Chloroform

chemiese verbinding

Chloroform is 'n organiese verbinding met chemiese formule CHCl3. Dit is die drievoudige chloried van metaan.

Eienskappe

Algemeen

Naamchloroform 
IUSTC-naamTrichlorometaan
Struktuurformule van chloroform
Struktuurformule van chloroform
Chemiese formuleCHCl3
Molêre massa119,38 g/mol
CAS-nommer67-66-3  
Voorkomskleurlose vloeistof 
Dipoolmoment1,040 D  
Reukdrempel85 dpm
Fasegedrag
Smeltpunt-63,5 °C
Kookpunt61 °C
Digtheid1,484 (rel. water)
Oplosbaarheideffens in koue water 
Kritieke temperatuur263.33 °C 
Henry se konstante26,3(7) x 10-2 [L/Mol.Atm] 3400 [K]

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspuntonbrandbaar 
LD5036 mg/kg (akuut, oraal, rot); 20 000 mg/kg (op die vel; konyn) 
LC5047702 mg/m3 (rot; 4 uur) in water 43,8 mg/L (96 uur forel)[1]

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Geskiedenis wysig

Chloroform is in 1831 deur drie navorsers onafhanklik van mekaar ontdek:

  • Samuel Guthrie (1782–1848) (VS)
  • Eugène Souberian (1797–1859) (F)
  • Justus von Liebig (1803–1873) (D)

Die eerste aanwending was in die analgesie. Die Fransman Marie Jean Pierre Flourens het in 1847 hierdie aanwending op diere gemeld, maar die Skot James Young Simpson (1811–1870) het dit reeds in 1846 op mense geprobeer. In 1853 het selfs koningin Victoria by die geboorte van een van haar kinders chloroform gebruik en dit het hierdie aanwending populêr gemaak. Later het die kritiek gekom. Chloroform kan 'n onreëlmatige hartslag, lewerskade en nierskade veroorsaak en dit word teenswoordig altans in hierdie aanwending nie meer gebruik nie.Vandag word chloroform veral as oplosmiddel gebruik.[2]

Vervaardiging wysig

Daar is verskeie metodes om chloroform te vervaardig. In die nywerheid word dit veral gedoen deur metaan en chloor saam te verhit. Metaan word stapsgewys gechlorineer deur 'n radikaal-meganisme:

ReaksieProduk
monochloormetaan
dichloormetaan
trichloormetaan – chloroform
tetrachloormetaan

Die eindproduk is 'n mengsel van chlorometane en byprodukte wat deur distillasie geskei moet word.

Biologiese chloroform wysig

Mycena metata

Lug wat met grond in kontak is, bevat dikwels hoër konsentrasies chloroform as normaal. Daar is navorsing wat uitwys dat bepaalde swamme soos die Basidiomycetes-spesies Mycena metata en Peniophora pseudopini en die Deuteromycetes-spesie Cardariomyces fumago chloroform kan vervaardig.[3]


Sien ook wysig

Verwysings wysig