Elektromagnetiese straling

Elektromagnetiese straling is 'n alomteenwoordige verskynsel wat die vorm van selfvoortplantende golwe in 'n vakuum of in materie neem. Dit bestaan uit komponente van elektriese en magnetiese velde, wat in fase loodreg op mekaar ossilleer en loodreg tot die rigting van energievoortplanting. Verskillende soorte elektromagnetiese straling word onderskei op basis van die golf se frekwensie: hulle is (in volgorde van toenemende frekwensie en afnemende golfhoogte), radiogolwe, mikrogolwe, terahertz-straling, infrarooistraling, sigbare lig, ultravioletstraling, x-strale en gammastrale. Sommige van die frekwensies kan deur sommige lewendige organismes met die oog waargeneem word, hulle staan as die sigbare spektrum of lig bekend.

Elektromagnetiese straling (soos lig) word hier as 'n dubbele golf beskryf. Die maksimum amplitude van die elektriese (E, rooi) en magnetiese (M, blou) velde, staan loodreg op mekaar, terwyl die golf self loodreg in beide rigtings voortplant. Die golflengte word aangegee met die simbool λ.
Ligvergelyking
NaamGolflengteFrekwensie (Hz)Fotonenergie (eV)
GammastraalMinder as 0,01 nmMeer as 10 EHz124 keV – 300+ GeV
X-straal0,01 nm – 10 nm30 EHz – 30 PHz124 eV  – 124 keV
Ultraviolet10 nm – 380 nm30 PHz – 790 THz3,3 eV – 124 eV
Sigbare lig380 nm–700 nm790 THz – 430 THz1,7 eV – 3,3 eV
Infrarooi700 nm – 1 mm430 THz – 300 GHz1,24 meV – 1,7 eV
Mikrogolf1 mm – 1 meter300 GHz – 300 MHz1,24 µeV – 1,24 meV
Radiogolf1 m – 100 000 km300 GHz – 3 Hz12,4 feV – 1,24 meV