Aborsie

voortydige beëindiging van 'n swangerskap

'n Aborsie of vrugafdrywing is die voortydige beëindiging van 'n swangerskap, voor die embrio kan ontwikkel of die fetus (baba) gebore kan word. Aborsies kan spontaan plaasvind, meestal omdat iets tydens die swangerskap verkeerd gegaan het. Wanneer dit gebeur, word dit 'n miskraam genoem. Mense kan ook 'n swangerskap doelbewus beëindig. Dit staan as opsetlike vrugafdrywing of geïnduseerde aborsie bekend. Die term aborsie verwys mees algemeen na laasgenoemde. Die soortgelyke prosedure, as die fetus reeds op sy eie kan oorleef, word medies gesproke die "laat beëindiging van swangerskap" genoem.[3]

Aborsie
Klassifikasie en eksterne bronne
ICD-10O04
ICD-9779.6
DiseasesDB4153
MedlinePlus  002912
eMedicinearticle/252560
MeSHD001161
Mediese waarskuwing
Internasionale status van aborsiewette volgens VN se 2013-verslag oor aborsie-wet.[1] ██ Wettig op versoek. ██ Wettig vir die moeder se lewe, gesondheid, geestesgesondheid, verkragting, fetale defekte en/of sosio-ekonomiese faktore. ██ Onwettig, met uitsondering vir die moeder se lewe, gesondheid, geestesgesondheid, verkragting, en/of fetale defekte. ██ Onwettig, met uitsondering vir die moeder se lewe, gesondheid, geestesgesondheid, en/of verkragting. ██ Onwettig, met uitsondering vir die moeder se lewe, gesondheid en/of geestelike gesondheid. ██ Onwettig, met geen uitsonderings. ██ Verskil per regio. ██ Geen inligting.[2]

Risikos wysig

Onveilige aborsies is wêreldwyd vir ongeveer 47 000 sterftes[4] en die hospitalisasies van 5 miljoen moeders[5] per jaar verantwoordelik. Die grootste rede hiervoor is die omstandighede waaronder dit uitgevoer word; dikwels omdat dit onwettig plaasvind. Oor die hele wêreld word ongeveer 44 miljoen aborsies per jaar uitgevoer, waarvan byna die helfte op onveilige wyse geskied.[6]

Aborsie in die ontwikkelde wêreld het 'n lang geskiedenis as een van die veiligste mediese prosedures, gegewe dat dit in ooreenstemming met plaaslike wetgewing geskied.[7][8] Ongekompliseerde aborsies veroorsaak nie langtermyn geestelike of fisiese probleme nie.[4] Die wêreldgesondheidsorganisasie beveel aan dat dieselfde vlak van veilige en wettige aborsies vir alle vroue wêreldwyd beskikbaar gestel word.[9] Teen 2008 het veertig persent van die wêreld se vroue toegang tot wetlike aborsies gehad, ongeag die rede daarvoor. Daar is egter steeds perke ten opsigte van hoe lank na die swangerskap dit uitgevoer mag word.[10]

Opsetlike vrugafdrywing wysig

Opsetlike vrugafdrywing is sedert antieke tye reeds met metodes soos kruie, die gebruik van skerp gereedskap, fisiese trauma, en ander tradisionele metodes toegepas. Moderne medikasie of chirurgiese metodes kan vir geïnduseerde aborsies gebruik word. Medikasie soos Mifepristone en Prostaglandin is tydens die eerste trimester net so effektief as chirurgiese metodes.[11][12] Terwyl die gebruik van medikasie in die tweede trimester effektief kan wees, blyk dit dat chirurgiese metodes 'n laer risiko vir newe-effekte inhou.[13] Geboortebeperkings, soos die pil en ander toestelle, kan onmiddellik na 'n aborsie gebruik word.[12]

In lande waar aborsie gekriminaliseer is het vroue hul sedert die 1980s dikwels gewend tot middels wat oor die toonbank vir ander kwale verkry kan word, maar wat 'n miskraam as newe-effek kan meebring. Belangstelling in Misoprostol en Mifepristoon, middels wat deur die Amerikaanse Food and Drug Administration goedgekeur is, het byvoorbeeld skerp toegeneem in die deelstaat Texas nadat aborsies so vroeg as die sesde week van swangerskap in 2021 daar verbied is.[14] Die aanlyn-bystandsdiens Aid Access het in twee jaar meer as 57 000 versoeke van Amerikaanse vroue ontvang om hierdie middels per pos te ontvang. Aborsies deur medikasie maak in die VSA, Indië en Swede onderskeidelik een derde, 73% en 93% van alle aborsies uit.[14]

Wetgewing en gemeenskapsaktivisme wysig

Wetgewing rondom aborsies, hoe dikwels hulle uitgevoer mag word, asook hul kulturele en godsdienstige status wissel grootliks tussen verskillende wêrelddele. In baie lande bestaan daar prominente openbare omstredenheid oor die morele, etiese en regskwessies van aborsie.[15]

Opsetlike vrugafdrywing is in baie lande onwettig, maar by bepaalde uitsonderings word dikwels tog toelaat, veral in gevalle soos bloedskande, verkragting, ernstige fetale defekte of as die moeder se gesondheid op die spel is.[16]

Diegene wat teen aborsie is argumenteer algemeen dat 'n embrio of fetus 'n mens is, wat die reg het om te lewe. Hulle vergelyk aborsie dikwels met moord.[17][18] Diegene wat aborsie ondersteun beklemtoon meestal die vrou se reg om sake rakende haar eie liggaam te reël, asook menseregte in die algemeen.[19]

Sien ook wysig

Verwysings wysig

  1. "World Abortion Policies 2013" (PDF). United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. Besoek op 31 Julie 2013.
  2. World Abortion Policies 2007, United Nations, Department of Economic and Social Affairs, Population Division.
  3. Grimes, DA; Stuart, G (2010). "Abortion jabberwocky: the need for better terminology". Contraception. 81 (2): 93–6. doi:10.1016/j.contraception.2009.09.005. PMID 20103443.
  4. 4,0 4,1 Lohr, P. A.; Fjerstad, M.; Desilva, U.; Lyus, R. (2014). "Abortion". BMJ. 348: f7553. doi:10.1136/bmj.f7553.
  5. Shah, I.; Ahman, E. (Desember 2009). "Unsafe abortion: global and regional incidence, trends, consequences, and challenges" (PDF). Journal of Obstetrics and Gynaecology Canada. 31 (12): 1149–58. PMID 20085681. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 16 Julie 2011. Besoek op 23 Januarie 2015.
  6. (en) "Facts on Induced Abortion Worldwide" (PDF). New York and Washington D.C.: Guttmacher Institute. Januarie 2012.
  7. Grimes, D. A.; Benson, J.; Singh, S.; Romero, M.; Ganatra, B.; Okonofua, F. E.; Shah, I. H. (2006). "Unsafe abortion: The preventable pandemic" (PDF). The Lancet. 368 (9550): 1908–1919. doi:10.1016/S0140-6736(06)69481-6. PMID 17126724.
  8. Raymond, E.G.; Grossman, D.; Weaver, M.A.; Toti, S.; Winikoff, B. (November 2014). "Mortality of induced abortion, other outpatient surgical procedures and common activities in the United States". Contraception. 90 (5): 476–479. doi:10.1016/j.contraception.2014.07.012. PMID 25152259.
  9. Organization, World Health (2012). Safe abortion: technical and policy guidance for health systems (PDF) (2nd uitg.). Geneva: World Health Organization. p. 8. ISBN 9789241548434.
  10. Culwell KR, Vekemans M, de Silva U, Hurwitz M (Julie 2010). "Critical gaps in universal access to reproductive health: Contraception and prevention of unsafe abortion". International Journal of Gynecology & Obstetrics. 110: S13–16. doi:10.1016/j.ijgo.2010.04.003. PMID 20451196.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  11. Kulier, R.; Kapp, N.; Gülmezoglu, A.M.; Hofmeyr, G.J.; Cheng, L.; Campana, A. (9 November 2011). "Medical methods for first trimester abortion". The Cochrane database of systematic reviews (11): CD002855. doi:10.1002/14651858.CD002855.pub4. PMID 22071804.
  12. 12,0 12,1 Kapp, N.; Whyte, P.; Tang, J.; Jackson, E.; Brahmi, D. (September 2013). "A review of evidence for safe abortion care". Contraception. 88 (3): 350–63. doi:10.1016/j.contraception.2012.10.027. PMID 23261233.
  13. Wildschut, H.; Both, M.I.; Medema, S.; Thomee, E.; Wildhagen, M.F.; Kapp, N. (19 Januarie 2011). "Medical methods for mid-trimester termination of pregnancy". The Cochrane database of systematic reviews (1): CD005216. doi:10.1002/14651858.CD005216.pub2. PMID 21249669.
  14. 14,0 14,1 Schmidt, Samantha; Westfall, Sammy (14 September 2021). "Abortion pills are booming worldwide. Will their use grow in Texas?". Americas. washingtonpost.com. The Washington Post. Besoek op 15 September 2021.
  15. Joffe, Carole (2009). "1. Abortion and medicine: A sociopolitical history". Management of Unintended and Abnormal Pregnancy (PDF) (1st uitg.). Oxford, United Kingdom: John Wiley & Sons, Ltd. ISBN 978-1-4443-1293-5. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2011. Besoek op 23 Januarie 2015. {{cite book}}: Onbekende parameter |editors= geïgnoreer (hulp)
  16. Boland, R.; Katzive, L. (2008). "Developments in Laws on Induced Abortion: 1998–2007". International Family Planning Perspectives. 34 (3): 110–120. doi:10.1363/ifpp.34.110.08. PMID 18957353.
  17. Pastor Mark Driscoll (18 Oktober 2013). "What do 55 million people have in common?". Fox News. Besoek op 2 Julie 2014.
  18. Dale Hansen (18 Maart 2014). "Abortion: Murder, or Medical Procedure?". Huffington Post. Besoek op 2 Julie 2014.
  19. Sifris, Ronli Noa (2013). Reproductive Freedom, Torture and International Human Rights Challenging the Masculinisation of Torture. Hoboken: Taylor and Francis. p. 3. ISBN 978-1-135-11522-7.

Eksterne skakels wysig