Djakarta is die hoofstad en grootste stad van Indonesië. Die oorspronklike naam van die stad is Sunda Kelapa (tot 1527). Die veldheer Fatahillah verower die stad in 1527 en die naam word Jayakarta (1527–1619). Batavia/Jakarta het van 'n klein hawe vinnig tot die grootste stad in Indonesië ontwikkel. Batavia is die naam wat die Indonesiese hoofstad in die Hollandse tydperk gedra het (1619–1942). Djakarta lê op die Java-eiland.

Djakarta

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Indonesië Indonesië
 Koördinate6°12′S 106°49′O / 6.200°S 106.817°O / -6.200; 106.817
 Stigting
 Oppervlakte: 
 - Totaal661,5 vk km
 Hoogte bo seevlak8 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2020)10 562 088
 - Bevolkingsdigtheid15 907/vk km
 - Metropolitaanse gebied33 430 285
 TydsoneUTC+7
 GoewerneurAnies Baswedan
 Amptelike webwerfjakarta.go.id

Djakarta is ook die ekonomiese en finansiële sentrum van Indonesië en 'n spesiale provinsie. In die Metropolitaanse Hoofstadgebied van Djakarta is onder andere Tangerang en Suid-Tangerang geleë.

Geskiedenis wysig

Djakarta is oorspronklik Sunda Kelapa genoem. Die stad is later verower deur Fatahillah, wat die stad Jayakarta genoem het (op 22 Junie 1527, steeds die amptelike stigtingsdatum van die stad),

Jan Pieterszoon Coen het die stad in 1613 van die inwoners verower en vernietig. Hy het die nuwe fort en die nuwe stad gebou op die oorblyfsels. Aanvanklik wou hy dit Nieuw-Hoorn (na sy geboortedorp Hoorn) noem, maar die Here XVII, die hoogste gesag van die VOC, het anders besluit. Die stad is Batavia genoem en het so gebly tot 1942, die jaar dat die Nederlandse Oos-Indiese Eilande deur Japannese troepe beset is. Batavia is toe herdoop tot Djakarta.

Na die onafhanklikheid van Indonesië het Djakarta die hoofstad van die nuwe land geword. In 1972 verander die spelling van die stadsnaam na Jakarta.

Besienswaardighede wysig

Nieu-Jakarta
Oud-Jakarta
  • Monas (Nasionale Monument)
  • Sunda Kelapa (ou koloniale hawe)
  • Taman Impian Jaya Ancol
  • Taman Mini Indonesia Indah
  • Ragunan Dieretuin
  • Duisend eilande (Kepulauan Seribu)
  • Glodok (Chineese wyk)
  • Sea World
  • Oud-Stadhuis van Batavië (nou Museum Sejarah Jakarta)

Vervoer wysig

Susterstede wysig

Eksterne skakels wysig