Chathameilande

(Aangestuur vanaf Chatham-eilande)

Die Chathameilande (Engels: Chatham Islands, Māori: Wharekauri[1]) is 'n eilandgroep sowat 800 km oos van die Nieu-Seelandse Suideiland. Dit beslaan 'n oppervlakte van 793 88 km² en het 'n bevolking van 790 in 2023 gehad. Die eilandgroep bestaan uit tien eilande met 'n gemiddelde radius van 60 km, waarvan die grootste Chatham- en Pitteiland. Op die eilandgroep is Nieu-Seeland se mees oostelike punt geleë, die Forty-Fours. Van die eilande, wat voorheen ontbos is vir landbou, word deesdae deur natuurreservate beskerm omrede die unieke flora en fauna.

Chathameilande
Inheemse naam: Chatham Islands (Engels)
Wharekauri (Māori)
Nasa-Satellietbeeld van Chathameilande
Nasa-Satellietbeeld van Chathameilande
Geografie
Ligging Nieu-Seeland, Oseanië en Stille Oseaan
Koördinate 44°00′S 176°50′O / 44.000°S 176.833°O / -44.000; 176.833Koördinate: 44°00′S 176°50′O / 44.000°S 176.833°O / -44.000; 176.833
Argipel Nieu-Seeland
Totale eilande 10
Hoofeilande Chathameiland, Pitteiland
Oppervlakte 793 88 vk km

 299 m

Administrasie
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland

Demografie
Bevolking 730

Bevolkingsgroepe Europeërs en Maori
Nieu-Seeland se mees oostelike punt
Kaart van die Chathameilande

Die Chathameilande behoort aan Nieu-Seeland, maar nie aan enige stad of munisipaliteit nie, pleks daarvan vorm dit die Chathameilande-gebied, Nieu-Seeland se kleinste distrik.

Die Chathameilande is naby die Internasionale datumgrens geleë en is van die eerste gebiede wêreldwyd wat die nuwe jaar verwelkom.

Die Chathamalbatros broei net op die eiland.

Sien ook wysig

Verwysings wysig

  1. (en) Reporter, Staff (16 Oktober 2013). "Two official options for NZ island names". The New Zealand Herald. Besoek op 28 April 2019.

Eksterne skakels wysig