Ellipsteken
reeks kolletjies wat weglating aandui
Die ellipsteken bestaan uit drie stippels (...) wat aandui dat daar 'n lang pouse in die dialoog is, dat 'n spreker onderbreek word, of dat daar letters, woorde of stukke inligting uit die teks weggelaat is (AWS, 2017). Wanneer die ellipsteken 'n deel van 'n woord vervang, word dit sonder spasies aan die res van die woord vas geskryf. Wanneer dit egter 'n hele woord, frase of sin vervang, word dit met 'n spasie aan weerskante geskryf.
- Die ellipsteken dui 'n langerige pouse aan en word dan met spasies aan weerskante geskryf, bv: Hy was so oorweldig ... hy het werklik nie geweet wat om te sê nie.
- Die ellipsteken dui aan dat 'n woord- of sinsdeel weggelaat is.
- Dit word gebruik waar 'n sin of sinne uit 'n aanhaling weggelaat word.
- Dit word gebruik waar 'n deel van 'n woord (dikwels 'n taboewoord) nie uitgeskryf word nie, ongeag hoeveel letters weggelaat word.
- Die ellipsteken word by die direkte rede gebruik wanneer dialoog onderbreek word.

Bron
wysigAfrikaanse woordelys en spelreëls, 2017. Kaapstad: Pharos
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladJorge IbargüengoitiaSpesiaal:Onlangse wysigingsFred le RouxRob HersovSeksposisieSeksKommandowurmWikipedia:GeselshoekieSwangerskapSuboficial CarcaráSuid-AfrikaAfrikaansKunsmatige intelligensieVlag van NamibiëPornhubKategorie:Geboortes in 1956Menslike seksuele gedragSeksuele penetrasieKategorie:Sterftes in 1895GordelroosWikipedia:Algemene spelfouteKategorie:Geboortes in 1828Tiananmen-betogings van 1989Lys van Suid-Afrikaanse musikanteMars (mitologie)SkildklierWikipedia:GebruikersportaalDirk LigterDidier DrogbaAnale seksByvoeglike naamwoordSeksueel oordraagbare infeksieSendelingposisieWikipedia:OmtrentTrappe van vergelykingAnilingusCleopatra VII