Borneo

derde grootste eiland in die wêreld volgens gebied, geleë in Suidoos-Asië

Borneo (Indonesies: Kalimantan; Maleis: Pulau Borneo), die wêreld se derde grootste eiland, ná Groenland en Nieu-Guinee, beslaan 'n oppervlakte van 743 330 km² en word begrens deur die Suid-Chinese See in die noordweste, die Soeloesee in die noordooste, die Celebessee in die ooste en die Javasee in die suide. Borneo is die grootste en mees noordelike van die vier Groot Soenda-eilande asook die grootste eiland van Asië. Dit is in die noorde van Java, in die noordooste van Soematra, in die ooste van die Maleise Skiereiland, in die suidweste van die Filippyne en in die noordweste van Soelawesi langs die ewenaar geleë. In die suidweste verbind die Karimatastraat die Javasee met die Suid-Chinese See en in die suidooste verbind die Makassarstraat die Celebessee met die Javasee.

Borneo
Inheemse naam: Kalimantan (Indonesië)
Pulau Borneo (Broenei en Maleisië)
Topografiese kaart van Borneo
Topografiese kaart van Borneo
Geografie
LiggingSuidoos-Asië
Koördinate01°N 114°O / 1°N 114°O / 1; 114Koördinate: 01°N 114°O / 1°N 114°O / 1; 114
ArgipelGroot Soenda-eilande

Oppervlakte743 330 vk km
Hoogste puntBerg Kinabalu 4 095 m
Administrasie
Vlag van Broenei Broenei
DistrikteBelait, Brunei en Muara, Temburong, Tutong

HoofstadBandar Seri Begawan
Grootste stadBandar Seri Begawan (50 000)

Vlag van Indonesië Indonesië
ProvinsiesWes-, Sentraal-, Suid-, Oos-, Noord-Kalimantan

Grootste stadSamarinda (842 691)

Vlag van Maleisië Maleisië
DeelstateSabah, Sarawak

grootste stadKuching (617 886)

Demografie
Bevolking21 258 000

BevolkingsgroepeKadazan-Dusun, Murut, Rungus-Momogun, Dayak, Maleiers, Han-Chinese, Banjar, Javane, Soendanese
Die wêreld se derde grootste eiland en Asië se grootste eiland
Nasa-Satellietbeeld van Borneo

Die grootste deel van Borneo se kus langs die Suid-Chinese See vorm die oostelike deel van Maleisië met die klein eksklawe Broenei tussenin, terwyl die oorblywende deel van dié eiland aan die eilandnasie Indonesië behoort. Dié eiland is op die aardbol net teenoor die Amasonerivier se reënwoud geleë en vorm dus die antipode. Borneo is veral bekend vir een van die wêreld se oudste reënwoude wat die enigste habitat van die Orangoetang vorm. As gevolg van sterk ontbossing is hierdie groot ape ernstig bedreig. Die eiland se langste rivier is die Kapuas wat in Sentraal-Borneo net suid van die grens tot Maleisië in die provinsie Wes-Kalimantan ontspring, in 'n suidwestelike rigting vloei en by Pontianak in die Karimatastraat uitmond.

Borneo se naam is dalk afgelei van die plaaslike naam vir die kokosneut, "Buah Nyiur". Broenei se naam is moontlik afgelei van die Sanskrit-woord váruṇa (वरुण) vir "water", of Varuna, die Hindoegod van reën. Inheemse Indonesiërs noem die eiland Kalimantan, wat afgelei is van die Sanskrit-woord Kalamanthana, wat "brandende weer-eiland" beteken en na die eiland se warm en vogtige tropiese weer verwys.[1]

Borneo het 'n bevolking van sowat 21 miljoen, waarvan die meeste Javane is, gevolg deur verwante etniese groepe soos Maleiers en Soendanese. Hulle besig hul eie moedertale, onderskeidelik Javaans, Maleis en Soendanees, maar ook die ampstaal van Indonesië, Indonesies. Al dié tale behoort tot die Maleis-Polinesiese tale. Chinees is die moedertaal van die Han-Chinese wat hulle veral in onlangse dekades op Borneo kom vestig het.

In Augustus 2019 het die Indonesiese president Joko Widodo aangekondig om die hoofstad van die "sinkende" Djakarta na 'n nuwe stad in die provinsie Oos-Kalimantan op Borneo te verskuif.[2]

Geografie wysig

Politiese kaart van Borneo
Deelstaat
of Provinsie
HoofstadLandOppervlakte
(km²)
Oppervlakte
(%)
Bevolking
(2010-sensus[3][4])
Bevolking
(%)
BroeneiBandar Seri BegawanOnafhanklike Sultanaat5 7700,77406 200
(2009-skatting)[5]
2,1
SarawakKuchingMaleisië124 45016,552 420 00912,2
SabahKota KinabaluMaleisië73 6199,793 120 04015,7
LabuanVictoriaMaleisië
Federale gebied
920,0185 2720,4
Oos-MaleisiëMaleisië198 16126,45 625 32128,4
Wes-KalimantanPontianakIndonesië146 76019,54 393 23922,2
Sentraal-KalimantanPalangkarayaIndonesië152 60020,32 202 59911,1
Suid-KalimantanBanjarmasinIndonesië37 6605,03 626 11918,3
Oos-KalimantanSamarindaIndonesië210 98528,13 550 58617,9
Noord-KalimantanTanjung SelorIndonesië71 1779,46525 0002,65
KalimantanIndonesië548 00572,913 772 54369,5
BorneoDrie lande751 93610019 804 064100

Flora wysig

Fauna wysig

Verwysings wysig

  1. (en) Eugene Linden (17 Maart 2011). The Ragged Edge of the World: Encounters at the Frontier Where Modernity, Wildlands and Indigenous Peoples Meet. Penguin Publishing Group. pp. 30–. ISBN 978-1-101-47613-0.
  2. "Indonesia to remove 'burden' from sinking Jakarta with new capital on Borneo". Sky News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2020. Besoek op 12 Mei 2020.
  3. "Malaysia: Federal States, Territories, Major Cities & Conurbations – Statistics & Maps on City Population" (in Engels). Citypopulation.de. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Julie 2019. Besoek op 25 Julie 2011.
  4. "Indonesia (Urban Municipality Population): Provinces, Cities & Municipalities – Statistics & Maps on City Population" (in Engels). Citypopulation.de. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 April 2020. Besoek op 25 Julie 2011.
  5. "Brunei: Districts, Major Cities, Towns & Agglomeration – Statistics & Maps on City Population" (in Engels). Citypopulation.de. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2019. Besoek op 25 Julie 2011.

Eksterne skakels wysig