Chanté Hinds

Suid-Afrikaanse aktrise

Chanté Hinds is 'n Suid-Afrikaanse aktrise. Hinds is op 2 Augustus 1968 in Kaapstad gebore, maar word in Johannesburg groot. Sy matrikuleer by die Hoërskool Kemptonpark en verwerf daarna 'n B.A.-graad in Drama en Engels aan die Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O..

Chanté Hinds
Geboorte2 Augustus 1968 (1968-08-02) (55 jaar oud)
Kaapstad
NasionaliteitSuid-Afrika
Beroep(e)Aktrise
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Hinds trou aanvanklik met Evan Schoombie en daarna met Christian Zimelka. In 2007 tree sy vir 'n derde keer in die huwelik met 'n wolboer, Jan Möller. Die egpaar se oudste kind, die 18 maande oue seuntjie Jan Daniël Möller verdrink in 2009 in 'n plaasdam, net minder as twee jaar nadat haar broer in die see verdrink het.[1]

Filmografie wysig

Verwysings wysig

  1. TV-ster se baba verdrink in dam[dooie skakel], Beeld, 15 Mei 2009