Denke

Denke verwys na idees of ’n aantal idees wat die gevolg is van ’n dinkproses. Hoewel denke ’n lewensnoodsaaklike aktiwiteit van die mens is, is daar geen konsensus oor hoe dit gedefinieer of verstaan behoort te word nie.

Die Denker deur Rodin (1840-1917).

Omdat denke onderliggend aan baie menslike aksies en wisselwerkings is, is dit al lank ’n doel van akademiese dissiplines om die fisieke en metafisiese oorsprong, prosesse en gevolge daarvan te verstaan, onder meer linguistiek, sielkunde, neurowetenskap, filosofie, kunsmatige intelligensie, biologie en sosiologie.

Denke stel die mens in staat om sin te maak van die wêreld wat hulle ondervind, en om dit te ontleed, verteenwoordig en modelleer, asook om voorspellings daaroor te maak.

Eksterne skakels wysig