Armand Aucamp

Suid-Afrikaanse akteur

Armand Aucamp, (gebore 11 Januarie 1987, Kaapstad), is 'n Suid-Afrikaanse akteur en TV-sjef. In 2009 het hy sy opleiding by die City Varsity School of Media and Arts voltooi as top-student in sy klas vir "gevorderde toneelspel vir kamera". Sedertdien het hy in film, televisie, teater en die radiobedryf gewerk, plaaslik en internasionaal. In 2018 het Aucamp sy boek, Armand Kook Kaal, uitgegee met laekoolhidraatresepte wat hy self uitgetoets het om by sy leefstyl te pas. Gebaseer op die boek is die televisieprogram ook op die Via-kanaal uitgesaai, Kook Kaal, waar Aucamp in elke episode met een van sy vriende iets uit sy resepteboek kook en ook 'n informele onderhoud voer.

Armand Aucamp
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Geboorte11 Januarie 1987 (1987-01-11) (38 jaar oud)
Kaapstad
NasionaliteitSuid-Afrika
Beroep(e)Akteur, TV-sjef
Aktiewe jare2009-

Teater

wysig
  • The Garage Sale (2013)
  • Wolf at the Door (2012)
  • Die Entfuhring Aus Dem Serail (2011)
  • The Taming of the Shrew (2011)
  • Scary Monsters (2010)
  • A Girl’s Best Friend (2009)
  • An Historic (2009)
  • Othello; vertolk die rol van Iago; regie: Mary Dreyer
  • Bladsy 3; regie: Vicky Davis (2014)
  • Huis Toe; die Afrikaanse verwerking van Harold Pinter se “The Homecoming”; regie: Henry Milne
  • Cardenio: Shakespeare’s Lost Play at Maynardville; vertolk die rol van Shakespeare

Filmografie

wysig
  • The Furnace; vertolk die rol van Mary se man (2019)
  • Droomman; vertolk die rol van Adam (2019)
  • Stroomop; vertolk die rol van Guy (2018)
  • Daniel Munro; kort film; vertolk die rol van Daniel Munro (2015)
  • Eye in the Sky; vertolk die rol van die vlieënier (2015)
  • Die Ontwaking; vertolk die rol van Bam (2015)
  • The Book of Negroes; vertolk die rol van luitenant Waters (2015)
  • Knysna; vertolk die rol van Prince Rafael (2014)
  • Almon Henry; kort film; vertolk die rol van Henry (2014)
  • Mandela: Long Walk to Freedom; vertolk die rol van ’n bewaarder (2013)
  • Chronicle; vertolk die rol van Austin (2012)

Televisie

wysig
  • Knapsekêrels; vertolk die rol van Mynhard Bekker (2018)
  • Die Boekklub; vertolk die rol van Tom Niemandt (2017)
  • Madiba; vertolk die rol van Warder Prinsloo (2017)
  • Hard Copy; vertolk die rol van C.J. Swart (2016)
  • Sterlopers; vertolk die rol van Ben Human (2014 – 2016)
  • Homeland; vertolk die rol van Frat Boy (2014)
  • Mankind the Story of All of Us; vertolk die rol van Hernan Cortés (2012)
  • Tuiskoms; vertolk die rol van Werner (2025)

Bronnelys

wysig

Eksterne skakel

wysig