Buffelsbaai

Buffelsbaai is 'n strand en oord by Walkerpunt (Walker Point) naby Knysna, Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die strand is bekend as 'n 'veilige' strand; daar is geen gevaarlike seestrome nie. Die naam het ontstaan as gevolg van die buffels wat in hul honderde daar gewei het. Die laaste een is in 1883 geskiet. Die Goukammarivier se monding is net so entjie wes van die strand. Die strand is net per pad vanaf die N2 nasionale pad bereikbaar.

Buffelsbaai
Buffelsbaai is in Wes-Kaap
Buffelsbaai
Buffelsbaai
Koördinate: 34°5′0″S 22°58′0″O / 34.08333°S 22.96667°O / -34.08333; 22.96667Koördinate: 34°5′0″S 22°58′0″O / 34.08333°S 22.96667°O / -34.08333; 22.96667
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistriksmunisipaliteitTuinroete
Plaaslike MunisipaliteitKnysna
TydsoneUTC+2 (SAST)
SkeepswrakKiani Sato (2013)

Sien ook wysig

Bron wysig