Brits-Indië

Brits-Indië (Engels: British Raj of Indian Empire, Hindi: ब्रिटिश राज, Oerdoe: برطانوی راج) of Brits Rai (rāj afgelei van "regeer")[1] was 'n Britse kolonie op die Indiese subkontinent en dele van Indo-China, wat tussen 1858 en 1947 bestaan het. Die gebied het as Indië bekend gestaan en was onderverdeel in gebiede onder die gesag van inheemse vorste en gebiede wat direk deur die Britte regeer is. Die direkte beheer deur die Britse Oos-Indiese Kompanjie is ná die Indiese opstand van 1857 aan die Britse regering oorgedra.[2] Volgens die verdrae met die prinsdomme in 1857 het Indië 'n Keiserryk geword en Victoria van die Verenigde Koninkryk is as keiserin van Indië geproklameer.

Indian Empire
ब्रिटिश राज
برطانوی راج

British Raj


1858–1947

VlagWapenskild
VlagWapen
Volkslied: God Save the King/Queen
Ligging of Brits-Indië
Ligging of Brits-Indië
Brits-Indië in 1860
HoofstadKalkutta (1858–1912)
Nieu-Delhi (1912–1947)
Shimla (somer)
Taal/TaleHindoestani (Hindi en Oerdoe), Engels
GodsdiensBaha’i, Boeddhisme, Christendom, Djainisme, Hindoeïsme, Islam, Judaïsme, Sikhisme
RegeringMonargie
Keiser van Indië
 - 1858–1901Victoria
 - 1901–1910Edward VII
 - 1910–1936George V
 - 1936Edward VIII
 - 1936–1949George VI
Vise-Koning en Generaal-Goewerneur van Indië
 - 1858–1862Charles Canning (eerste)
 - 1947Louis Mountbatten (laaste)
WetgewerSentrale wetgewende raad
Historiese tydperkNuwe Tyd
 - Indiese opstand10 Mei 1857
 - Regering van Indië-wet2 Augustus 1858
 - Indiese Onafhanklikheids-wet15 Augustus 1947
 - Verdeling van Indië15 Augustus 1947
Oppervlakte
 - 19374 903 312 km2
1 893 179 sq mi
 - 19474 226 734 km2
1 631 951 sq mi
GeldeenheidRoepee
Vlootvaandel van Brits-Indië
Brits-Indië binne die Britse Ryk, 1921
Kaart van Brits-Indië, 1909
Verspreiding van godsdienste in Brits-Indië, 1909

Ná 1876 is die gebied Indiese Ryk (Indian Empire) genoem met die monarg van Groot-Brittanje as keiser van Indië. Soldate van die Indiese Ryk het aan die Britse Ryk se kant aan die Tweede Vryheidsoorlog, die Eerste Wêreldoorlog en die Tweede Wêreldoorlog geveg. Brits-Indië was ook 'n stigterslid van die Volkebond, die Verenigde Nasies en Indië het aan die Olimpiese Somerspele van 1900, 1920, 1928, 1932 en 1936 deelgeneem.

Onder Mahatma Gandhi het die Indiese onafhanklikheidsbeweging begin en het in 1947 sy doelwit bereik, maar Brits-Indië is vervolgens in die lande Indië en Pakistan verdeel.[3][4] Mianmar (destyds Burma genoem) het in 1937 'n eie kolonie geword, wat tydens die Tweede Wêreldoorlog deur Japan beset is en in 1948 onafhanklik geword het.[5][6]

Brits-Indië is as die juweel in die Britse Kroon beskou en die destyds belangrikste kolonie van die Britse Ryk, nog voor Australië, Kanada, Nieu-Seeland en Suid-Afrika.

Verwysings wysig

  1. (en) Oxford English Dictionary, 2nd edition, 1989: from Skr. rāj: to reign, rule; cognate with L. rēx, rēg-is, OIr. rī, rīg king
  2. (en) Oxford English Dictionary, 2nd edition, 1989. "b. spec. the British dominion or rule in the Indian sub-continent (before 1947). In full, British raj.
  3. (en) Metcalf, Barbara; Metcalf, Thomas R. (2006). A Concise History of Modern India (Cambridge Concise Histories). Cambridge and New York: Cambridge University Press. p. xxxiii. ISBN 0-521-68225-8.{{cite book}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  4. (en) Lyon, Peter (2008). Conflict Between India and Pakistan: An Encyclopedia. ABC-Clio, Inc.
  5. (en) Taylor, Robert (2006). Colonial Forces in British Burma in: Hack, Karl; Rettig, Tobias; Colonial Armies in Southeast Asia. Abingdon. p. 207. ISBN 978-0-415-33413-6.
  6. (en) Charney, Michael W. (2009). A History of Modern Burma. Cambridge University Press. p. 46-72.

Eksterne skakels wysig