Eikel

Einde van die penis

Die eikel (Engels: glans) is in die menslike anatomie die sensitiewe voorste bol van die penis. Dit is meer algemeen bekend as die "kop van die penis". Dit word gedeeltelik of heeltemal bedek deur die voorhuid, na gelang van of die man besny is of nie, maar die voorhuid kan gewoonlik heeltemal teruggetrek word sodat die eikel ontbloot is.

Anatomie van die manlike geslagsorgane:
1. Blaas, 2. Skaambeen, 3. Penis, 4. Swelliggaam, 5. Eikel, 6. Voorhuid, 7. Urinebuis, 8. Dikderm, 9. Rektum, 10. Saadblasie, 11. Saadleier, 12. Prostaat, 13. Cowper se klier, 14. Anus, 15. Saadleier, 16. Bytestis, 17. Testis, 18. Skrotum

Anatomie wysig

Die skag en eikel van die manlike penis.

Die eksterne opening van die manlike uretra (urienbuis) is op die punt van die eikel geleë. Aan die basis van die eikel is ’n ronde, uitstaande rand, die corona glandis. Die grootte van die eikel wissel grootliks. Dié van sommige penisse is baie wyer as die skag en dit gee die penis ’n sampioenagtige voorkoms; by ander penisse is dit nouer.

Die voorhuid hou die eikel klam.[1] Besnyde mans se eikel is permanent ontbloot en droog. Volgens verskeie studies is die eikel van besnyde en onbesnyde penisse ewe sensitief,[2][3][4][5] terwyl in ander studies bevind is onbesnyde mans s’n is meer sensitief.[6][7]

Evolusie wysig

Daar is al voorgestel dat die unieke en ongewone vorm van die menslike penis so ontwikkel het sodat ’n man die semen van ’n ander een kon "uitskep" uit die dieper dele van die vagina en so die kans van die ander man sou verklein om die vrou swanger te maak.[8] Daar word ook gereken dit het ontwikkel om die vrou se plesier te verhoog tydens seks.

Diere wysig

’n Groot verskeidenheid vorms word by die eikel van diere aangetref. Sommige beslaan feitlik die helfte van die penis, terwyl ander klein en stekelrig is.[9]

Sien ook wysig

Verwysings wysig

  1. Prakash, Satya (Julie 1982). "Sub-Preputial Wetness--Its Nature". Annals of National Medical Science (India). 18 (3): 109–112. {{cite journal}}: Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (hulp)
  2. Masters, William H.; Johnson, Virginia E. (1966). Human Sexual Response. Boston: Little, Brown & Co. pp. 189–91. ISBN 0-316-54987-8. (hier te sien [1])
  3. Bleustein, Clifford B. (April 2005). "Effect of neonatal circumcision on penile neurologic sensation". Urology. 65 (4): 773–7. doi:10.1016/j.urology.2004.11.007. PMID 15833526. {{cite journal}}: Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (hulp)
  4. Bleustein, Clifford B.; Haftan Eckholdt, Joseph C. Arezzo and Arnold Melman (26 April – 1 Mei 2003). "Effects of Circumcision on Male Penile Sensitivity". American Urological Association 98th Annual Meeting. 
  5. Payne, Kimberley (Mei 2007). "Sensation and Sexual Arousal in Circumcised and Uncircumcised Men". Journal of sexual medicine. 4 (3): 667–674. doi:10.1111/j.1743-6109.2007.00471.x. PMID 17419812. {{cite journal}}: Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (hulp)
  6. Sorrells, Morris L.; Snyder, James L.; Reiss, Mark D.; Eden, Christopher; Milos, Marilyn F.; Wilcox, Norma; Van Howe, Robert S. (April 2007). "Fine-touch pressure thresholds in the adult penis". British Journal of Urology International. 99 (4): 864–869. doi:10.1111/j.1464-410X.2006.06685.x. PMID 17378847.[dooie skakel]
  7. Yang, DM; Lin, H.; Zhang, B.; Guo, W. (April 2008). "Circumcision affects glans penis vibration perception threshold". Zhonghua Nan Ke Xue. 14 (4): 328–330. PMID 18481425.
  8. Gallup, Gordon (Julie 2003). "The human penis as a semen displacement device". Evolution and Human Behavior. 24 (4): 277–289. doi:10.1016/S1090-5138(03)00016-3. {{cite journal}}: Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (hulp)[dooie skakel]
  9. Köhncke, M.; Leonhardt, K. (1986). "Cryptoprocta ferox" (PDF). Mammalian Species (254): 1–5. Besoek op 19 Mei 2010.

Eksterne skakels wysig