Duitse sokkerbond

Die Duitse sokkerbond, beter bekend as die DFB (Deutscher Fußball-Bund, [ˈdɔʏtʃɐ ˈfuːsbalˌbʊnt]) is die Duitse lid van FIFA.

Duitse sokkerbond
Kenteken van die Duitse sokkerbond
Kenteken van die Duitse sokkerbond
Duitse naamDeutscher Fußball-Bund
AfkortingDFB
LandVlag van Duitsland Duitsland
SportsoorteSokker
Gestig op28 Januarie 1900
Gestig inLeipzig, Duitsland
Lid vanFIFA
Aangesluit in1904
Vastelandse beheerliggaamUEFA
PresidentFritz Keller
SetelFrankfurt am Main, Duitsland
Amptelike taalDuits
Amptelike webwerfdfb.de

Die DFB is in 1900 in Leipzig opgerig deur afgevaardigdes van 86 klubs en was in 1904 'n stigterslid van FIFA. Na die Tweede Wêreldoorlog is die DFB in 1945 ontbind en eers op 10 Julie 1949 in Stuttgart heropgerig.

Die bond het 6 miljoen lede in 26 000 klubs en is die grootste sportbond in die wêreld. Twee miljoen lede is aktief in 170 000 spanne. Ongeveer 870 000 lede is vroulik. Die vroue en meisies speel in 8 600 spanne.

Die DFB is onder meer verantwoordelik vir die organisering van die Bundesliga, 2. Bundesliga en die DFB-Pokal. Die organisasie is ook verantwoordelik vir die Duitse nasionale sokkerspan. Die Duitse sokkerbond het reeds belangrike toernooie soos die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974, FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006 en 'n aantal UEFA Europa-bekers aangebied.

Eksterne skakel wysig