±07
12  IerlandE413063+36
13  SwedeF412155±05
14  BelgiëH412167−15
15  ItaliëG411255±04
16  ParaguayB411267−14
In die groepfase uitgeskakel
17  Suid-AfrikaB311155±04
18  ArgentiniëF311122±04
19  Costa RicaC311156−14
20  KameroenE311123−14
21  PortugalD310264+23
22  RuslandH310244±03
23  KroasiëG310223−13
24  EcuadorG310224−23
25  PoleD310237−43
26  UruguayA302145−12
27  NigeriëF301213−21
28  FrankrykA301203−31
29  TunisiëH301215−41
30  SloweniëB300327−50
31  Volksrepubliek ChinaC300309−90
32  Saoedi-ArabiëE3003012−120

Meeste doele aangeteken wysig

Meeste doele aangeteken:[1]

RangSpelerDoele
1 Ronaldo8
2 Miroslav Klose5
Rivaldo5
4 Jon Dahl Tomasson4
Christian Vieri4
6 Michael Ballack3
Papa Bouba Diop3
Robbie Keane3
Henrik Larsson3
İlhan Mansız3
Fernando Morientes3
Pauleta3
Raúl3
Marc Wilmots3
RangSpelerDoele
15 Jared Borgetti2
Henri Camara2
Rónald Gómez2
Nelson Cuevas2
Ümit Davala2
Landon Donovan2
Fernando Hierro2
Junichi Inamoto2
Ahn Jung-hwan2
Brian McBride2
Michael Owen2
Ronaldinho2
Hasan Şaş2
Ronaldo

Verwysings wysig

  1. 1,0 1,1 (en) "Goals scored". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Junie 2018. Besoek op 1 Junie 2018.
  2. (en) "FIFA World Cup™ host announcement decision" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 12 April 2019. Besoek op 14 Julie 2018.
  3. (en) "History of the FIFA World Cup™ preliminary competition (by year)" (PDF). FIFA. November 2009. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 9 Julie 2014. Besoek op 9 Julie 2014.
  4. (en) "Formats of the FIFA World Cup final competitions" (PDF). FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 27 Februarie 2008.
  5. (en) "page 45" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 30 Maart 2020. Besoek op 14 Julie 2018.
  6. (en) "FIFA World Cup: Milestones, facts & figures. Statistical Kit 7" (PDF). FIFA. 26 Maart 2013. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2014. Besoek op 16 Julie 2014.

Verdere leesstof wysig

Eksterne skakels wysig


Sokker-Wêreldbekertoernooie

Uruguay 1930Italië 1934Frankryk 19381942Brasilië 1950Switserland 1954Swede 1958Chili 1962Engeland 1966Meksiko 1970Wes-Duitsland 1974Argentinië 1978Spanje 1982Meksiko 1986Italië 1990Verenigde State 1994Frankryk 1998Suid-Korea/Japan 2002Duitsland 2006Suid-Afrika 2010Brasilië 2014Rusland 2018Katar 2022Kanada/Meksiko/Verenigde State 202620302034