Blyderivierbroodboom

Plantspesie

Die Blyderivierbroodboom (Encephalartos cupidus) is 'n spesie van die genus Encephalartos. Die boom is endemies aan Mpumalanga en Limpopo en kom op die Drakensbergeskarp tussen die Blyde- en Steelpoortriviere voor. Die boom is eenslagtig: manlike en vroulike plante is afsonderlike eksemplare. Die plant is in 1971 deur Robert Allen Dyer beskryf. Dit is droogtebestand en verkies vol sonlig.

Blyderivierbroodboom
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein:Eukaryota
Koninkryk:Plantae
Klade:Tracheofiete
Divisie:Cycadophyta
Klas:Cycadopsida
Orde:Cycadales
Familie:Zamiaceae
Genus:Encephalartos
Spesie:
E. cupidus
Binomiale naam
Encephalartos cupidus
R.A. Dyer, (1971)

Die boom se FSA-nommer is 14.13.[1] In Engels staan die boom as die Blyde River cycad bekend.

Sien ook wysig

Verwysings wysig

Bronne wysig