Groot-Brittanje

eiland in die Noord-Atlantiese Oseaan aan die noordwestelike kus van die vasteland van Europa
(Aangestuur vanaf Britanje)
Hierdie artikel handel oor die eiland in Europa. Vir die huidige land, sien gerus Verenigde Koninkryk, en vir die voormalige land, sien gerus Koninkryk van Groot-Brittanje.

Groot-Brittanje (Engels: Great Britain, Wallies: Prydain Fawr, Skots-Gaelies: Breatainn Mhòr, Skots: Great Breetain, Kornies: Breten Veur; dikwels verkort tot slegs Brittanje) is die grootste eiland van die Britse Eilande, die grootste eiland in Europa en die agtste grootste eiland ter wêreld. Dit is geleë aan die weskus van die vasteland van Europa en is die hoofgebied van die Verenigde Koninkryk.

Groot-Brittanje
Inheemse naam: Great Britain (Engels)
Prydain Fawr (Wallies)
Breatainn Mhòr (Skots-Gaelies)
Great Breetain (Skots)
Breten Veur (Kornies)
Ligging van Groot-Brittanje in Wes- en Noord-Europa
Ligging van Groot-Brittanje in Wes- en Noord-Europa
Geografie

LiggingNoord- of Wes-Europa
Koördinate53°50′N 02°25′W / 53.833°N 2.417°W / 53.833; -2.417Koördinate: 53°50′N 02°25′W / 53.833°N 2.417°W / 53.833; -2.417
ArgipelBritse Eilande

Oppervlakte229 848 vk km
Hoogste puntBen Nevis 1 344 m
Administrasie
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
LandEngeland

HoofstadLonden
Grootste stadLonden (8 174 100)
Elizabeth IIElizabeth II

Demografie
Bevolking60 003 000

BevolkingsgroepeBritte, Engelse, Skotte, Walliesers
Die wêreld se negende grootste eiland en die grootste eiland van Europa en die Verenigde Koninkryk
Satellietbeeld van Groot-Brittanje.

Die term Groot-Brittanje word ook gebruik as 'n politieke term wat die kombinasie van Engeland, Skotland en Wallis beskryf, die drie nasies wat saam die hele eiland beslaan, alhoewel elkeen addisionele kleiner eilande insluit. Die term Brittanje word soms gebruik wanneer Groot-Brittanje bedoel word, en beide word gebruik om na die Verenigde Koninkryk te verwys, wat ook Noord-Ierland insluit. Groot-Brittanje word mees algemeen gebruik as 'n verkorting vir die ellelange "Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Noord-Ierland". Alhoewel dit onakkuraat is, word dié afkorting gereeld deur amptelike liggame as sinoniem vir die VK in sommige kontekste gebruik. (Daar word byvoorbeeld na die VK-span wat in die Olimpiese Spele deelneem verwys as 'Team GB', en die VK gebruik die Internasionale nommerplaatkode 'GB').

Staatkundige gebiede geassosieer met Groot-Brittanje wysig

Ander staatkundige gebiede in die Britse Eilande wysig

Eksterne skakels wysig