Die Rugbykampioenskap

Die Rugbykampioenskap (voorheen bekend as die Drienasiesreeks) is ’n internasionale rugbykompetisie wat jaarliks in die Suidelike Halfrond gespeel word tussen die nasionale rugbyspanne van Argentinië, Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika, onderskeidelik die Poemas, Wallabies, All Blacks en Springbokke genoem. Die kompetisie word georganiseer deur SANZAAR, ’n konsortium wat gestig is deur die Australiese, Nieu-Seelandse en Suid-Afrikaanse Rugbyunies; wat nou ook die Argentyne betrek. Die huidige kampioen is Nieu-Seeland, wat die 2023-toernooi gewen het.

Die Rugbykampioenskap
2024-Rugbykampioenskapreeks
Beskrywing.
Kenteken van die Rugbykampioenskap

SportsoortRugby
Gestig1996 (as Drienasies)
2012 (as die Rugbykampioenskap)
EienaarSANZAAR
Inwydingseisoen1996 (Drienasiesreeks)
2012 (Die Rugbykampioenskapreeks)
Deelnemende landeVlag van Argentinië Argentinië
Vlag van Australië Australië
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Aantal spanne4
Mees onlangse kampioenVlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (2023)
Verwante kompetisiesBledisloebeker
Mandela Uitdaagplaat
Poematrofee
Vryheidsbeker

Die Rugbykampioenskap is die opvolger van die Drienasiesreeks (1996–2011, 2020). In die media word na die wenner van die Rugbykampioenskap soms nieamptelik as die Suidelike Halfrond-kampioen verwys. As deel van Die Rugbykampioenskap word om die Mandela Uitdaagplaat, Bledisloebeker, Vryheidsbeker en Poematrofee meegeding. Nieu-Seeland hou die rekord vir die meeste toernooititels, met 20 titels. Hulle kon die ou Drienasiesreeks tien keer wen, gevolg deur Suid-Afrika met vier en Australië met drie titels. Sedert die Rugbykampioenskap in 2012 ’n aanvang geneem het, het slegs Argentinië nog nie die toernooi gewen nie.

Ten spyte van die groot tydsverskil tussen die lande (7,5 ure tussen Nieu-Seeland en Suid-Afrika, en 5,5 ure tussen Argentinië en Suid-Afrika) is daar groot belangstelling onder al die ondersteuners wat die wedstryde op televisie volg wanneer hul spanne oorsee speel. Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika behoort tot die beste rugbylande wêreldwyd: Australië het die Rugbywêreldbekertoernooi twee keer gewen, terwyl beide Nieu-Seeland en Suid-Afrika dit drie keer elk gewen het. Volgens Wêreldrugby se ranglys is Argentinië, Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika die vier beste spanne van die Suidelike Halfrond.

Geskiedenis wysig

Voorbereiding vir die Nieu-Seelandse haka voor die laaste Drienasieswedstryd in 2005 teen Australië in Edenparkstadion, Auckland
’n Suid-Afrikaanse lynstaan teen Nieu-Seeland in 2006, Wellington
Die All Blacks se Losgemaal teen die Springbokke tydens die Drienasiereeks in 2011
’n Nieu-Seelandse lynstaan teen Australië in 2017, Sydney

’n Soortgelyke kampioenskap soos die Noordelike Halfrond se hedendaagse Sesnasies-toernooi – en sy voorgangers – het in die Suidelike Halfrond nie bestaan nie; net Australië en Nieu-Seeland het elke jaar die Bledisloebeker uitgespeel. Met die einde van Apartheid in Suid-Afrika is dié land weer tot internasionale sport toegelaat. Die amptelike verklaring van die professionalisering van rugby in Augustus 1995 het die konsep vir die Drienasiesreeks moontlik gemaak. Tydens die Rugbywêreldbeker 1995 in Suid-Afrika is onderhandelings tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika se rugbyunies gevoer en SANZAR, die voorganger van die hedendaagse SANZAAR, gestig. Die eerste toernooi is uiteindelik in 1996 gehou en deur Nieu-Seeland gewen. In 2012 het Argentinië by die toernooireeks aangesluit, wat sedertdien as Die Rugbykampioenskap bekend staan. In 2020 het die toernooi kortliks na die ou Drienasies teruggekeer, nadat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie weens die wêreldwye Covid-19-pandemie besluit het om die Springbokke aan dié toernooi te onttrek.

Uitslae wysig

Algeheel wysig

Drienasieswenners wysig

JaarWennerSpeelWenGelykopVerloorPunte virPunte  
teen
Punte-
verskil
Bonus-
punte
Liga-
punte
1996 Nieu-Seeland440011960+59117
1997 Nieu-Seeland4400159109+50218
1998 Suid-Afrika44008054+26117
1999 Nieu-Seeland430110361+42012
2000 Australië430110486+18214
2001 Australië42118175+6111
2002 Nieu-Seeland43019765+32315
2003 Nieu-Seeland440014265+77218
2004 Suid-Afrika420211098+12311
2005 Nieu-Seeland430111186+25315
2006 Nieu-Seeland6501179112+67323
2007 Nieu-Seeland430110059+41113
2008 Nieu-Seeland6402152106+46319
2009 Suid-Afrika6501158130+28121
2010 Nieu-Seeland6600184111+73327
2011 Australië43019279+13113
2020 Nieu-Seeland420211854+64311

Rugbykampioenskapwenners wysig

JaarWennerSpeelWenGelykVerloorPunte virPunte teenPunteverskilBonus-
punte
Ligapunte
2012 Nieu-Seeland660017766+111226
2013 Nieu-Seeland6600202115+87428
2014 Nieu-Seeland641116491+73422
2015 Australië33008548+37113
2016 Nieu-Seeland660026284+178630
2017 Nieu-Seeland6600246119+127428
2018 Nieu-Seeland6501225132+93525
2019 Suid-Afrika32109746+51212
2021 Nieu-Seeland6501218104+114525
2022 Nieu-Seeland6402195128+67319
2023 Nieu-Seeland330011439+75214

Drienasies (1996–2011, 2020) wysig

JaarKampioenBledisloebekerMandela UitdaagplaatVryheidsbekerPoematrofeeHoutlepel
1996 Nieu-SeelandNie uitgespeel nieNie uitgespeel nieNie uitgespeel nie Australië
1997 Nieu-Seeland Australië
1998 Suid-Afrika Australië Nieu-Seeland
1999 Nieu-Seeland Australië Suid-Afrika
2000 Australië Suid-Afrika
2001 Australië Suid-Afrika
2002 Nieu-Seeland Australië Suid-Afrika Suid-Afrika
2003 Nieu-SeelandNie uitgespeel nie Suid-Afrika
2004 Suid-Afrika Nieu-Seeland Suid-Afrika Nieu-Seeland
2005 Nieu-SeelandNie uitgespeel nie Australië
2006 Nieu-Seeland Australië Nieu-Seeland Suid-Afrika
2007 Nieu-Seeland Australië Nieu-Seeland Suid-Afrika
2008 Nieu-Seeland Australië Nieu-Seeland Suid-Afrika
2009 Suid-Afrika Nieu-Seeland Suid-Afrika Suid-Afrika Australië
2010 Nieu-Seeland Australië Nieu-Seeland Suid-Afrika
2011 Australië Nieu-Seeland Australië Nieu-Seeland Suid-Afrika
2020 Nieu-SeelandNie uitgespeel nie Australië Australië

Die Rugbykampioenskap (2012–tans) wysig

YearKampioenBledisloebekerMandela UitdaagplaatVryheidsbekerPoematrofeeHoutlepel
2012 Nieu-Seeland Australië Nieu-Seeland Australië Argentinië
2013 Nieu-Seeland Suid-Afrika Nieu-Seeland Australië Argentinië
2014 Nieu-Seeland Suid-Afrika Nieu-Seeland Australië Argentinië
2015 Australië Nieu-Seeland Australië Nieu-Seeland Argentinië Suid-Afrika
2016 Nieu-Seeland Australië Nieu-Seeland Australië Argentinië
2017 Nieu-Seeland Australië Nieu-Seeland Australië Argentinië
2018 Nieu-Seeland Australië Nieu-Seeland Australië Argentinië
2019 Suid-Afrika Nieu-Seeland Suid-Afrika Nieu-Seeland Australië Argentinië
2021 Nieu-Seeland Australië Nieu-Seeland Australië Argentinië
2022 Nieu-Seeland Australië Nieu-Seeland Australië Argentinië
2023 Nieu-Seeland Suid-Afrika Nieu-Seeland Argentinië Australië

Algehele punteleer wysig

Drienasies wysig

NasieWedstrydePunteBonus-
punte
Tabel-
punte
Kampioen-
skappe
gespeelgewengelykopverloor    vir        teen      verskil  
Nieu-Seeland765202420541449+6053524311
Australië763034315911817–226341603
Suid-Afrika722814314801831–351241383
Argentinië41215684–28080

Bron: espnscrum.com(besoek op 8 Oktober 2018, statistiek dus op datum.)


Die Rugbykampioenskap wysig

NasieWedstrydePunteBonus-
punte
Tabel-
punte
Kampioen-
skappe
gespeelgewengelykopverloor    vir        teen        verskil    
Nieu-Seeland57482719791059+920362339
Suid-Afrika572842514491289+160261461
Australië572532913041560–256131271
Argentinië57814810361868–83212430

Bygewerk op 30 Julie 2023
Bron: espnscrum.com (besoek op 30 Julie 2023)


Meeste punte en drieë wysig

Die volgende afdeling bevat rekords van punte en drieë wat aangeteken is in die Drienasiesreeks/Die Rugbykampioenskap (alle tye).

Voorste puntemakers wysig

RangSpelerLandPunte
01Dan Carter Nieu-Seeland554
02Morné Steyn Suid-Afrika390
03Nicolás Sánchez Argentinië344
04Andrew Mehrtens Nieu-Seeland328
05Beauden Barrett Nieu-Seeland317
06Matt Burke Australië271
07Matt Giteau Australië266
08Handré Pollard Suid-Afrika262
09Bernard Foley Australië249
10Percy Montgomery Suid-Afrika210

Opgedateer: 30 Julie 2023
Bron: Itsrugby.[1]

Voorste driedrukkers wysig

RangSpelerLandDrieë
1Bryan Habana Suid-Afrika21
2Ben Smith Nieu-Seeland18
3Richie McCaw Nieu-Seeland17
Christian Cullen Nieu-Seeland
Rieko Ioane Nieu-Seeland
6Beauden Barrett Nieu-Seeland16
7Joe Rokocoko Nieu-Seeland15
8Israel Folau Australië14
Adam Ashley-Cooper Australië
10Doug Howlett Nieu-Seeland13

Opgedateer: 30 Julie 2023
Bron: Itsrugby[1]

Sien ook wysig

Verwysings wysig

  1. 1,0 1,1 (en) "Rugby Championship – Players stats – It's rugby". Besoek op 30 Julie 2023.

Eksterne skakels wysig