Denzel Washington

Amerikaanse akteur

Denzel Hayes Washington jr. (gebore op 28 Desember 1954)[1] is ’n Amerikaanse akteur en rolprentmaker. Hy is bekend vir sy vertonings op die skerm en verhoog en is al beskryf as 'n akteur wat "die konsep van die klassieke rolprentster" herkonfigureer het. Hy is ook bekend vir sy gereelde samewerking met regisseurs Spike Lee, Antoine Fuqua en Tony Scott. Deur sy loopbaan wat oor vier dekades strek, het Washington talle toekennings ontvang. Hy het drie Golden Globes gewen, ’n Tony[2] en twee Oscars: vir beste manlike byspeler in die historiese oorlogsdrama Glory (1989) en vir beste akteur in die misdaadriller Training Day (2001).[3]

Denzel Washington
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Washington in 2000.

GeboortenaamDenzel Hayes Washington jr.
Geboorte28 Desember 1954 (1954-12-28) (69 jaar oud)
Mount Vernon, New York Staat, Verenigde State
NasionaliteitAmerikaans
LewensmaatPauletta Pearson
Kinders4
Beroep(e)Akteur
Aktiewe jare1975–nou
ToekenningsOscar
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Loopbaan wysig

Washington het sedert die 1990's groot lof ontvang vir sy toneelspel, onder meer in rolle soos die Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis Steve Biko in Cry Freedom (1987), die menseregteaktivis Malcolm X in Malcolm X (1992), die bokser Rubin "Hurricane" Carter in The Hurricane (1999), die digter Melvin B. Tolson in The Great Debaters (2007) en die dwelmhandelaar Frank Lucas in American Gangster (2007). In 2016 was hy op die 73ste Golden Globe-toekenningsaand die ontvanger van die Cecil B. DeMille-prys vir sy lewenslange bydrae tot die vermaakbedryf.

Pryse en benoemings wysig

Washington het al sowat 60 rolprentpryse gewen en is talle ander kere benoem. Van sy belangrikste pryse en benoemings is:

Oscars wysig

JaarWerkKategorieUitslag
1988Cry FreedomBeste byspelerBenoem
1990GloryGewen
1993Malcolm XBeste akteurBenoem
2000The HurricaneBenoem
2002Training DayGewen
2013FlightBenoem
2017FencesBenoem
Beste rolprent (as vervaardiger)Benoem

Golden Globes wysig

JaarWerkKategorieUitslag
1988Cry FreedomBeste akteur in ’n dramaprentBenoem
1990GloryBeste byspeler in ’n rolprentGewen
1993Malcolm XBeste akteur in ’n dramaprentBenoem
1999The HurricaneGewen
2001Training DayBenoem
2007American GangsterBenoem
2013FlightBenoem
2016N.v.t.Cecil B. DeMille-prysGewen
2017FencesBeste akteur in ’n dramaprentBenoem
2018Roman J. Israel, Esq.Benoem

Grammys wysig

JaarWerkKategorieUitslag
1996John HenryBeste praatalbum vir kindersBenoem

Primetime Emmys wysig

JaarWerkKategorieUitslag
1995Hank Aaron: Chasing the DreamUitmuntende inligtingsreeks of -program (as vervaardiger)Benoem
2001Half Past Autumn: The Life And Works Of Gordon ParksUitmuntende dokumentêr of niefiksieprogram (as vervaardiger)Benoem

Screen Actors Guild Awards wysig

JaarWerkKategorieUitslag
2000The HurricaneUitmuntende spel deur ’n akteur in ’n hoofrolBenoem
2002Training DayBenoem
2008American GangsterUitmuntende spel deur ’n span in ’n rolprentBenoem
2012FlightUitmuntende spel deur ’n akteur in ’n hoofrolBenoem
2016FencesGewen
Uitmuntende spel deur ’n span in ’n rolprentBenoem
2017Roman J. Israel, Esq.Uitmuntende spel deur ’n akteur in ’n hoofrolBenoem

Verwysings wysig

  1. "Denzel Washington Biography (1954–)" (in Engels). Filmreference.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Desember 2019. Besoek op 14 Augustus 2011.
  2. "Five Ways Denzel Can Achieve His EGOT Dream" (in Engels). Newsfeed.time.com. 14 Junie 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Oktober 2019. Besoek op 14 Augustus 2011.
  3. (4 April 2002). "Halle Berry, Denzel Washington get historic wins at Oscars. Jet. Digitale weergawe besoek op 17 Maart 2008.