Bursa is ’n stad in Noordwes-Turkye en die hoofstad van die Bursa-provinsie. Met sy bevolking van 2 562 828 in 2007, is dit die land se vierde grootste stad. Bursa is in 2014 saam met Cumalıkızık deur UNESCO as wêrelderfenisgebied gelys.

Bursa

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Turkye Turkye
 Région (Admin. gewes)Bursa
 Département
 Koördinate40°11′10″N 29°04′00″O / 40.18611°N 29.06667°O / 40.18611; 29.06667
 Stigting188 v.C./187 v.C.
 Oppervlakte: 
 - Totaal1 036 vk km
 Hoogte bo seevlak100 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2007)1 431 172
 - Bevolkingsdigtheid1 381/vk km
 - Aire urbaine2 562 828
 TydsoneUTC +1
 - SomertydUTC +2
 Burgemeester (2008–2014)Recep Altepe (AKP)
 Amptelike webwerfwww.bursa.bel.tr

Bursa is aan die noordwestelike hange van Berg Uludağ in die suidelike Marmara-streek geleë. Daar word dikwels na die stad verwys as "Yeşil Bursa" ("Groen Bursa") vanweë sy talle parke en tuine, asook die groot woude in die omliggende gebied. Die stad is sinoniem met Berg Uludağ, ’n gewilde ski-oord, wat bo hom uittroon.

Daar is talle mausoleums van vroeë Ottomaanse sultans en ander geboue uit dié tyd. Die omringende vrugbare vlakte, sy warmbaddens en verskeie interessante museums, veral die argeologie-museum, is elemente waarvoor Bursa bekend is.

Galery

wysig

Verwysings

wysig
Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Bursa

Eksterne skakels

wysig