Die Real Housewives van die Wynlande

Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie.
Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg.

Die Real Housewives van die Wynlande (of RHOWL) is ‘n realiteitsreeks wat ‘n eksklusiewe kykie gee en die lewens volg van 6 unieke, interessante en dinamiese vroue van die Wynlande en hul weelderige leefstyle. Die reeks begin op 20 April 2023 op KykNET, DStv kanaal 144.

Die Real Housewives van die Wynlande
Genre Realiteit
Met Amy Kleinhans-Curd,

Mariska Thorpe,Karen Schwendtke,Candice Bester,Michelle van Zyl,

Anita Lloyd
Taal Afrikaans
Aantal seisoene 1
Aantal episodes 14
Produksie
Looptydperk ~45 minute
Produksiemaatskappy Red Pepper
Uitsending
Oorspronklike kanaal kykNET
Beeldformaat 1080i (HDTV)
Klankformaat Stereo
Eerste lopie 20 April 2023 (2023-04-20)

Die reeks is in en om Franschhoek, Paarl, Stellenbosch en Somerset-Wes verfilm.

The Real Housewives-franchise het in Maart 2006 sy debuut in Amerika met The Real Housewives of Orange County gemaak. Intussen is daar elf verskillende reekse in Amerika vervaardig met 21 internasionale weergawes waaronder reekse in Durban, Johannesburg en Kaapstad. Die Real Housewives van Pretoria, wat in Oktober 2022 op kykNET begin het, was die eerste reeks in Afrikaans.

Die formaat word internasionaal deur NBCUniversal Formats versprei en het al talle toekennings ontvang. [1]

AfrikaansDeutschEnglish Rolverdeling https://www.dstv.com/kyknet/af-za/program/die-real-housewives-van-die-wynlande