Andy Farrell

Engelse professionele rugbyunie-afrigter en voormalige rugbyliga- en rugbyunie-speler

Andrew David Farrell OBE (gebore op 30 Mei 1975) is 'n Engelse professionele rugbyunie-afrigter en voormalige rugbyliga- en rugbyunie-speler wat sedert 2019 die hoofafrigter van die Ierse nasionale span is.[1][2][3]

Andy Farrell Rugbyportaal
Andy Farrell in 2020
Volle naam Andrew David Farrell
Geboortedatum 30 Mei 1975 (1975-05-30) (48 jaar oud)
Geboorteplek Wigan, Groter Manchester, Engeland
Lengte 1,93 m
Vername familie Owen Farrell (seun)
Phil Farrell (broer)
Liam Farrell (neef)
Connor Farrell (neef)
Sean O'Loughlin (swaer)
Professionele klubs
Jare Klub / span Weds (pte)
1991–2004 Wigan 370 (3 135)
Nasionale Span(ne)
Jare Club / team Weds (pte)
1993–2004
1995–2001
Groot-Brittanje
Engeland
34
11
{{{rl_naeionalepunte}}}
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Senter, Losskakel, Losvoorspeler
Professionele / senior klubs
Jare Klub / span Weds (pte)
2005–2009 Saracens 28 (12)
Nasionale span(ne)
Jare Land Weds (pte)
2007 Vlag van Engeland Engeland 8 (5)
Loopbaan as afrigter
Jare Klub / span
2010–2012
2011–2015
2013
2016–2019
2019–
Saracens
Vlag van Engeland Engeland (assistent)
Britse en Ierse Leeus (verdediging)
Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland (assistent)
Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland

Farrell het 34 keer vir Groot-Brittanje en 11 vir Engeland in rugbyliga gespeel, waaronder die rugbyligawêreldbekertoernooie van 1995 en 2000, en 8 keer vir Engeland in rugbyunie, waaronder die Rugbywêreldbeker 2007.

Hy was 'n losvoorspeler wat pale toe geskop het in rugbyliga, wat tussen 1991 en 2004 vir Wigan gespeel het en ses kampioenskappe en vier uitdaagtoernooie gewen het, asook talle individuele toekennings. Hy het Wigan, Engeland en Groot-Brittanje gereeld aangevoer. In rugbyunie het hy van 2005 tot 2009 vir Saracens gespeel, meestal as senter.

Nadat hy as speler uitgetree het, het Farrell die afrigter geword van Saracens, Munster, Engeland, Ierland en die Britse en Ierse Leeus.

Hy word in 2019 die hoofafrigter van Ierland. Hy het hulle tot oorwinnings van 2–1 teen Nieu-Seeland in 2022 en die Sesnasies-toernooi in 2023 afgerig. Tydens die Rugbywêreldbeker 2023 het Ierland onder hom die kwarteindstryd gehaal, waar hulle teen die All Blacks vasgeval het.

Hy is die pa van Owen Farrell, die huidige rugbykaptein van Engeland.[4][5][6][7]

Verwysings wysig

  1. (en) "Statistics at rugbyleagueproject.org". rugbyleagueproject.org. 31 Desember 2017. Besoek op 1 Januarie 2018.
  2. (en) "England Statistics at englandrl.co.uk". englandrl.co.uk. 31 Desember 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 1 Januarie 2018.
  3. (en) "Great Britain Statistics at englandrl.co.uk". englandrl.co.uk. 31 Desember 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 1 Januarie 2018.
  4. (en) Gareth A Davies (16 November 2004). "My Sport: Andy Farrell"". The Daily Telegraph. Besoek op 1 Januarie 2018.
  5. (en) Andrew Longmore (10 April 2005). "The Big Interview: Andy Farrell". The Sunday Times. Besoek op 1 Januarie 2018.
  6. (en) "Farrell switches codes". Telegraph.co.uk. London. 23 Maart 2005. Besoek op 1 Januarie 2018.
  7. (en) "Questionnaire – Andy Farrell, Great Britain Rugby League captain". The Independent. 1 November 1999. Besoek op 1 Januarie 2018.

Eksterne skakels wysig