Carina Nel

Suid-Afrikaanse aktrise

Carina Nel (geb. 4 Januarie 1988) is 'n Suid-Afrikaanse aktrise. Sy het op sesjarige ouderdom al begin toneelspeel en het haar dramagraad by die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie behaal.

Carina Nel
Geboorte4 Januarie 1988 (1988-01-04) (36 jaar oud)
NasionaliteitSuid-Afrikaans
Beroep(e)Aktrise
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Carina Nel is onder meer bekend vir haar rol as Isabel in SAUK1 se sepie Generations. Van 2016 af speel sy dokter Alexa Welman in 7de Laan en sy was in 2017 genomineer vir 'n Tempo-toekenning vir die sepieaktrise van die jaar. Sy het in 7de Laan eweneens die (dubbel)rol van die boosaardige karakter Amanda Louw gespeel.

Nel woon met haar eggenoot in Pretoria.

Eksterne skakels wysig