Christelik-Demokratiese Unie

Die Christelik-Demokraties Unie (Duits: Christlich Demokratische Union Deutschlands; CDU) is 'n sentrum-regse politieke party in Duitsland. Dit word tans deur Armin Laschet gelei. Die CDU is die grootste party in die Bundestag, die Duitse federale wetgewer, nadat dit in die 2017-verkiesing 200 uit die 709 setels gewen het. Die party het gewelddig baie steun in die 2021-verkiesing verloor en gaan die tweede grootste party in die Bundestag wees wanneer dit weer vergader.

Christelik-Demokratiese Unie
CDU
Logo van die betrokke party.
LeierArmin Laschet
Gestig26 Junie 1945
HoofkwartierKonrad-Adenauer-Haus, Klingelhöferstraße 8, 10785 Berlyn, Duitsland
IdeologieChristen Demokraties
Amptelike kleureSwart en oranje
Webbladwww.cdu.de
Armin Laschet, die huidige leier van die CDU en die party se kandidaat vir kanselier in die 2021-verkiesing

Die CDU het 'n alliansie met die Christelik-Sosiale Unie van Beiere en hulle staan saam bekend as die Unie in die Bundestag. Die groep se parlementêre leier is tans Ralph Brinkhaus.

Die CDU regeer sedert 2005 vir Duitsland as hoof van 'n regerende koalisie onder leiding van bondskanselier Angela Merkel. Sy het die party tussen 2000 en 2018 gelei.[1]

Verwysings wysig

  1. Jefferson Chase, Rina Goldenberg (26 September 2021). The CDU: Germany's major postwar party seeking to redefine itself (Engels).