Bernice West

Suid-Afrikaanse sangeres

Bernice West (gebore Bernice van der Westhuizen; 21 Oktober 2000, Rustenburg, Suid-Afrika) is 'n Afrikaanse sanger-liedjieskrywer van Swartruggens, Noordwesprovinsie, wat op 13 Maart 2020 haar eerste enkelsnit Sonop-Blom vrygestel het. Sy het bekendheid verwerf as naaswenner van die TV-musiekwerklikheidsreeks 'Maak My Famous' op die TV-kanaal kykNET. Sy het ook deelgeneem aan die Bohemian Rhapsody-musiekvideo[1] deur Hoërskool Rustenburg-koor, wat in die media opslae gemaak het.[2]

Bernice West
Bernice West.jpg
Agtergrondinligting
GeboortenaamBernice van der Westhuizen
Gebore21 Oktober 2000 (2000-10-21) (21 jaar oud)
Rustenburg, Suid-Afrika
GenresAfrikaanse Pop Musiek
Beroep(e)Sanger
InstrumenteUkulele
WebwerfBernice West Music

Diskografie

Albums

  • Net Geleen, 2020, Inhouds Huis Musiek Kopiereg (Pty) Ltd, onder eksklusiewe lisensie Universal Music (Pty) Ltd

Sien Ook

Verwysings

  1. https://www.youtube.com/watch?v=9Nllpdz25hE
  2. "Bernice West trek aandag met eerste enkelsnit – Maak my Famous". kykNet. Besoek op 27 April 2021.

Eksterne skakels