Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Ainoe (taal).

Die Ainoe (Ainoe: アィヌ, Aynu; Japannees: アイヌ, Ainu; Russies: Айны, Ajny), in historiese Japanse bronne ook Ezo (蝦夷) genoem, is 'n inheemse volk van Japan (Hokkaido en voorheen noordoostelike Honsjoe) en Rusland (Sachalin, die Koerile, en voorheen die Kamtsjatka-skiereiland).[6] Genetiese en antropologiese studies dui daarop dat hulle as direkte afstammelinge van die prehistoriese Jōmon-kultuur beskou kan word, waarvan die lede in 'n kernperiode van 14 000 tot 300 v.C. oral in Japan gewoon het.

Ainoe

'n Groep Ainoe, ca. 1904
Totale bevolking:25 000–200 000
Belangrike bevolkings  in:Vlag van Japan Japan 25 000–200 000[1]

Vlag van Rusland Rusland 109[2][3]–1 000

Taal:Histories Ainoe; vandag Japannees of Russies[4]
Geloofsoortuiging:Animisme, Sjintoïsme, Boeddhisme, Russies-Ortodokse Kerk, Tradisionele Ainugodsdiens
Verwante etniese groepe:Ryukyu,[5] Japanners, Jomon, Yamato, Kamchadal
Historiese verspreiding van die Ainoe in Oos-Asië
Hedendaagse verspreiding van die Ainoe op Hokkaido

Die Ainoe se amptelike getal is 25 000, hoewel hulle nieamptelik op 200 000 geskat word, te danke aan die feit dat baie Ainoe volledig in die Japannese samelewing geassimileer is en gevolglik geen kennis van hul afkoms het nie. Vandag verwys hulle na hulself as Ainoe of Oetari. Ainoe beteken "mens" en Oetari "kameraad" in die Ainoe-taal. Hulle het tot onlangs as tradisionele jagter-versamelaars geleef.

Verwysings wysig

  1. (en) Poisson, Barbara Aoki (2002). The Ainu of Japan. Minneapolis: Lerner Publications. p. 5. ISBN 978-0-8225-4176-9.
  2. "Results of the All-Russian Population Census of 2010 in relation to the demographic and socio-economic characteristics of individual nationalities". Federal State Statistics Service (in Russies). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2020.
  3. "2010 Census: Population by ethnicity". Federal State Statistics (in Russies). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Desember 2013. Besoek op 24 November 2018.
  4. (en) Gordon, Raymond G. Jr., red. (2005). Ethnologue: Languages of the World (15th uitg.). Dallas: SIL International. ISBN 1-55671-159-X. OCLC 224749653.
  5. (en) Suzuki, Yuka (6 Desember 2012). "Ryukyuan, Ainu People Genetically Similar". Asian Scientist.
  6. (en) Shibatani, Masayoshi (1990). The Languages of Japan. Cambridge University Press. p. 3. ISBN 978-0-521-36918-3.

Verdere leesstof wysig

  • (en) Etter, Carl (2004) [1949]. Ainu Folklore: Traditions and Culture of the Vanishing Aborigines of Japan. Whitfish, MT: Kessinger Publishing. ISBN 1-4179-7697-7.
  • (en) Fitzhugh, William W.; Dubreuil, Chisato O. (1999). Ainu: Spirit of a Northern People. Seattle: University of Washington Press. ISBN 0-295-97912-7. OCLC 42801973.

Eksterne skakels wysig