'n Duif is 'n voël wat aan die familie Columbidae en die orde van duifagtiges (Columbiformes) behoort — die familie omvat die hele orde.[1] Die familie bestaan uit sowat 316 spesies,[2] wat inheems is aan die Ou sowel as Nuwe Wêreld. Hul insluiting by die Columbimorphae-klade, en gevolglike verwantskap met sandpatryse en mesiete, dui wel op 'n Ouwêreldse oorsprong. Hul grootste spesiediversiteit is in die vogtige trope en subtrope.[2] Sedert die tyd van die ou Egiptenare is duiwe al makgemaak en benut om boodskappe wat aan hul pote vasgebind was te vervoer. Lank reeds word dié voëls deur tallose toegewyde vliegduifgeesdriftiges aangehou, en uit hierdie bronbevolking het meeste stadsduiwe ontstaan.[3] Hul wetenskaplike familie- en ordename is van "columba", die Latynse naam vir ‘n duif, afgelei.[4]

Duif
'n Klipduif (Columba rupestris) in Pakistan
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Columbidae
Tipegenus
Columba
Linnaeus, 1758
Subfamilies
Sien artikel
      geografiese verspreiding van die duiffamilie en -orde

Kenmerke

wysig

Dié vegetariese voëlfamilie (en -orde) is tuis in dorre sowel as nat streke, en toon 'n aansienlike variasie in liggaamsgrootte.[1] Sommiges leef in ‘n noue verwantskap met mense, en etlike spesies trek voordeel uit menslike aktiwiteite en landbou.[5] Meeste is standvoëls maar hulle kan daagliks pendel na voedingsareas,[5] lokaal rondtrek na vrug- en bessiedraende bome, of nomadies wees in woestynareas. Hulle benut terrestriële sowel as boomhabitatte, en sommige verlaat nooit die woudbaldakyn nie. Die terrestriële saadvretende en arboreale vrugtevretende spesies word in Engels onderskeidelik as "doves" en "pigeons" onderskei. Die "doves" is oorwegend kleiner gebou met korter, meer geronde sterte.[6]

Aan die voorkant van die slukderm (esofágus) is ‘n krop waarin saad eers geweek word voordat dit na die klierpens vervoer word. Die graanvretende spesies moet daarom gereeld drink,[5] en water word (in teenstelling met ander voëls) opgesuig sonder om die kop agteroor te kantel.[6] Gevolglik kan hulle vinnig 'n groot hoeveelheid water inneem.[3] Grassaad, graan, bessies en vrugte vorm die dieet, maar rysmiere[5] en slakke word ook gevreet.[1] Die vrugtevreters drink soms nie, maar vul hul dieet aan met klam grond of modder ter wille van die minerale daarin.[7]

Die kop is klein en gerond, met soms ‘n ontblote vel om die oog. Aan die sagte basis van die bosnawel (om die neusgate) is ‘n vlesige washuid met onbekende funksie,[6] en aan die snawelvoorpunt ‘n harde uitbulting.[8] Hul digte veredos toon ‘n besonderse netheid van die kontoervere,[8] en die vlerkvere pas insgelyk besonder nousluitend om die rug en sye.[9] Vlekke met kleurspeling is dikwels op die nek- of vlerkdekvere aanwesig.[1] Hul nek is kort, die krop groot,[6] die bene kort en sterk, en die stert groot en tot meerdere of mindere mate gerond.[8][9] Hulle is kompak gebou met sterk, gepunte vlerke[6][9] wat by die groter spesies aansienlike dryfkrag of versnelling in vlug verskaf. ‘n Kransduif kan in pendelvlug ‘n spoed van 80km/h gemaklik handhaaf,[8] terwyl ‘n tortelduif ‘n migrasiespoed van 61 tot 72 km/h volhou.[10] Dorst (1974) het 192 tot 244 hartslae per minuut by ‘n rustende groot duif aangeteken.[10][11]

Duiwe is by tye gregaries by hul voeding-, drink- en oornagplekke, selfs met ander duifspesies. Ander soos die grootringduif vergader weer nooit in groot getalle nie,[5] en geen duiwe maak koloniaal nes nie.[12] Hul territoriale roepe word met ’n geslote snawel[1] en opgebolde keel geuiter, en ‘n vertoonvlug of vertoning reg voor die wyfie is by sommige aanwesig.[5][6] Hulle is monogaam en meestal sonder gender-dimorfisme, alhoewel die mannetjies groter is.[12]

Duiwe broei enige tyd van die jaar, maar oorwegend laatwinter tot lente.[12] Hul neste word in bome of rankplante, op kranse of geboue, of by uitsondering op die grond geplaas.[1] Die karige platformneste uit enkele takkies word deur albei ouers gebou. Hierop word gewoonlik twee gladde wit of troebelwit eiers gelê,[1][5] maar by sommige spesies slegs een,[9] en by ander weer vier.[13] Die inkubasietyd wissel van 12 tot 20 dae, en die kuikenperiode van 11 tot 35 dae.[12] By sommige broei die mannetjie bedags en die wyfie snags.[7] Die altrisiale kuikens is aanvanklik blind met geen of slegs karige dons,[1] maar na ‘n week is hulle reeds met skagvere bedek.[5] Hul mis is nie in ‘n gelatiensakkie gehul nie en die nes word gevolglik bevuil namate hulle groter word.[13] Die ouers verwyder soms die eierdoppe, maar bevuil die nes andersins soos die kuikens, wat moontlik die nes versterk.[13] Die kuikens steek hul snawels in die ouer se keel om duifmelk (soms kropmelk genoem) te kry, wat hul enigste voeding vir die eerste paar dae is, voordat dit deur saad uit die krop vervang word.[13] Duifmelk word deur afbraak van epitheliale selle aan die slukdermwand (esofágus) gevorm.[5] Dit bestaan uit water, vette en proteïene, en die produksie daarvan word deur die enkelketting-proteïenhormoon prolaktien beïnvloed.[13] Die proses en eindproduk toon ooreenkomste met melkproduksie by soogdiere.[5][13] Deur ‘n gebreekte vlerk afleidingsvertoning kan hulle roofdiere van die nes weglok.

Spesies

wysig
Wildeposduiwe rus teen 'n krans in Iran

Genus Columba

  • Columba livia — Wildeposduif
  • Columba oenas
  • Columba trocaz
  • Columba bollii
  • Columba junoniae
  • Columba leucocephala
  • Columba flavirostris
  • Columba fasciata
  • Columba rupestris — Klipduif
  • Columba leuconota
  • Columba guinea — Kransduif
  • Columba albitorques
  • Columba eversmanni
  • Columba oliviae
  • Columba palumbus
  • Columba unicincta
  • Columba arquatrix — Bosduif
  • Columba sjostedti
  • Columba thomensis
  • Columba polleni
  • Columba hodgsonii
  • Columba albinucha
  • Columba pulchricollis
  • Columba elphinstonii
  • Columba torringtoni
  • Columba punicea
  • Columba argentina
  • Columba palumboides
  • Columba janthina
  • Columba versicolor (uitgestorwe)
  • Columba vitiensis
  • Columba leucomela
  • Columba jouyi (uitgestorwe)
  • Columba pallidiceps
  • Columba leucocephala
  • Columba squamosa
  • Columba speciosa
  • Columba picazuro
  • Columba corensis
  • Columba maculosa
  • Columba fasciata
  • Columba araucana
  • Columba caribaea
  • Columba cayennensis
  • Columba flavirostris
  • Columba oenops
  • Columba inornata
  • Columba plumbea
  • Columba subvinacea
  • Columba nigrirostris
  • Columba goodsoni
  • Columba delegorguei — Withalsbosduif
  • Columba iriditorques
  • Columba malherbii
  • Columba larvata — Kaneelduif
  • Columba simplex

Genus Streptopelia

  • Streptopelia turtur — Europese tortel
  • Streptopelia lugens — Treurtortel
  • Streptopelia hypopyrrha — Adamawatortel
  • Streptopelia orientalis — Oosterse tortel
  • Streptopelia bitorquata — Javaanse tortel
  • Streptopelia dusumieri — Filippynse tortel
  • Streptopelia decaocto — Turkse tortel
  • Streptopelia xanthocycla — Birmaanse tortel

Genus Spilopelia

'n Lemoenduif-mannetjie roep met opgebolde keel en geslote snawel naby Kriel, Mpumalanga
  • Spilopelia chinensis — Chinese rooiborsduif
  • Spilopelia suratensis — Indiese rooiborsduif
  • Spilopelia senegalensis — Lemoenduif

Genus Nesoenas

Genus Macropygia

  • Macropygia unchall
  • Macropygia amboinensis
  • Macropygia phasianella
  • Macropygia magna
  • Macropygia rufipennis
  • Macropygia tenuirostris
  • Macropygia emiliana
  • Macropygia nigrirostris
  • Macropygia mackinlayi
  • Macropygia ruficeps

Genus Reinwardtoena

  • Reinwardtoena reinwardtii
  • Reinwardtoena browni
  • Reinwardtoena crassirostris

Genus Turacoena

  • Turacoena manadensis
  • Turacoena modesta

Genus Turtur

Genus Oena

'n Onvolwasse Namakwaduifie in Etoshawildtuin

Genus Chalcophaps

  • Chalcophaps indica
  • Chalcophaps stephani

Genus Henicophaps

  • Henicophaps albifrons
  • Henicophaps foersteri

Genus Phaps

  • Phaps chalcoptera
  • Phaps elegans
  • Phaps histrionica

Genus Ocyphaps

  • Ocyphaps lophotes

Genus Geophaps

  • Geophaps plumifera
  • Geophaps scripta
  • Geophaps smithii

Genus Petrophassa

  • Petrophassa rufipennis
  • Petrophassa albipennis
Die diamantduifie (Geopelia cuneata) van die Australiese "outback" is die kleinste duifspesie en weeg 30 g.[2]

Genus Geopelia

  • Geopelia cuneata — Diamantduifie
  • Geopelia striata — Sebraduifie
  • Geopelia placida
  • Geopelia maugei
  • Geopelia humeralis

Genus Leucosarcia

  • Leucosarcia melanoleuca
'n Treurduif (Zenaida macroura) met opgeskote kuikens in Arizona, VSA

Genus Zenaida

  • Zenaida graysoni
  • Zenaida auriculata
  • Zenaida aurita
  • Zenaida galapagoensis
  • Zenaida asiatica
  • Zenaida meloda
  • Zenaida macroura — Treurduif

Genus Ectopistes

Genus Columbina

  • Columbina passerina
  • Columbina minuta
  • Columbina buckleyi
  • Columbina talpacoti
  • Columbina picui
  • Columbina cruziana
  • Columbina cyanopis

Genus Claravis

  • Claravis pretiosa
  • Claravis godefrida
  • Claravis mondetoura

Genus Metropelia

  • Metriopelia ceciliae
  • Metriopelia morenoi
  • Metriopelia melanoptera
  • Metriopelia aymara

Genus Scardafella

  • Scardafella inca
  • Scardafella squammata

Genus Uropelia

  • Uropelia campestris

Genus Leptotila

  • Leptotila verreauxi
  • Leptotila megalura
  • Leptotila rufaxilla
  • Leptotila plumbeiceps
  • Leptotila pallida
  • Leptotila battyi
  • Leptotila wellsi
  • Leptotila jamaicensis
  • Leptotila cassini
  • Leptotila ochraceiventris
  • Leptotila conoveri
Die Nicobarduif (Caloenas nicobarica) is inheems aan Suid-Asië
Fisantduiwe (Otidiphaps nobilis), soos sekere fisantspesies, leef hoofsaaklik op die woudvloer.[2]

Genus Geotrygon

  • Geotrygon lawrencii
  • Geotrygon carrikeri
  • Geotrygon costaricensis
  • Geotrygon goldmani
  • Geotrygon saphirina
  • Geotrygon caniceps
  • Geotrygon versicolor
  • Geotrygon chiriquensis
  • Geotrygon veraguensis
  • Geotrygon albifacies
  • Geotrygon linearis
  • Geotrygon frenata
  • Geotrygon chrysia
  • Geotrygon mystacea
  • Geotrygon violacea
  • Geotrygon montana

Genus Starnoenas

  • Starnoenas cyanocephala

Genus Caloenas

  • Caloenas nicobarica — Nicobarduif

Genus Gallicolumba

  • Gallicolumba luzonica
  • Gallicolumba criniger
  • Gallicolumba platenae
  • Gallicolumba keayi
  • Gallicolumba menagei
  • Gallicolumba rufigula
  • Gallicolumba tristigmata
  • Gallicolumba jobiensis
  • Gallicolumba kubaryi
  • Gallicolumba erythroptera
  • Gallicolumba xanthonura
  • Gallicolumba stairi
  • Gallicolumba ferruginea (uitgestorwe)
  • Gallicolumba sanctaecrucis
  • Gallicolumba salamonis (uitgestorwe)
  • Gallicolumba rubescens
  • Gallicolumba beccarii
  • Gallicolumba canifrons
  • Gallicolumba hoedtii
  • Gallicolumba norfolciensis (uitgestorwe)

Genus Trugon

  • Trugon terrestris

Genus Microgoura

  • Microgoura meeki (moontlik uitgestorwe)

Subfamilie Otidiphabinae

wysig

Genus Otidiphaps

  • Otidiphaps nobilis — Fisantduif
'n Victoriakroonduif (Goura victoria) van Wes-Papoea, Indonesië. Dit is die grootste duifspesie, en weeg 2,4 kg.[2]

Subfamilie Gourinae

wysig

Genus Goura

  • Goura cristata
  • Goura scheepmakeri
  • Goura victoria — Victoriakroonduif

Subfamilie Didunculinae

wysig

Genus Didunculus

  • Didunculus strigirostris

Subfamilie Treroninae

wysig
'n Bruinvrugteduif (Phapitreron leucotis), endemies aan die Filippyne, in 'n illustrasie deur Joseph Smit

Genus Phapitreron

  • Phapitreron leucotis
  • Phapitreron amethystina
  • Phapitreron cinereiceps

Genus Treron

  • Treron fulvicollis
  • Treron olax
  • Treron vernans
  • Treron bicincta
  • Treron pompadora
  • Treron curvirostra
  • Treron griseicauda
  • Treron teysmannii
  • Treron floris
  • Treron psittacea
  • Treron capellei
  • Treron phoenicoptera
  • Treron waalia
  • Treron australis
  • Treron calva – Papegaaiduif
  • Treron pembaensis
  • Treron sanctithomae
  • Treron apicauda
  • Treron oxyura
  • Treron seimundi
  • Treron sphenura
  • Treron sieboldii
  • Treron formosae

Genus Ptilinopus

Die kornetduif (P. coronulatus) is endemies aan Nieu-Guinee, en behoort tot die kleurryke jufferduifgenus, Ptilinopus.
  • Ptilinopus cinctus
  • Ptilinopus alligator
  • Ptilinopus dohertyi
  • Ptilinopus porphyreus
  • Ptilinopus marchei
  • Ptilinopus merrilli
  • Ptilinopus occipitalis
  • Ptilinopus fischeri
  • Ptilinopus jambu
  • Ptilinopus subgularis
  • Ptilinopus leclancheri
  • Ptilinopus bernsteinii
  • Ptilinopus magnificus
  • Ptilinopus perlatus
  • Ptilinopus ornatus
  • Ptilinopus tannensis
  • Ptilinopus aurantiifrons
  • Ptilinopus wallacii
  • Ptilinopus superbus
  • Ptilinopus perousii
  • Ptilinopus porphyraceus
  • Ptilinopus pelewensis
  • Ptilinopus rarotongensis
  • Ptilinopus roseicapilla
  • Ptilinopus regina
  • Ptilinopus richardsii
  • Ptilinopus purpuratus
  • Ptilinopus chalcurus
  • Ptilinopus coralensis
  • Ptilinopus greyii
  • Ptilinopus huttoni
  • Ptilinopus dupetithouarsii
  • Ptilinopus mercierii
  • Ptilinopus insularis
  • Ptilinopus coronulatus
  • Ptilinopus pulchellus
  • Ptilinopus monacha
  • Ptilinopus rivoli
  • Ptilinopus solomonensis
  • Ptilinopus viridis
  • Ptilinopus eugeniae
  • Ptilinopus iozonus
  • Ptilinopus insolitus
  • Ptilinopus hyogaster
  • Ptilinopus granulifrons
  • Ptilinopus melanospila
  • Ptilinopus nanus
  • Ptilinopus arcanus
  • Ptilinopus victor
  • Ptilinopus luteovirens
  • Ptilinopus layardi

Genus Drepanoptila

  • Drepanoptila holosericea

Genus Alectroenas

  • Alectroenas madagascariensis
  • Alectroenas sganzini
  • Alectroenas pulcherrima

Genus Ducula

'n Australiese muskaatduif (Ducula spilorrhoa) in die Melbourne-dieretuin, Australië
Australiese muskaatduiwe (Ducula spilorrhoa) voed op vrugte van 'n Carpentaria-palm in noordelike Queensland, Australië.
  • Ducula poliocephala
  • Ducula forsteni
  • Ducula mindorensis
  • Ducula radiata
  • Ducula carola
  • Ducula aenea
  • Ducula perspicillata
  • Ducula concinna
  • Ducula pacifica
  • Ducula oceanica
  • Ducula aurorae
  • Ducula galeata
  • Ducula rubricera
  • Ducula myristicivora
  • Ducula rufigaster
  • Ducula basilica
  • Ducula finschii
  • Ducula chalconota
  • Ducula pistrinaria
  • Ducula rosacea
  • Ducula whartoni
  • Ducula pickeringii
  • Ducula latrans
  • Ducula brenchleyi
  • Ducula bakeri
  • Ducula goliath
  • Ducula pinon
  • Ducula melanochroa
  • Ducula mullerii
  • Ducula zoeae
  • Ducula badia
  • Ducula lacernulata
  • Ducula cineracea
  • Ducula bicolor
  • Ducula spilorrhoa — Australiese muskaatduif
  • Ducula luctuosa

Genus Lopholaimus

  • Lopholaimus antarcticus

Genus Hemiphaga

  • Hemiphaga novaeseelandiae

Genus Cryptophaps

  • Cryptophaps poecilorrhoa

Genus Gymnophaps

  • Gymnophaps albertisii
  • Gymnophaps mada
  • Gymnophaps solomonensis

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 1,7 Maclean, Gordon Lindsay; Newman, Kenneth; Lockwood, Geoff (1984). Roberts birds of South Africa (5de uitg.). Kaapstad: John Voelcker Bird Book Fund. p. 302. ISBN 0-620-07681X.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 "Pigeons and Doves". encyclopedia.com. Besoek op 15 Februarie 2024.
  3. 3,0 3,1 Die Suid-Afrikaanse voëlgids (4de uitgawe), John Sinclair en John Mendelsohn, 1987. p.14
  4. Jobling, James A.; Fowling, Richard (1991). A Dictionary of Scientific Bird Names. Oxford: Oxford University Press. p. 59. ISBN 0-19-854634-3.
  5. 5,00 5,01 5,02 5,03 5,04 5,05 5,06 5,07 5,08 5,09 Prozesky, O.P.M.; Findlay, Dick (1974). Veldgids – Voëls van Suider-Afrika (1ste uitg.). Johannesburg: Perskor Uitgewery. p. 149-152. ISBN 0-628-00266-1.
  6. 6,0 6,1 6,2 6,3 6,4 6,5 Carnaby, Trevor (2008). "Doves". Beat about the bush: Birds (1ste uitg.). Johannesburg: Jacana. p. 570-572. ISBN 9781770092419.
  7. 7,0 7,1 Carnaby, Trevor (2008). "Pigeons". Beat about the bush: Birds (1ste uitg.). Johannesburg: Jacana. p. 665. ISBN 9781770092419.
  8. 8,0 8,1 8,2 8,3 Prozesky, O.P.M.; van Rooyen, Minette (1964). Uit die Natuur: Ons Voëls. Johannesburg: Voortrekkerpers. p. 153.
  9. 9,0 9,1 9,2 9,3 Gill, E. Leonard; Winterbottom, J. M. (hersiening) (1975). A first guide to South African birds (7de uitg.). Kaapstad: Maskew Miller. p. 114. ISBN 0623005964.
  10. 10,0 10,1 Bologna, Gianfranco; Mondadori, Arnoldo (1978). The World of Birds: Sampson Low Guides. Sampson Low. pp. 44, 91. SBN 562-00112-3.
  11. Dorst J., The Life of Birds, Weidenfeld & Nicolson, Londen, 1974
  12. 12,0 12,1 12,2 12,3 Carnaby, Trevor (2008). "Introduction". Beat about the bush: Birds (1ste uitg.). Johannesburg: Jacana. p. 56. ISBN 9781770092419.
  13. 13,0 13,1 13,2 13,3 13,4 13,5 Carnaby, Trevor (2008). "Crop milk". Beat about the bush: Birds (1ste uitg.). Johannesburg: Jacana. pp. 498–500. ISBN 9781770092419.