Durban-hawe

hawe in Suid-Afrika

Die Durban-hawe in Durban, Suid-Afrika, is die grootste en besigste hawe in Afrika.[1] Dit is strategies aan groot internasionale skeepsroetes geleë en is die land se grootste houerhawe.[1] Dit hanteer jaarliks tot 80 miljoen ton vrag.

Durban-hawe
LandSuid-Afrika
LiggingDurban
Statistiek
Skepe p.j.4 500 handelsvaartuie
Ton vrag p.j.80 miljoen
Houers p.j.2 568 124 TEU's (2012)
WebtuisteTransnet

Dit is die vierde grootste houerterminaal in die Suidelike Halfrond; dit het in 2012 altesaam 2 568 124 houers van sowat ses meter lank (TEU's) hanteer.

Statistiek wysig

  • Durban is die besigste hawe in Suid-Afrika en hanteer meer as 60% van die land se in- en uitvoer.
  • Dit is die tweede grootste houerhawe in Afrika (naas Port Said in Egipte).
  • Dit is die vierde grootste houerterminaal in die Suidelike Halfrond.
  • Die omtrek van die hawe is sowat 21 km.
  • Daar is treinspore van sowat 302 km.
  • Dit het meer as 58 ankerplekke wat deur meer as 20 operateurs beheer word.
  • Elke jaar doen sowat 4 500 handelsvaartuie die hawe aan.
  • Die ingang is 19 meter diep en 222 m breed by sy smalste punt.[2]

Die hawe is 24 uur per dag, sewe dae per week oop. Op openbare vakansiedae kan werkure egter beperk word.

Lees ook wysig

Verwysings wysig

  1. 1,0 1,1 Inchcape Shipping Services Geargiveer 21 Oktober 2013 op Wayback Machine (pdf) URL besoek op 30 Januarie 2016
  2. Ports & Ships URL besoek op 30 Januarie 2016

Eksterne skakels wysig

  • Leverton, B.J.: The Romance of the Durban Harbour. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 13, nr. 3, Maart 1964
  • Amptelike webtuiste

Koördinate: 29°52′24″S 31°01′28″O / 29.8732°S 31.0245°O / -29.8732; 31.0245